Appeltert

Appeltert

Hierdie appeltert is heerlik op ‘n koue wintersaand.

(Met erkenning aan Pasella)

(maak 1 groot tert)

2 k koekmeel
1½ k suiker
2t bakpoeier
½ t sout
250g botter
1 blik onversoete appels, gekap (410g)
75g rosyne
½ t fyn kaneel
¼ t fyn naeltjies
knypie sout
2t vlapoeier, gemeng met ‘n bietjie water
geklopte room vir bediening

Sif die meel, 1 k suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in om ‘n sagte deeg te vorm. Bedek en laat 1 uur rus. Druk die helfte in ‘n tertpan. Verhit die appels, oorblywende suiker, rosyne, kaneel, naeltjies en sout liggies saam. Voeg die vlapoeier by en kook totdat effens verdik. Koel af, skep op die deeg en rasper die oorblywende deeg bo-oor. Bak 20 minute by 180ºC of tot goudbruin. Bedien met geklopte room.

Comments are closed