“It’s Time” Repliek

“It’s Time” Repliek deur Danie Strydom

(Mitchells Plain se repliek sal binnekort volg!)

Prayer and Intercession (Gebed)

https://www.youtube.com/watch?time_continue=1&v=OSDTUdTXp2k


“It’s Time” het gekom en gegaan!

So wat nou!

Daar was baie te sê van alle kante af en dit sluit myself in. Ek is een van daai wat nie die nut daarin gesien het om Bloem toe te gaan nie so volgens Oom Angus moet ek ook maar die land verlaat. Jammer, om te hoor Ouboet. Ek is een van daai gelowiges wat my nie aan twak steur nie en na ’n berg sal hardloop om te dink dit sal herlewing of verandering bring nie.

Radiokansel Web – Interview Angus Buchan 10/03/2017  >>>

Timestamp 09:38

Best thing for you to do if you don’t go and pray with them as a nation is to pack your bags and leave the country!

Herlewing kom nie met ’n groot lawaai nie, maar met ’n geween en kners oor sonde en die besef asook erkenning van die gemors wat jy aangevang het!

Nehemia 1 en Daniel 9 as voorbeeld onder.

As jy nie dink jy het sonde nie steel maar ’n skaap soos ’n ou bekende altyd gesê het!

Hierdie gemors in ons land kom beslis nie net van een kant af nie al dink baie so. Dis die gevolge van ’n volkie wat al lankal gedink het hy is kaas! ’n Hoogmoedige en arrogante spul het ons geword!! Dit is tyd dat ons werklik tot bekering kom en terugkom na die Here toe. Jy kan jou nie bekeer as jy nie kan sien wat verkeerd is nie!

So, kan jy sien waar ons verkeerd gegaan het? Kan jy sien hoe het die algemene kerk verval het in die lou wêreldsheid van Laodicea? Weet jy dat ons gewaarsku is oor wat voorlê vir die laaste dae en dat dit nie net vir daai tyd was nie? Kan jy sien dat ons in ’n baie laat uur verkeer wat die eskatologie betref? As dit ja is dan kan jy iets daaraan doen. As dit nee is sterkte!

The error of the New Apostolic Reformation

Last Revival by Jacob Prasch

https://www.youtube.com/watch?v=kIIqubhAELQ

Ons moet terugbeweeg na die Woord van die Here en ophou met die emosionele twak waaraan Oom Angus homself ook maar lekker skuldig gemaak het en baie regverdige kommentaar homself op die hals gehaal het. Dat daar ’n klomp mense is wat ook maar die bobbejaan agter die berg gaan haal en net skree omdat daar geskree wil word, is ook waar. Die getuienis moet oorweeg word, behoorlik geëvalueer word dan kan mens versigtig tot ’n konklusie kom rondom skuld! Of daar nou Nalatigheid of Opset is, dalk Dolus Directus, Dolus Indirectus of Dolus Eventualis! Verkeerde praktyk het geen regverdigingsgrond as jy van beter behoort te weet volgens wat die Bybel leer nie. Veral as jy jouself as ’n leermeester voorhou! Jy gaan swaarder geoordeel word as ander en die vergrootglas op jou praktyk nou is niks in vergelyking met dan nie! Neem maar die Bybel in ag!

Laat dit maar bietjie kalmer raak en by die evangelie uitkom!

Kan soveel mense die behoefte hê om na die “It’s Time” byeenkoms te gaan as hulle by hul plaaslike gemeentes gevoed en voldoende lering ontvang?

As ons moet besig bly met al die foute en aannames wat hier gemaak is rondom die “It’s Time” byeenkoms en steeds gemaak word sal ons tot die Here kom daarmee besig wees. Dat soveel mense die behoefte gehad het om daarheen te gaan lyk vir my bevestigend van die feit dat mense opsoek is na ’n uitkoms of ’n oplossing/aanraking en dan is hulle by die regte adres daarvoor as hulle dit by die Here Jesus kom soek. Net nie by Oom Angus en sy klomp Charismatiese tjommies nie. Om wonderwerke, genesing en tekens na te jaag is vir moeilikheid soek! Oom Angus is al baie gesê maar hy bly met verkeerde mense vriende. As mense mal emosionele profesieë maak soos wat hier gedurig plaasgevind het stem ek saam dat hulle op hul plek gesit moet word! Dit moet uitgewys word en hulle moet stilgemaak word. Om egter skuld van ander se kranksinnigheid aan verkeerde mense toe te dig is waar jy jouself dalk self skuldig maak aan onchristelike gedrag.

Kom ons kom terug na die Woord van die Here en laat dit die lig werp op die praktyk waarmee ons moet voortgaan.

Kan ons maar die Woord van die Here bestudeer en doen wat Hy sê sonder om ons eie goed op te maak? Die Woord van die Here is perfek vir elke omstandigheid en aspek wat aangeraak moet word in ons lewens Coram Deo. Ons hoef nie goed op te maak en nonsens te praat wat mense heeltyd laat wonder nie! Die Here is oral en nie net op ’n plek waar ons nou besluit Hy moet wees nie. Hy hoef nie op te daag nie. Hy is al voor tyd begin het hier, dis net ons wat moet bykom! Laat ons ook maar pasop om nie te hoogheilig te raak en te dink ons is so slim nie! As die Here sy Gees wegneem sal daar niks van enigeen van ons oorbly nie. As jy dink jy het werklik ’n gawe onthou dis nie vir jou nie, maar vir die liggaam! As jy heeltyd vir almal van jou gawe moet vertel dink ek jy moet maar weer gaan seker maak. As jy werklik ’n gawe het sal dit in die liggaam herken word sonder dat jy dit heeltyd hoef te sê of goed te probeer opmaak om dit te probeer bewys! Mense sal jou hoor jy hoef ook nie so te skree nie!

As die melk nie eers behoorlik gegee is nie hoe sal na die vaste spyse beweeg kan word?

Daar kom nie grootskaalse herlewing nie, maar ’n groot wegval en misleiding ín die laaste dae.

Dat daar persoonlike herlewing vandag kan plaasvind as jy jou nou bekeer van jou verkeerde weë en dan mense om jou beïnvloed om hulle ook te bekeer mag dit so wees maar grootskaals blyk nie die regte aanname uit die Skrif te wees vir die laaste dae nie. Dat ek/ons hoop daarvoor en die Here sal bly smeek daarvoor vir veral binne ons eie verwysingsraamwerk van familie en vriende asook gemeenskappe. Vir ons land in al sy fasette ook maar laat die realiteit ons nie van stryk bring nie!

Leer die Bybel behoorlik ken want dan sal jy die Here beter ken. Jy sal dan geestelik tot volwassenheid kan groei en hopelik dan kan onderskei waarop dit aankom! Jy sal dan nie meer so maklik vir enige twak val nie!

Nehemia se gebed:

Neh 1:3  En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand.

Neh 1:4  En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel

Neh 1:5  en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou—

Neh 1:6  laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.

Neh 1:7  Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie.

Neh 1:8  Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;

Neh 1:9  maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

Neh 1:10  Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.

Neh 1:11  Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.

Neh 4:23  Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie—elkeen met sy wapen en water.

Daniel se gebed:

Dan 9:3  En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.

Dan 9:4  En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

Dan 9:5  ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.

Dan 9:6  En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.

Dan 9:7  Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.

Dan 9:8  Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het.

Dan 9:9  By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan

Dan 9:10  en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.

Dan 9:11  Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.

Dan 9:12  En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie;

Dan 9:13  soos in die wet van Moses geskrywe is—al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.

Dan 9:14  Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.

Dan 9:15  Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met ‘n sterke hand uitgelei en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.

Dan 9:16  o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk ‘n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.

Dan 9:17  Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.

Dan 9:18  Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid.

Dan 9:19  Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.

Wanneer ons bid:

Mat 6:5  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

Mat 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Mat 6:7  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Mat 6:8  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

Mat 6:9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

Mat 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Mat 6:11  gee ons vandag ons daaglikse brood;

Mat 6:12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Mat 6:13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Mat 6:14  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Mat 6:15  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

 

Revival/Spiritual Seduction – Tobiah must be evicted by Jacob Prasch


Waar vind jy jouself op die Teologiese Front?

Where do you find yourself on the Theological Front?


Jacob Prasch Prophecy Updates >>>

John Haller’s Prophecy Updates >>>

THE CHAIM REPORT (Jerusalem Journal) >>>


En die vyeboom bot! The Fig Tree is in Blossom!
Eschatology >>>
We have to get oil!

Die tyd raak min, maak maar seker jou eskatologiese vertrekpunte is korrek!
https://lifestylec.com/eskatologie-eschatology/

Rapture

https://www.youtube.com/watch?v=qYivZ_q0HDQ&feature=youtu.be

Ten Virgins 1 and 2 – Lamplight Project By Jacob Prasch

Die 10 Maagde / Meisies / Wegraping / Harpazo / Millennium / True Believers / Ware Gelowiges / Kerk / Church / Tempel / Temple / 1000 / 70 / 7

Part 1 – 21 minutes

https://www.youtube.com/watch?v=CzFkHbhoAWw&feature=youtu.be

Part 2 – 18 Minutes

https://www.youtube.com/watch?v=MkfkU0knGqc&feature=youtu.be


We have to have discernment when talking about Eschatology withstanding the apostasy in the contemporary church that The Word of God warns would precede the return of Jesus. With the Conviction that ……

Comments are closed.