Die gees van die Antichris manifesteer via Word of Faith ens..!

Die gees van die Antichris manifesteer vandag voor ons oë en die vraag is waarom mense nie gewaarsku word nie en selfs aangepor word om na mense wat speel daarmee se leer te luister en te bestudeer! Het jy reeds geval vir die gees van die Antichris?

Die sosiale, politieke en humanistiese evangelie word voorgehou in plaas daarvan dat mense gered moet word, dissipels word en by die Here en Sy Woord bly!

Kom weg daarvan terwyl jy kan voordat dit heeltemal te laat is!

Die “Word of Faith” (Pseudo-Logan, hulle het ’n ander Woord) waarvan Joyce Meyer en Joël Osteen deel is! Dan ook Benny Hinn, TD Jakes ens…

The Spiritual Deception has reached the Food Supply!

The Spiritual Seduction of Satan by James Jacob Prasch

Mense verdedig hul vertrekpunte asof hulle nog op die Woord van die Here staan en by Hom is! Hulle is nie!

Dit is bekommerenswaardig dat Cum en ander Christelike boekwinkels hierdie mense se boeke en CD’s onbeskaamd bemark en vir mense gee asof daar enigsins koring is! Nog erger is dat dit by kerke se boekwinkels beskikbaar is en deur die leierskap voorgehou word as van waarde!

As jy aan die tafel van Isebel sit kom dadelik weg daarvan af! Die tyd hardloop uit!

Die wat aan die tafel sit en eet sal in ’n groot verdrukking kom! Eskatologies indien jy daardie tyd leef skets dit ’n ernstige waarskuwing en dui daarop dat dit kan veroorsaak dat jy agterbly met die wegraping en die groot verdrukking sal beleef! Wil jy nou jou kinders of kleinkinders in daardie krisis dompel? Kyk mooi na hierdie kwessie en maak asseblief die regte besluit, daar is nog meer konsekwensies vir nou ook.

Openbaring 2:19  Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

Openbaring 2:20  Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

Openbaring 2:21  En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

Openbaring 2:22  Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

Openbaring 2:23  En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

Openbaring 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

Openbaring 2:25  Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.

As jy dink dat die Antichris niks met jou te doen het of dat ons nie afstuur op die laaste gebeure waarvan die Woord van die Here praat nie is jy reeds mislei! Tussen alles wat ons mee besig is moet ons en ons mense voorbereid wees op die terugkeer van die Here en dan ook bewus wees van die afspeel van die Eskatologie!

As die mense waarna jy luister heeltyd wegbeur van die verstaan van die Eskatologie kom weg van hulle af! Die Here het dit in Sy Woord gesit met ’n rede en dit is toepaslik vir nou.

Kry olie sodat jou lamp kan brand dat jy kan sien in die donker!

As jy nie olie het nie gaan jy niks sien nie.

As jou verstaan van die werk van die Gees van God nie reg is nie gaan jy sukkel om olie te kry!

As jy nie die werking van die Gees van God nie verstaan nie gaan jy heel waarskynlik die Eskatologie ook nie mooi kan sien nie.

“Pseudo-Logan”, die vals woord (’n ander Woord) en hoe dit lei tot vals doktrine en op die einde van alles val jy vir die gees van die Antichris! As jy val vir die gees van die Antichris sal jy nie gereed wees vir die afspeel van die laaste dae se gebeure nie!

 2 Johannes 1:6  En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.

2 Johannes 1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

2 Johannes 1:8  Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang.

2 Johannes 1:9  Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

2 Johannes 1:10  As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

2 Johannes 1:11  Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Openbaring 22:18  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Openbaring 22:19  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

1Korinthiërs 4:6  Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.

Joshua 8:35  Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.

Where do you find yourself on the Theological Front?

Fellowship Bible Chapel Presents Jacob Prasch with “The Spirit of Ahab and the Spirit of Jezebel”

Jacob Prasch Spirit of Antichrist >>>

https://www.youtube.com/watch?v=tpAeu_HOQP4 


 

En die vyeboom bot!

Vyeboom bot Leefstyl C / Lifestylr C
Eschatology >>>
We have to get oil!

Die tyd raak min, maak maar seker jou eskatologiese vertrekpunte is korrek!
https://lifestylec.com/eskatologie-eschatology/

endtimes_overview
We have to have discernment when talking about Eschatology withstanding the apostasy in the contemporary church that The Word of God warns would precede the return of Jesus. With the Conviction that ……

Comments are closed.