Ope Brief aan die NG Kerk (Peet Botha)

Aan: Die NG Kerksekel Lifestyle C / Leefstyl C

Van: Dr P H Botha (PhD)
Lidmaat NG Kerk: NG Gemeente Noordkus
Senior Lektor Opvoedkunde (ex 2015)
Buitengewone Professor Teologie (ex 2010)

botha.peet@gmail.com

Die NG Kerk en haar teologie

Die NG Kerk is tans in n krisis! ‘n Krisis wat geheel die gevolg is van ‘n jare lange konstruktiewe navolging van ‘n twyfelagtige teologie wat humanisties kontekstueel gekleur is. Ek sal my opmerkings hieronder deurgaans motiveer.[1]

Tweedens is die krisis die resultaat van teologiese besluite wat deur die kerkleiers geneem word wat direk teen die Woord van God indruis. Dit is ‘n onhoudbare teologiese arrogansie binne die kerk van die Here Jesus Christus. Hierdie arrogansie wys veral in hoe die AS 2500 jaar se bybels gefundeerde teologie oorboord gooi asof daar geen enkele standaard is wat God vir tyd en ewigheid vasgelê het en deurlopend aan Sy kerk deur die eeue openbaar het nie. Ek noem dit godlasterlike arrogansie want die AS besluit om die teologie wat God in Sy Woord vasgelê het willens en wetens te verander. Die AS ontken ook hiermee die teologiese insigte van die apostels, kerkvaders en vroee kerk wat naaste aan die Here Jesus was[2] . Die 1947 dictum van Karl Bart, Ecclesia semper reformanda est, word teologies vertrap om veranderings aan die Skrif op te dwing eerder as die bedoeling dat “Reformed Protestant theologians (believe) that the church must continually re-examine itself in order to maintain its purity of doctrine and practice” na te volg soos bedoel.[3]

Derdens verteenwoordig die uitsprake van Nelus Niemandt dat “(sy) hoop is dat die lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele (oriëntasie) genormaliseer sal word (binne die kerk),”[4] ‘n standpunt lynreg teen die Bybel uitsprake rakende seksualiteit en praktiese beginsels rakende seksuele uitlewing. Dit is voor die hand liggend dat Niemandt binne die Modaramen ‘n groot invloed op andere uitoefen en dat sy kontekstuele en tydgebonde humanistiese teologie binne die Moderamen en teologiese fakulteite groot aanhang geniet. In die lig van die Skrif is sy uitspraak teologiese onsin om die minste daarvan te sê en verteenwoordigend van n post-moderne epistomologie.

Vierdens is die besluite gebou op ‘n eksegese wat absolute Skrifgesag ontken en die Woord sien as ‘n woord oor God eerder as die Woord van God. Hierdie teologies – hermeneutiese vertrekpunte is inherent en algemeen kontekstueel in al drie die teologiese fakulteite van die NG Kerk. Die oorweldigende negatiewe reaksie van predikante en lidmate teenoor die AS moet tog vir die Modaramen duidelik aandui dat hulle die merk heeltemal mis! Dit is n strategiese en teologies fatale fout om te dink dat die kollegas en ledemate binne die NG Kerk, kan nie die Bybel lees en eietyds interpreter met behoud van die kern waarhede in die Skrif nie. Sien onder andere die volgende:

Teologie is die studie van die natuur of karakter van God. Dit verteenwoordig ook ons godsdienstige oortuigings en sistematiese teologie. Ons “teologie” is deur die AS verander, in ander woorde, die “natuur en karakter” van God is daadwerklik en eensydig verander om die mens in sy veranderlikheid eerder as God in Sy onveranderlikheid na te streef. Dit is ongelooflik om te dink dat sodanige teologie met ‘n hand-opsteek stemming verander kan word. Dat dit na bewering in die naam van God en onder leiding van die Heilige Gees en in lyn met die lewe en opdragte van die Here Jesus gedoen word, is absoluut misleidend aangesien die Heilige Gees nie alternatiewelik teen die Woord van God kan openbaar nie. Dit is tog die esensie van Sola scriptura:

Sola Scriptura, or “scripture alone,” asserts that scripture must govern over church traditions and interpretations which are themselves held to be subject to scripture. All church traditions, creeds, and teachings must be in unity with the teachings of scripture as the divinely inspired Word of God.

Sola Scriptura asserts that the Bible can and is to be interpreted through itself, with one area of Scripture being useful for interpreting others. That scripture can interpret itself is a means by which to show the unity of Scripture as a whole. As all doctrines are formed via scriptural understandings, all doctrines must be found to align with Scripture and as such are then subject to scripture before the believer can begin to apply them.[5]

Hierdie beginsel het inderdaad in die slag gebly in die AS se beredenering en motivering, by monde van Nelus Niemandt, Nelis Janse van Rensburg en André Bartlett met betrekking tot die besluite rondom homoseksualiteit. Dit is duidelik dat die beginsel van Sola Scriptura op sigself nou nie meer geld in die NG Kerk nie. Dit herrinner aan die erkenning van die Nederlandse Hervormde Kerk dat die kerk besluit het dat homoseks nie meer sonde is nie in die lig van moderne tendense. Ten minste is daar ‘n stuk eerlikheid wat ten grondslag lê van die veranderinge in die Nederlandse kerk.

Die AS het dan vier teologieë verander[6] deur die besluit om homoseksuele verhoudings te “normaliseer” in die kerk:

  1. Die teologie van sonde
  2. Die teologie van seksualiteit
  3. Die teologie van die huwelik
  4. Die teologie van die familie/gesin

Lees verder >>>

Kyk ook:

Comments are closed.