Hoenderbreyani

Hoenderbreyani

Hoenderbreyani Hoenderbreyani Hoenderbreyani
Daar is besonder baie soorte breyani, maar hierdie is ‘n Suid-Afrikaanse variasie wat voorberei is.
(Met erkenning aan Pasella)
(Bedien 4-6)3 t sout
3 t borrie
3 t fyn komyn
3 t fyn koljander
1 t rooirissievlokkies
2 kardemom
5 naeltjies
½ t heel peperkorrels
3 kaneelstokkies
2 t rooirissievlokkies (met ʼn bietjie water gemeng)
1 t knoffel, fyngekap
1 t vars gemmer, fyngerasper
knippie saffraan (in 1 e water geweek)
1 k vars koljanderblare
1 k jogurt
1 e suurlemoensap
1 k tamatiepasta
3 uie, fyngekap en diepgebraai tot bros
¾ k warm olie
1 heel hoender, in porsies (verwyder die vel)
½ k gaar bruin lensies
3 heel aartappels, in olie gebraai
2 k gaar basmatirys (gekook met ʼn knippie borrie)
½ k gevriesde ertjies
¼ k warm olie

Meng al die bestanddele tot en met die tamatiepasta. Gooi ¾ van die diepgebraaide uie en die warm olie by. Voeg die hoender by die speserymengsel en maak seker dit is goed bedek.

Die breyani gaan nou in lae in ʼn groot pot gepak word. Begin met die helfte van die lensies, dan die hoender en speserymengsel, dan die aartappels, helfte van die rys, die orige lensies, die orige rys, die ertjies en die res van die diepgebraaide ui. Giet die warm olie en ½ koppie water oor die breyani. Sit die deksel op en prut 90 minute oor matige hitte sonder om te roer.

Comments are closed.