Pieter Starke haal SA II Tennisspan wat aan die Wêreld Spele in Florence Italië deelneem Julie 2016

Hallo Almal,DSC_0816

Pieter Starke een van die spelers wat ek afrig is ’n Down-sindroom man van 22 nou en hy het die SA II Span vir die Wêreld “Trisome” Spele in Florence Italië gehaal. Hulle gaan deelneem in Julie 2016. Jandrei Potgieter van Leefstyl Tennisakademie gaan hom vergesel. Hy is die enigste Tennisspeler in SA wat gekies is vir die span. Hy woon in Mooikloof Pretoria. Ek rig hom al af vandat hy in die laerskool was.

Ons poog om dalk ’n borg of wat kan kry om die man met sy kostes te help.

Leefstyl Tennisakademie is betrokke in die Montanapark area en Pieter is ook lid van die Zambesi Tennisklub. Leefstyl Tennisakademie is ook betrokke by die tennisprogram in die area Noord van die Berg in besonder by Laerskool Magalieskruin. Ons verskaf ook afrigting in Mooikloof en in die Pretoria area.

Sonja Carstens ñ verslaggewer van Rapport/Beeld het reeds ‘n onderhoud met hom gevoer en foto’s geneem vir die koerant.

Laat weet gerus as iemand hom sal wil ondersteun? Daar is nog geen Borg vir hom nie!DSC_0810

Hier volg bietjie algemene inligting rondom hom:

Pieter is 22 jaar oud en gebore met down sindroom maar dit is nie vir hom ‘n probleem nie. Hy het sy skoolloopbaan in skole vir leergestremdes begin maar sy Laerskool loopbaan in Anton van Wouw Laerskool voltooi en sy hoërskool loopbaan in Menlo Park Hoërskool voortgesit. Na skool het hy as ‘n student by Pathways Studio aangesluit waar hy vandag nog werk en leer.

Pieter is baie lief vir sport. Hy kyk graag sport en wil graag aan alles deelneem. Hy mis geen rugby, krieket  wat op televise uitgesaai word nie.

Pieter was van kleintyd af lief vir balspeel, hardloop en spring. Pieter het begin met tennis afrigting met die doel om hom aan die beweeg te hou. Verlede jaar het hy geleentheid gekry om as deel van die Gauteng-span aan  atletiek by die SASA-II (2015 SA Open Games) byeenkoms in Secunda deel te neem. Hierdie geleentheid het vir hom baie beteken en hy is hier gekies om as deel van die SA span aan die internasionaal spele in Bloemfontein deel te neem in November 2015. In Maart hierdie jaar het hy Gauteng verteenwoordig vir tafeltennis en swem by die SA Somer spele in PE. Pieter is baie opgewonde want hy het onlangs gehoor hy is gekies om later vanjaar saam met die SA span na Italië te gaan waar hy vir die eerste keer internasionaal aan tennis gaan deelneem.

Pieter se ander groot liefde is Afrikaanse musiek, hy luister en sing graag en was al saam met Jay op die verhoog om Superhero te sing. Pieter is lief om tussen mense te wees en sy groot droom is om eendag in ‘n gym te werk of ‘n sport afrigter te wees.

Groete

Danie Strydom

 logo klein

Die enigste leefstyl…

www.lifestylec.com

daniestrydom@lifestylec.com

(Sel)    0827792431
(Faks)  0865377777

 

Comments are closed.