Die Deugsame Vrou en die ondertone van die Bruid van Christus

Die Deugsame Vrou en die ondertone van die Bruid van Christus

SPREUKE 31:10‭-‬31 AFR53

Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe. Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande. He. Sy is soos die skepe van ‘n handelaar — van ver af bring sy haar brood in. Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies. Sajin. Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd. Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige. Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars. Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie. Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar: Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal. Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word. Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.SPREUKE 31:10‭-‬31 AFR53https://bible.com/bible/5/pro.31.10-31.AFR53

Die Verstandige en Dwase Meisies

MATTHÉÜS 25:1‭, ‬3‭-‬13 AFR53DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.MATTHÉÜS 25:1‭, ‬3‭-‬13 AFR53https://bible.com/bible/5/mat.25.1-13.AFR53

Kompak Christelik – Compact Christian https://lifestylec.com/kompak-christelik-compact-christian/

Eskatologie – Daniel se 70ste Week Tydlyn https://lifestylec.com/eskatologie-daniel-se-70ste-week…/

E-Sword complete Bible study software at no cost! https://www.e-sword.net/

Kompak Christelik – Compact Christian

Leefstyl en Gesonde Leefstyl Afrigting / Bosveldvuurtjie / Braai / Vroeë Moedersdag / WeekprepLifestyle and Healthy Lifestyle Coaching / Braai / Early Mothersday / Weekprephttps://lifestylec.com/leefstyl-en-gesonde-leefstylafrigting/#leefstylc, #lifestylec, #rump, #goingnowhereslowly, #rumpsteak, #braai, #coachinghub, #lifestyle, #leefstyl, #tennis, #afrigting, #coaching, #keto, #mothersday, #rainaredvelvetcupcakes, #moedersdag, #olives, #olywe, #casa Ketogeniese Leefstyl – Ketogenic Lifestyle#ketopta, #ketopretoria, #leefstylCketo, #lifestyleCketo, lifestyleC, lifestyle, lifestyle C, keto, keto pretoria, leefstyl, leefstyl c, pretoria, leefstylC, keto pretoria, gesonde leefstyl, healthylifestyle, #leefstyl, #lifestyle, #daniestrydomketo, #ketolifestyle, #ketogeniclifestyle, #ketogenieseleefstyl, #fotovandieweek, #kaas, #cheese, #slaai, #salad

Comments are closed.