Wie hoor die geluid van die basuin!

Wie hoor die geluid van die basuin! Danie Strydom (2017-09-17)

Die geluid van die basuin is duidelik as jy na die huidige konteks van die praktyk kyk en dit vergelyk met die Woord van die Here!

Daar sal weereens niks kom van hierdie 23 September 2017 voorspellings nie! Daar is nog heelwat wat vanuit die Skrif waargeneem kan word wat dit duidelik maak dat verskeie goed nog moet gebeur voordat die laaste Basuin sal blaas!

Die regte toepaslike basuin en die waarskuwing vir die huidige konteks en toestand van die kerk hoor mense nie!

Dat ons in die regte tyd van die jaar is en dat die Fees van Trompette nog vervul sal word met die opstanding van die dode en die “Harpazo” (Wegraping) van die kerk met die Laaste Basuin of Trompet volgens 1 Thes. 4:16 en 1 Kor. 15:52 is feite! As jy dit nie vang nie doen tog jou huiswerk eerder nou dadelik as te laat! Die tyd hardloop uit en as jy nie nou alreeds olie gekry het nie dan beter jy vinnig ’n plan maak!

As hierdie nie op vrugbare grond val en jy vang nie wat die punte is wat hier gemaak word nie is die kanse goed dat jy nie olie het of kry waar jy dink jy kry nie! As jy in ’n sondige leefstyl verval het kom dadelik daaruit! As jy wonder of jy nog goed moet uitsorteer doen dit so gou moontlik. As jy dit nie self kan doen nie gaan kry hulp, praat met iemand wat weet wat aangaan asb.! Onthou die Here kan vandag vir enigeen van ons afsonderlik kom dan is dit verby maar dan sal daar ’n tyd kom wat alles afgehandel word soos ons dit nou ken wanneer die laaste basuin weerklink! Wie weet of dit dalk in ons of ons kinders se leeftyd sal uitspeel!

1 Korintiërs 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

1 Thessalonicense 4:16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

Die vraag is dan terwyl die basuin blaas waarom is daar geen of weinig reaksie as gevolg daarvan nie!?

1 Korintiërs 14:8  Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

Die wat veronderstel is om te blaas doen dit of glad nie of die blaas is so flou dat niemand dit hoor en gereedmaak nie!

Die basuin word egter wel geblaas deur ’n paar wat die boodskap en tyd waarin ons is, kan onderskei!

Die wat veronderstel is om te luister doen dit ook nie omdat die ore maar hoor wat hulle wil maar almal sal in die een of die ander kategorie van aanspreeklikheid val volgens die Skrif.

As jy ’n wag is wat nie blaas nie sal hulle bloed op jou hande wees.

Wee jou as jy as ’n wag aangestel is en jy doen nie jou werk nie meneer!

Esegiël 3:17  Mensekind, Ek het jou as wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.

Esegiël 3:18  As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe—en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

Esegiël 3:19  Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.

Esegiël 3:20  En as ‘n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek ‘n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

Esegiël 3:21  Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.

As jy wat die geluid moet hoor en jou nie daaraan steur nie is jou bloed op jou eie hande! Wee jou as jou hele huis se bloed op jou hande is!

Esegiël 33:3  en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense—

Esegiël 33:4  as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.

Esegiël 33:5  Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.

Esegiël 33:6  As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ‘n siel uit hulle weg—dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis.

Sal ons nou maar luister wat die Woord van die Here se!

As jy nie meer hoor nie terwyl jy moet hoor is jy dalk deel van die wederstrewige huis! As jy dit dalk agterkom smeek die Here om hulp!

Esegiël 3:26  En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klewe, sodat jy stom sal word en vir hulle geen bestraffer sal wees nie; want hulle is ‘n wederstrewige huis.

Esegiël 3:27  Maar as Ek met jou spreek, sal Ek jou mond open, en jy moet aan hulle sê: So spreek die Here HERE. Wie hoor, laat hom hoor; en wie dit nalaat, laat hom dit nalaat; want hulle is ‘n wederstrewige huis.

Kom weg daar waar jy niks koring kry nie en gaan waar die olie is en kry vir jou! Die olie is nog geredelik beskikbaar maar daar gaan ’n tyd kom wanneer mense dit wil kry dan gaan dit te laat wees!

Jy wil nie wanneer die laaste Basuin werklik dalk in jou tyd weerklink die volgende hoor nie:

Mattheus 25:6  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

Mattheus 25:7  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

Mattheus 25:8  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

Mattheus 25:9  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

Mattheus 25:10  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

Mattheus 25:11  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!

Mattheus 25:12  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.

Mattheus 25:13  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Bekering / Bekeer / Repent / Repentance


Die antwoord is natuurlik “tussen” die huidige Ekstreme Calvinistiese (Die Vervangings Teologie en Gawes het gestaak met die Handelinge Kerk) en Ekstreme Charismatiese/Pentakostalistiese (Charismania en Verdraaiing van die Gawes, Geen diepte in die Woord) pole.

Tussen die twee ekstreme pole is waar die Handelinge Kerk heel waarskynlik sou gewees het! Volgens die Skrif, in die Skrif en die Skrif se Model van Kerk wees!!


PLEASE NOTE: Counselors will be available on September 24, 2017 for all those who are wondering why nothing happened on September 23, 2017.

Prophecy Update “The Days Before the Day After” by John Haller 2017 09 17


Waarom Geen Bekerings

THE STRANGE HISTORY OF PENTECOSTALISM

Fellowship Bible Chapel Presents Jacob Prasch with “The Spirit of Ahab and the Spirit of Jezebel”

Ecclesia semper reformanda est

REV 12 AND SEPTEMBER 23 /2017 ANOTHER HOAX LIKE THE BLOOD MOONS

23 September 2017 Hoax like Blood Moons / 23 September 2017  Fiasko soos voorheen!

En die vyeboom bot!
Eschatology >>>
We have to get oil!

Die tyd raak min, maak maar seker jou eskatologiese vertrekpunte is korrek!
https://lifestylec.com/eskatologie-eschatology/

We have to have discernment when talking about Eschatology withstanding the apostasy in the contemporary church that The Word of God warns would precede the return of Jesus. With the Conviction that ……

Comments are closed.