Brooklyn Teater Nuus, 30 Junie

7c010b3f-99cb-4d93-8e64-13ac6cc8396a.jpg
image_pointer_left_white.png
MAGICAL FLUTES

Sondag 12 Julie 15:00

Beide musici ontgin die mistieke klanke van die Fluit en Piccolo met klavier begeleiding. Die program is ‘n opwindende samestelling wat bekende werke insluit soos die Blomme Duet (Delibes), The Joy of Living (Cole), Coffee Nerves (Shocker) en Themes from America (Doppler).

Pierré Tolsma (Fluit / Piccolo)

Handri Loots (Fluit / Piccolo)

Annalien Ball (klavier)

Bespreek nou meer inligting Programme

b9e57a9a-8a09-4ab6-9163-619a63eb3660.jpg
34129f91-d9f4-4828-bad7-2e499b8d4ae0.gif
OPERA GALA – Gauteng Philharmonic Orchestra

Vrydag 17 Julie 20:00 / Sondag 19 Julie 15:00

’n Volbloed Opera Gala met romantiese arias, duette, trios en kwartette.! Marina Botha (sopraan), Teresa de Wit (mezzo), Alec Otto (tenoor), Douwe Bijkersma (bariton) & Brooklyn Teater Operakoor.

Bespreek nou meer inligting program

f2c94e7d-d305-429c-9c47-15e3d38c9e30.jpeg
CARMEN (BIZET) – BROOKLYN TEATER SALON ENSEMBLE & OPERA KOOR

Sondag 26 Julie 15:00 / Dinsdag 28 Julie 18:00
Woensdag 29 Julie 20:00 / Vrydag 31 Julie 20:00
Son 02 Augustus 15:00

"Voor ‘n sigaretfabriek op ‘n plein in Sevilla verskyn die jong boeredogter, Micaela. Sy is op soek na Don José, ‘n brigadier. Sy vind hom nie en vertrek. Die toneel raak nou lewendiger met die wisseling van die wag, waaronder Don José ook is. Die fabriekmeisies kom uit, en word bewonder deur die groepe mans en soldate. Heel laaste verskyn die verleidelike Carmen, in die bekende Habanera, sing sy haar filosofie oor die liefde…" Operagids Bl. 159 – Louis Steyn

Carmen word vertolk deur Teresa de Wit. Regisseur is Tinus Spies, tans besig met sy Meestersgraad in uitvoerende kunste. Schalk van der Merwe is weer op die podium voor die Brooklyn Theatre Salon Ensemble.

Bespreek nou meer inligting

fcd034d0-e3de-4607-8679-221f223cfb36.jpg
PIAF REMEMBERED – CAMILLE FAVRE BULLE

Sondag 9 Aug 15:00 / Maaandag 10 Aug 11:00
Woensdag 12 Aug 20:00 / Sondag 16 Aug 15:00

’n vernuftige samestelling van betowerende musiek wat daarin slaag om hoogtepunte van Piaf se lewe uit te beeld. 100 ste herdenking van Edith Piaf se verjaardag.

Bespreek nou meer inligting

Uitvoering vir Kinders
f3060e70-1017-4051-bcfb-15d09ec5ddc7.jpeg
IN DIE LAND VAN KAMMALIELIE – ANNA DAVEL

Saterdag 18 Julie 12:00

ʼn Reuse storm het die land van Kammalielie getref, en feëtjies en kabouters weggewaai tot in menseland! Sal Klara, die Houtfeëtjie, weer haar pad terug huis toe vind? Sal iemand in mense-land haar kan help om weer in die land van Kammalielie en ook by haar heel beste maatjie, Kieliekabouter, uit te kom?

Kom kuier saam met Anna Davel in die land van Kammalielie, sing die liedjies van Kammalielieland en help die verdwaalde Houtfeëtjie Klara tot sy weer veilig in haar huisie is saam met al haar kleurvolle Kammalielie-vriende.

Musiek + Sang: Anna Davel

Lirieke: Jaco Jacobs

Regie: Anna Davel

Houtfeetjie: Nastassja Jooste

Storie: Anna Davel en Nastassja Jooste

R60 per persoon

Bespreek nou

Vier Brooklyn Teater se 5de bestaansjaar. Wen ‘n iPod shuffle…lees meer
Die wenner van hierdie week se 2 gratis kaartjies is Ceejee Pretorius.
image_pointer_right_white.1.png
Toekomstige uitvoering pas geopen
dee216d7-73e0-4eea-bdb8-834028af458a.png
PRETORIA MANNEKOOR

Sondag 15 November 15:00

Bespreek nou

SATERDAG UITVOERINGS 11:00

Elke Saterdag word klassieke musiek by Brooklyn Teater bevorder.
Koor, opera, kitaar, klavier en viool uitvoerings, onder andere.

R20 per persoon. Betaal by die deur.

20 minute uitvoering by 11:00

4 Jul Snow White Ballet DVD uittreksels vir 20 minute.

Laat my toe om op jou antwoorde te antwoord
http://georgedebruinblog.tumblr.com

‘n Paar mense het my al gevra waarom ek nie op hulle antwoorde antwoord nie. Wel, die antwoord daarop is dat jy my moet toelaat om op jou antwoord te antwoord. Dis rerig maklik. Selfs ’n…lees meer

SEISOEN KAARTJIES
Gauteng Philharmonic Orchestra
Spaar R50 per kaartjies wanneer u vir 5 en meer GPO uitvoerings bespreek.
Skakel 012-460-6033 of jpverster
SALON MUSIEK

iSalon in Brooklyn Mall sluit 27 September 2015.

Salon Musiek open op 1 Oktober 2015 in Brooklyn Teater.

Hierdie eksklusiewe winkel sal verskaffers wees van vleuelklaviere, ander musiekinstrumente, opvoedkundige musiekbykomstighede, bladmusiek, internasionale klassieke CD’s, Wêreldmusiek, Jazz, en Koormusiek. Daarbenewens sal al die opnames op die Salon Music etiket, sowel as konserte, operas en Kunsfilms op DVD asook Apple produkte te koop aangebied word.

Nuwe ooreenkomste is geteken om opwindende musiekopvoedkundige produkte te verkoop vir die Musicula program.

Copyright © 2015 Brooklyn Theatre, All rights reserved.
Integrating separate endeavours to facilitate and realise our dream of ‘Art inspired Music made Accessible’.

Our mailing address is:

Brooklyn Theatre

c/o 13th Street & Thomas Edison

Menlo Park

Pretoria, Gauteng 0081

South Africa

unsubscribe

Comments are closed