Die oordeel van Korag as gevolg van hul verset in hedendaagse konteks

Die oordeel van Korag as gevolg van hul verset in hedendaagse kontekssekel Lifestyle C / Leefstyl C

                                                                        2015-11-06

Laat ons maar gewaarsku wees.

Net soos die manne van Korag hulle verset het teen die Here sal die manne wat hulle so openlik en hardkoppig verset teen die Here nie Sy oordeel vryspring nie! Laat die NG Kerk ook maar gewaarsku wees!

Sekere mense wat so in opstand kom teen die Here en Sy Woord het tussen ons ingekom en beïnvloed die hele gemeenskap.

Mense wat nog opreg met die Here lewe en hulle families word bedreig as jy naby hierdie mense bly!

Judas 1:4  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

Judas 1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.

Wee hulle!

Judas 1:11  Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bileam gestort en in die verset van Korag omgekom.

Skandvlekke in die nagmaal sonder vrugte!

Judas 1:12  Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

Judas 1:13  woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

Judas 1:14  En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,

Judas 1:15  om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.

Hulle murmureer heeltyd en spreek trotse woorde teen die Here en mense wat die waarheid uitwys! Sekere mense val vir die gevlei!

Judas 1:16  Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.

Judas 1:17  Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,

Judas 1:18  dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.

Dit is hulle wat skeuring maak!

Judas 1:19  Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.

When Korah Rebels by JACOB PRASCH

https://www.youtube.com/watch?v=ENsQJFPVVqQ

Manne van aansien wat leiers van die volk was het opgestaan teen Moses en Aäron.

Num. 16:1  En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,

Num. 16:2  en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met twee honderd en vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.

Num. 16:3  En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?

Moses het op sy aangesig geval oor hul so arrogant is om die instruksies van die Here so openlik aan te val! Dit is net so vandag, die Here het Sy Woord gegee en ek sidder oor hoe mense omgaan met die Woord van die Here. Ewe skielik is alle onheiligheid en die vreeslikste dinge aanvaarbaar voor die Here! Met wie dink ons het ons te doen.

Die Here het sekere mense geroep om Sy werk te doen. Daar is nou mense wat opgedring word soos ons in Judas sien, wat sinnelik is en die Gees nie het nie! Dit is gin wonder dat sekere predikante nie meer kan onderskei wat reg en verkeerd is nie. ‘n Bietjie suurdeeg beïnvloed die hele baksel en naderhand moet jy die hele spul weggooi! Hoe moet die gewone mense nou onderskei as hulle leiers die pad verlaat het. Ons moet maar leer om self die Here te soek en Sy Woord te bestudeer!

Die Here waarsku steeds maar daar gaan ‘n tyd kom dat die oordeel gaan val en dit kom vinnig nader!

Num. 16:4  Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig geval;

Num. 16:5  en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.

Num. 16:6  Doen dit: Neem vir julle vuurpanne, Korag en sy hele bende,

Num. 16:7  en gooi daar môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van die HERE; dan sal die man wat die HERE uitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!

Num. 16:8  Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi!

Num. 16:9  Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,

Num. 16:10  en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou—dat julle nou ook die priesteramp begeer?

Num. 16:11  Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?

Hulle word opgeroep om te luister maar hou hulle nekke lekker styf en weier om te luister. Die Here is steeds in beheer en daar moet na Sy Woord en Gees geluister word!

Hulle weier!

Num. 16:12  En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.

Num. 16:13  Is dit nie genoeg dat jy ons uit ‘n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?

Num. 16:14  Ook het jy ons nie gebring in ‘n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.

Num. 16:15  Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.

Num. 16:16  Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die HERE is, jy en hulle en Aäron.

Num. 16:17  En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van die HERE elkeen sy vuurpan, twee honderd en vyftig vuurpanne, ook jy en Aäron elkeen sy vuurpan.

Num. 16:18  Toe het hulle elkeen sy vuurpan geneem en daar vuur op gegooi en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en Aäron.

Toe verskyn die heerlikheid van die Here en Moses tree weer in vir hulle al sien hy wat hulle doen. Die Here gee toe opdrag om te gee pad van die leiers van die spul! Ons moet steeds intree vir hulle maar die opdrag is om te gee pad van hulle af. En net soos dit in daardie dae was word hulle families deur hulle dade direk beïnvloed! Hulle gaan staan in die deure van hul huise waar hul families is.

Num. 16:19  En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering.

Num. 16:20  En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:

Num. 16:21  Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ‘n oomblik verteer.

Num. 16:22  Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

Num. 16:23  En die Here het met Moses gespreek en gesê:

Num. 16:24  Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!

Num. 16:25  Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan.

Num. 16:26  Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.

Num. 16:27  En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.

Moses het hulle gewaarsku! Ons word vandag gewaarsku!

Num. 16:28  Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:

Num. 16:29  as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie.

Num. 16:30  Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.

En toe val die oordeel van die Here! Dit is skrikwekkend dat hulle lewendig in die doderyk afgedaal het! Die simboliek klink vir my baie na om lewendig in die hel gewerp te word!

Toe vlug die mense weg van hulle af! Eers nadat hulle die oordeel van die Here sien val voor hulle oë!

Gaan ons wag tot die Here se oordeel val voor ons wegkom van hulle af?

Num. 16:31  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,

Num. 16:32  en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.

Num. 16:33  So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.

Num. 16:34  En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons!

En toe is dit die beurt van die wat saam met hulle gestaan het en die reukwerk gebring het.

Num. 16:35  Toe het ‘n vuur van die HERE uitgegaan en die twee honderd en vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.

 Num. 16:36  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

Num. 16:37  Sê aan Eleásar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig—

Num. 16:38  naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as ‘n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die HERE gebring—daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel ‘n teken wees.

Num. 16:39  Toe het die priester Eleásar die kopervuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan as ‘n oortreksel vir die altaar—

Num. 16:40  ‘n aandenking vir die kinders van Israel, sodat ‘n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos die HERE aan hom deur die diens van Moses gesê het.

Die Here se oordeel val en die volgende dag blameer die mense weer vir Moses en Aäron en se dit is hulle wat die mense doodgemaak het!

Num. 16:41  Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Júlle het die volk van die HERE gedood.

Num. 16:42  En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.

Num. 16:43  En toe Moses en Aäron tot voor die tent van samekoms kom,

Num. 16:44  het die HERE met Moses gespreek en gesê:

Die Here het genoeg gehad en Moses en Aäron val weereens op hul aangesig voor die Here om in te tree vir die volk anders sal daar niemand oorbly nie.

Num. 16:45  Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in ‘n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig,

Dit is net met genade van die Here en manne wat sal intree vir die volk wat sal keer dat die Here almal verteer wat so in opstand teen Hom kom! Ons kan maar net pleit dat die Here terwille van die soenverdienste van die Here Jesus nie almal hul dade sal vergeld en daar niemand oorbly nie! Ons sien dat hier gelukkig mense oorgebly het en die Here se oordeel gestop het as gevolg van die intree van Moses en Aäron.

Num. 16:46  en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die HERE se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!

Num. 16:47  Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.

Num. 16:48  En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou.

Num. 16:49  En die wat deur die plaag gesterf het, was veertien duisend sewe honderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.

Num. 16:50  Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.

Laat ons maar gewaarsku wees.

Keer terug na die Here en hou op om so arrogant te wees! Die oordeel gaan val!

Moenie huil as die oordeel begin val nie!

Gee ten minste pad van jul families af as julle dan net vir julleself omgee.

Groete

Danie Strydom

Die enigste leefstyl…

 www.lifestylec.com

daniestrydom@lifestylec.com

(Sel)    0827792431
(Faks)  0865377777


Leiers en gewone mense in opstand! Rebellie / Rebellion / Oordeel / Judgement


Eskatologie / Eschatology

Comments are closed.