Die reën en weer óf tot ‘n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind

Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk; en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy sekel Lifestyle C / Leefstyl Chulle beveel oor die wye wêreldrond: óf tot ‘n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

Job 37:1 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
Job 37:2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.
Job 37:3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.
Job 37:4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.
Job 37:5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.
Job 37:6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.
Job 37:7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.
Job 37:8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.
Job 37:9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
Job 37:10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.
Job 37:11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;
Job 37:12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:
Job 37:13 óf tot ‘n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.
Job 37:14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.
Job 37:15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?
Job 37:16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?
Job 37:17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind—
Job 37:18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ‘n gegote spieël?
Job 37:19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.
Job 37:20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?
Job 37:21 En nou, ‘n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.
Job 37:22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.
Job 37:23 Die Almagtige—ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
Job 37:24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

Weer Leefstyl C/ Lifestyle C

Comments are closed.