Tennis Oefenprogram

Tennis het weer hervat. Tennisafrigting, baanbesprekings en Oefenprogramme. Covit 19 Regulasies word vir almal se veiligheid streng toegepas by Zambesi Tennisklub!

Augustus Covit 19 Afrigting Lisensies Zambesi Tennisklub. Bespreek ‘n sessie of doen navraag.

Leefstyl Tennisakademie (Lifestyle C) in samewerking met Zambesi Tennisklub het ontwikkelingsprogramme vir Tennis in die omgewing.

Die Besigheidsektor word ook by hierdie inisiatief betrek en dit bou op na algemene tennis ontwikkeling Noord van die Magaliesberg tot by Hammanskraal asook in die res van Pretoria!

Inquiries / Navrae

Tennisoefening
#tennisoefening#tennistraining#leefstyltennisakademie#lifestyletennisacademy#leefstylc#lifestylec

#Squad, #Oefengroep, #Deon, #Danie

#Squad#Oefengroep#Deon#Danie

Volwassenes en Kinders word betrek hierby.

Oefenprogram Opdateer 21-5-2020(Laai pdf af) >>>

Program en Opdatering in Pdf

https://lifestylec.com/wp-content/uploads/2020/05/Tennis-Oefenprogram-Leefstyl-Tennisakademie-Vakansie-Opdateer-21-5-2020.pdf

https://lifestylec.com/wp-content/uploads/2020/05/Brief-TSA-aangaande-Tennis-Afrigting-Leefstyl-Tennisakademie-5-5-2020.pdf

https://lifestylec.com/wp-content/uploads/2020/04/Tennis-Oefenprogram-Leefstyl-Tennisakademie-Vakansie-Opdateer-20-4-2020.pdf

https://lifestylec.com/wp-content/uploads/2020/04/Leefstyl-Tennisakademie-Tennis-Program-1-4-2020.pdf

Oefen Program (Elke 2de dag)

(Net ʼn Riglyn en kan na gelang van vlak aangepas word)

1            Bewegende Strekke

            – Lunges x 10 per been

              – Skouers strek met arm swaaie in die rondte, 10 vorentoe en 10 agtertoe swaai

              – Hoë knieë 20 keer (Elke knieg wat bo kom word getel)

              – Boude skop 20 keer

– Strek skouers/arms. Staan in deurraam en hou met hande raam vas en stap 1 x tree vorentoe en hou vir 10 sekondes. Doen dit 3 keer.

– Karaoke en Shuffle na beide kante.

2            Oefeninge (Rus 40-60 sekondes tussenin)

              – 8 x Push Ups x 4 stelle

              – 30 sekondes Plank x 5 keer

              – 10 Sit Ups x 3 keer

              – 10 Crunches x 3 keer

              – 10 Squats x 5 keer

– Spider Run (Plaas 5 kegels of balle in halfmaan 2 meter uitmekaar voor jou neer) Hardloop nou vinnig en kry een kegel of bal op ʼn slag en sit neer by beginpunt voor vlg een gekry word

              – Plaas kegels uit vir voetwerk soos per video onder aangeheg en doen dit

Oefeninge Opdateer, variasie en uitbreiding 21-05-2020
– 30 x 20m Sprints
– (Turkish get ups) doen die 8 keer links en regs https://youtu.be/pX_ZMblJMqQ
– Pushups tot nie meer kan nie x 3 keer

  • 20 sit ups x 4 keer
  • 60 sekondes plank x 5 keer
  • 30 squats x 5
  • 20 lunges x 3
  • 5 m shuffles vir 30 sec aan een x 5 keer

3            Tennis Verwante Oefeninge

– Staan 3 m van muur af weg. Slaan 20 Voorhande en Rughande na mekaar. Nie hard nie maar met volledige swaaie. As jy nie ʼn muur het nie denkbeeldig voor ʼn spieël of buite voor ʼn venster sonder ʼn bal. Maak seker dat jou swaai mooi van die gereed posisie bo teruggaan en dan sak agter en dan ʼn mooi waai aksie of reënboog aksie voor het vir “topspin” met die vorentoe volledige swaai.

– Gooi en vang van die dien/afslaan gooi in die korrekte sywaartse posisie x 25 keer met ʼn vang van die bal in die gooi hand sonder om die voete te beweeg.

– Begin nou dien teen die muur en speel die bal tot hy stop, Dien x 20 keer en speel uit. Voor die spieël/venster/buite sonder bal as jy nie ʼn muur het nie maak ʼn dien en speel die punt denkbeeldig uit x 20 keer.

– Volley. Staan so 1.5 m van die muur af en slaan volleys, voorhand en rughand. Jy kan dit saam met Pa of Ma of Boet/Sus ook doen. Voor spieël/Venster/Buite sonder bal denkbeeldig volleys met die regte voetwerk.

Oefeninge Opdateer, variasie en uitbreiding 21-05-2020

– staan 2 m van muur af gooi en vang deur redelik hard te gooi.

Dan tel raket op en volley teen die muur aaneen.

– Staan en hop slaan 10m-17m van die muur af voorhand na rughand, en onthou om           grepe te verander.

– Dien hard en hou die bal aan die gang.

– Begin 10m – 17m van die muur af. Slaan die bal teen die muur en hou aan vorentoe beweeg tot jy 2m van muur af is. Doen dit 8 keer.

4            Statiese strekke (Soos per video onder)

5            Springtou spring en Fietsry of draf/treadmill op die ander dae soos plek tuis beskikbaar

Tennis Video’s YouTube (Hou hier dop vir toepaslike tennis video’s wat heeltyd opgelaai sal word)

YouTube Bladsy >>>

Tennis Footwork – 5 Drills To Improve At Home

Full Body 10 Minute Static Stretching Cool Down for Intense Workouts

Groete Danie en die Span

Opdatering

Lesse en tegniese Byvoegings om in gedagte te hou.

Oranje en Rooi bal :

Diene :

Gooi bal op en slaan teen draad vas.

Gooi en vang aksie

Gooi die bal so ver as wat jy kan (bo arm)

Voete moet in regte posisie wees

Linker hand wys so lank as moontlik na die bal na die gooi

Greep is reg

Voorhand:

Staan in regte posisie en shadow die hou

Rol die bal reguit en dan skuins

Linker hand wys na die bal toe en vat weg net voor jy slaan

Voete is in regte posisie

Die greep moet reg wees

Rughand:

Staan in regte posisie en shadow die hou

rol die bal reguit en dan skuins

Skouers is gedraai en raket kop begin onder met die swaai

Voete is in regte posisie

Regte greep

Volleys :

Shadow die rughand en voorhand volley

Boks ʼn kussing of iets sag

Trap in met linker voet as jy voorhand volley

Trap in met regter voet as jy backhand volley

Dien greep

_________________________________________________

Technique and lesson suggestions for Orange and Green ball – Serve, Volley, forehand and backhand

1  Bend your knees

Puts your body in the optimum position to jump into action for a return

Provides increased balance  because your centre of gravity is lower, gives you more control and enables you to recover more effectively

Puts your body in a better position to create shoulder,  hip and trunk rotation, allowing you to hit with increased power

2  Keep your eye on the ball

Increases the likelihood of making solid contact

Keep your eye on the ball until the blur of the racket comes through

3  Reach as high as possible with non dominant arm when going into an overhead shot

4  Volleys

Keep your racket up and in front of your body

5  Serve

Keep your arm loose and relax your hand

This small alteration in your grip from tight to loose can make all the difference when it comes to serving effectively

6  Keep your balance

When completing your groundstrokes, bend your back knee more than your front knee on both forehands and backhands

7  Wrist position

As your prepare for strokes,  make sure to lay your wrist back, this allows you to align the strings so that they hit the ball much sooner

8  Footwork

Take a small jump with both feet at the moment you hear the sound of your opponents racket hitting the ball

9  Direction (Serve)

If you notice your opponent is a bit winded after a long point, aim your next serve directly at him. A receiver trying to catch his breath will often play the ball without taking proper adjustment steps

Hitting the ball at your opponent may very well result in a weak reply

10  Practice

Winning is important but practice with an emphasis on areas that need improvement

11  Agility and Speed

Tennis is repetition with fast sudden movements, train your body for these

Jogging provides endurance, but sprinting aids speed

Sprint for 15 seconds, rest for 15 seconds, repeat.

Incorporate hops and jumps to develop agility and quickness on court

___________________________________________________________

Groen en hardebal lesse en  tegnieke om in gedagte te hou. (Belangrik om in die spieël te oefen)

Diene:

Altwee voete plat op die grond,

raket greep reg,

kyk vir die binne kant van die raket,

onthou die blommetjie gooi soos wat ek al baie mense verduidelik het(bal in voorste dele van die vingers, reguit elmboog, lig die hand reguit op en maak die hand oop soos n blom)

swaai van raket een beweging (ocean motion soos water wat vloei moet die dien vloei)

indien al spring dien, onthou om van al twee voete af te spring asook op die linker voet te land met regter voet op agter jou (vir links handige leerder anders om)

regte greep asb. NB*

groot sirkel en klein sirkel van die dien.

Kyk video van 2:15-3:20

Selfs vir die vloei van die dien

Voorhande en rughande:

Topspin

Manier van staan is oop of neutrale staan.

staan in gereed posisie, begin die terug swaai deur raket wat boontoe wys reguit terug te neem

dan die raket te laat sak tot laer as die bal

dan na die bal te swaai van laag na hoog

met ‘n borsel of draai beweging in die voorarm(nie in die gewrig nie.)

Eindig dan met die raket se deurswaai tot oor die skouer of naby die skouer(geen Nadal aksie nie asb)

Slice:

Neem die raket hoog terug met die dien greep

swaai raket vorentoe van hoog na laag

tref agter die bal en gaan onder die bal deur en stop met raket voor die lyf.

elmboog moet so klein buig hê van begin tot einde

beste staan manier is neutral

Volleys

Dien greep

voor hand volley en rughand volley is nie ʼn slaan beweging nie maar stamp beweging.

elmboog bly klein bietjie gebuig.

raket se snare moet die opponent die heeltyd kan sien

trap met linker voet na die bal toe as voorhand volley is en regs handig en teenoor gestelde met rughand volley.

rughand volley begin met twee hande eindig met een minimale beweging in elmboog

Program 1-4-2020 en Opdatering 20-4-2020 in Pdf

https://lifestylec.com/wp-content/uploads/2020/04/Tennis-Oefenprogram-Leefstyl-Tennisakademie-Vakansie-Opdateer-20-4-2020.pdf

https://lifestylec.com/wp-content/uploads/2020/04/Leefstyl-Tennisakademie-Tennis-Program-1-4-2020.pdf

Tennis Ontwikkelingsprogramme – Tennis Development Programs(Pdf)

Meer sosiale aktiwiteite en deelname word beplan! “Almal kan Tennis Speel”

Hierdie uitnodiging en uitdaging gaan uit na alle skole en klubs in Pretoria.

Navrae kan aan Danie Strydom gerig word as jy betrokke wil raak hierby!

Danie Strydom 0827792431 daniestrydom@lifestylec.com


Lifestyle Tennis Academy (Lifestyle C) in association with Zambesi Tennis Club has development programs for Tennis in the area.

We are involving Business in this initiative and it will build up to tennis development North of the Magalies as far as Hammanskraal and to the rest of Pretoria!

Adults and Children are involved.

More social activity and participation will be planned! “Everyone can play tennis”

This request and challenge is to all clubs and schools in the Greater Pretoria area.

Send inquiries to Danie Strydom if you would like to get involved!

Facebook

https://www.facebook.com/LeefstylC/

Instagram

https://www.instagram.com/leefstylc/

Twitter

LinkedIn

https://www.linkedin.com/in/danie-strydom-1b396390/detail/recent-activity/shares/

#ketopta, #ketopretoria, #leefstylCketo, #lifestyleCketo, #mooikloof, #coachinghub, #hub, #leefstyl, #lifestyle, #daniestrydomketo, #wilsonpta, #wilsonpretoria, #wilsongholfpta, #ketopta, #ketopretoria, #leefstylCketo, #lifestyleCketo, #mooikloof, #zambesitennisklub, #montanapark, #besembiesie, #gondolier, #coachinghub, #hub, #leefstyl, #lifestyle, #daniestrydomketo, #sweetandsaltyzambezi, #daniestrydom, #leefstyltennisakademie, #lifestyletennisacademy, #thevenue, #danie, #andrea, #wineandfood, #pretoriaOos, #pretoriaEast, #tennis, #golf, #gholf


Navrae / Inquiries

Comments are closed.