Malvapoeding

Malvapoeding

Volgens kookboekskrywer Dine van Zyl is margarien definitief nie ‘n alternatief vir botter nie – veral nie in hierdie poeding nie! Die resep is uit haar kookboek ‘Agter die lekker aan’.

(Met erkenning aan Pasella)

(Bedien 4-6)

1 eier
1 k suiker
1 k meel
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
1 e bruin druiweasyn
1 e appelkooskonfyt
½ k melk
½ k room

 

Sous
1½ k melk
½ k suiker
½ k botter
¼ k brandewyn
1 t vanieljegeursel

Klits die eier en suiker saam. Meng die res van die bestanddele saam en voeg die eier-en-suiker-mengsel by. Meng goed. Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en bak 40 minute in ‘n voorverhitte oond by 180°C. Vir die sous, kook die melk, suiker en botter saam. Gooi die brandewyn en vanielje by en giet die warm sous oor die poeding. Bedien met vla of room. 

Comments are closed