Repliek op “Loftus 4 Jesus! 11 November! | Loftus, Pretoria”

Hier het ons dit nou weer. Nog ’n byeenkoms en dis net ’n mors van tyd en geld.

Gaan kyk eerder Afrikaans is Groot of een of ander “Vertoning of Fliek” dan sal jy jou geld beter aanwend!

As jy werklik die Lof van Jesus wil besing dan sal jy huidig eerder jouself bekeer en in sak en as sit oor die toestand van die deursnee Kerk en samelewing!

Bekering is waarna die Here kyk en dan Sy naam op die lippe!

Sonder bekering is daar niks nie!

Dis maar steeds net status Quo soos by Lewende Woord en CRC so wat verwag mens dan nou anders hier.

Net ’n lawaai en ’n groot skouspel!

Dit sal beslis nie lei na behoorlike skrifuitleg, bestudering van die Woord van die Here en dan lewens wat radikaal verander nie!

At Boshoff en Nevil Norden is nie van plan om enigsins te verander van die rigting waarin hulle beweeg nie en Gretha Wiid praat maar net saam!

As jy saam in die wa wil ry moet jy nie huil as jy uitgevang word nie! Julle beter stop met julle twak en mooi gaan kyk wat aangaan.

Dit help nie julle verander die Teorie om by die Praktyk aan te pas nie. Die Praktyk moet by die regte Teorie (Die Bybel) aanpas!

Ons staan op die vooraand van die Here se terugkeer en van nader en dieper in die Woord is daar nie sprake nie.

Dit is net een groot Vertoning op die ander en daar is geen krag nie.

Daar sal ook geen krag wees nie  want die dawering, opsweping, manipulasie en uiterlike manifestasies is nou al so ’n alledaagse praktyk dat hulle nie eers meer weet wat is die ware manifestasie van die Gees van die Here en wat nie!

As jy dink grootte van geboue, getalle en uiterlike manifestasie is ’n bewys dat die Heilige Gees daar betrokke is maak jy ’n fout!

Pasop maar vir menslike emosie en manifestasie! As emosie jou riglyn is en nie die Woord nie is jy klaar mislei!

Die getuienis bestaan nie! Dit is die rede waarom die samelewing nie verander nie!

Inteendeel die kerk begin al hoe meer soos die wêreld word net soos die Here gewaarsku het dat dit gaan wees voor Sy terugkeer!

As jy werklik die krag (Dunamis) van die Heilige Gees wil beleef soos met die uitstorting met die Handelinge Kerk moet dit eerstens in gehoorsaamheid aan die Woord van die Here wees en tweedens onder die leiding van die Heilige Gees!


A Powerless Church by Anton Bosch


En die vyeboom bot!
Eschatology >>>
We have to get oil!

Die tyd raak min, maak maar seker jou eskatologiese vertrekpunte is korrek!
https://lifestylec.com/eskatologie-eschatology/

Eskatologie / Eschatology

We have to have discernment when talking about Eschatology withstanding the apostasy in the contemporary church that The Word of God warns would precede the return of Jesus. With the Conviction that ……

Comments are closed.