Die Afrikaner in ballingskap in ons eie land!

Wie sal dit dan nou waarneem en hoe sal ons dit nou herstel!sekel Lifestyle C / Leefstyl C

Dit het in tye van ouds mense wat naby die Here leef geneem om die situasie te onderskei en dan in korrelasie op te tree en die volk te aktiveer. Hulle is vir ons die voorbeeld in die Skrif van hoe dit gedoen word!

Dat ons in ballingskap in ons eie land is en dat baie van ons mense ook na ander lande weg is, is duidelik!

Dat ons ons sal moet bekeer en terug na die Here keer is al opsie!

Die optrede van die AS van die NG Kerk huidig is nie ’n oplossing vir ons probleem nie en is juis een van die redes waarom die Here ons in ballingskap hou!

Die praktyk van die NG Kerk en ons wat altyd net slaafs nagevolg het, het bygedra hiertoe.

Die NG Kerk was aan die stuur toe ons in ballingskap gestuur is in ons eie land.

Kom ons doen nou behoorlik ondersoek en keer terug na die Here sodat ons uit ballingskap kan kom.

Die Here het sy kinders laat terugkeer uit ballingskap as hulle hul bekeer en terug na Hom kom. Hopelik is ons sondes nie van so aard dat die Here ons so lank soos Israel in ballingskap sal stuur nie! As ek na die praktyk kyk maak dit my egter bedruk.

Die situasie is nie net veroorsaak deur die NG Kerk se mense nie maar die breër geloofsgemeenskap het so vêr teologies agteruitgegaan dat dit skrikwekkend is om die algemene stand van sake te aanskou. Die immorele handeling van die AS van die NG Kerk is egter skreiend en juis die teken van hoe vêr weg die leierskap van die NG Kerk beweeg het. Omtrent die hele Teologiese Fakulteit van Pretoria en Stellenbosch bly die dwaling steun met hul nuutste petisie sonder om te skroom! Dat van hulle weggekom moet word om uit ballingskap te kom is duidelik!

Die res van die geloofsgemeenskap is net so in ’n toestand.

Die meeste mense sal na Joyce Meyer en Joel Osteen of een van die ander “Word of Faith” goggas luister en dan nog so arrogant wees om hulle te verdedig! Die tafel van Isebel in Openbaring 2 is dik gedek en hulle sit daaraan en eet as jy aan die “Word of Faith” beweging se twak vashou. “Word of Faith” is maar een van die afwykings in die hedendaagse konteks. Mense stel mos vir hulle mense aan wat hul ore streel! Hulle neem mense net weg van die Woord af en voer mense ’n dodelike konkoksie wat naderhand maak dat jy nie meer die Woord van God wil inneem nie!

Interessant dat as hulle hul nie van hul werke bekeer nie word hulle deur die Here in ’n groot verdrukking gewerp. So daar kom dié groot verdrukking waarvan die Woord van God leer en dit kom vinnig nader.

Openbaring 2:22  Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.


Understanding Ahab and the spirit of Jezebel


Tussen alles is die tyd besig om uit te hardloop!

Die vyeboom bot en die Here kom terug.

As ons nog in ballingskap is as die Here terugkom omdat mense hulle nie wil bekeer nie is dit dan maar so!

Ek en ander wat ek ken sal nie ophou met die oproep tot bekering nie!

Die vraag is nou net of die Here dalk vir jou sal sê gaan weg van my want ek ken jou nie as jy jou nie wil bekeer nie!

As jy dink jy kan nie wegval nie is jy klaar mislei. Hulle het almal lampe gehad wat kon brand. Die wyses het ekstra olie gehad. Kry nou olie voor dit te laat is! Die tyd waar ons ingaan gaan donker wees!

 Mat 25:1  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

Mat 25:2  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

Mat 25:3  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

Mat 25:4  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

Mat 25:12  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.

Mat 25:13  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

As jy nie die eskatologie al redelik mooi verstaan nie of nie besig is daarmee nie het jy ’n probleem. As jy nog wonder of daar ’n Millennium hier op aarde gaan wees waar die duiwel gebind is en of daar uitkoms gaan kom in die vorm van die wegraping of Harpazo uit die tydperk van die verdrukking besef daar is iets fout. Dié Antichris en dié Vals Profeet waarvan daar al baie tipes was kom asook die een wêreldsisteem en wêreldgodsdiens. Kyk maar hoe werskaf die pous en die VN met al hul programme! As jy dit nie al baie duidelik kan sien na die afgelope September 2015 nie dan moet jy asb. die Here vra om die skille van jou oë te laat afval!

Dink jy vir enige oomblik dat die wat nie eers meer aan die gesag van die Woord van God hou nie jou enigiets van die eskatologie kan leer. Kyk maar mooi na jou teologie, die tyd is min!

Die slotsom is dat die geloofsgemeenskap ver van die Here af is terwyl hulle dink hulle is naby!

Kom ons wend ‘n ernstige poging aan om terug na die Here en Sy Woord te keer. Kom weg van die wat jou weg van die Here begelei en vra Sy Gees om jou te lei terug na die Woord.

Dalk kom ons gesamentlik uit ballingskap in die land anders as nie baie wil nie sal ons ten minste vir ons en ons families olie kry en gereed wees as ons uit Egipte na die Beloofde land verkas!

Eskatologie >>>

Eskatologie / Eschatology

 

Comments are closed.