Category: Christelik
Wat moet ‘n Christen glo?
Plekke waar goeie koring verkry kan word regdeur Suid-Afrika >>>
Die hele Woord van God is ’n betroubare Boek geskryf deur die inspirasie van God met mensehande! Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2Timotheus 3:16-17
Daar is geen twyfel dat die Bybel absoluut waar en histories korrek is nie. God is die uitvoerder van Sy Woord, wat nooit verander nie Psalm 147:15; Jeremia 23:29; Romeine 9:28; 2 Petrus 3:7 Dit is geskrywe dat God in die ou tyd gespreek deur die profete maar in die laaste dae spreek Hy deur Sy Seun wat die ware Logos of Woord is. Hebreërs 1:1-2; Johannes 1:1
Alhoewel die laaste dae begin het met die hemelvaart van Jesus is ons tans in die laaste dae voor Jesus se terugkeer. Dit is duidelik wanneer ons eindtyd profesieë bestudeer aan die hand van huidige gebeure wat regoor die wêreld plaasvind. Gebeure wat in die Woord van God voorskou is alhoewel daar nog baie profesieë is wat vervul sal word voor die laaste basuin sal blaas. 1 Korinthiërs 15:52; 1 Thessalonicense 4:16-18
Bereken die koste versigtig…
Dit is ongelooflik hoeveel mense die Here Jesus leer ken het deur net die Bybel te lees of te hoor en dan die Bybel te glo.
1 Thessalonicense 2:13 Deur hierdie lewensveranderende besluit te neem, het hulle besluit om ’n Christelike lewe te lewe volgens die wil van God. As ’n wedergebore Christen erken hulle nou die Here in elke aspek van hul lewens en soek Sy wil eerder as hul eie.
Moenie vir een oomblik dink dat dit altyd maklik is om ’n Christelike lewe te leef nie. Jy sal vervolg word vir jou geloof soos geskrywe in die Woord van God. Baie Christene regoor die wêreld ervaar intense vervolging terwyl u hierdie bladsy lees. Die Woord van God sê duidelik dat ons die koste moet bereken soos wanneer jy ’n nuwe toring of huis wil bou. Lukas 14:26-28
Bestudeer die Skrifte daagliks…
Dit geld vir elke Christen wat die nodige “berekeninge” gemaak het voordat hulle weggekeer het van die sondige natuur en hul bekeer en God sé genade aanvaar het. Handelinge 17:10-11 Gelukkig weet ons dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Romeine 8:28
Ons behoort ’n behoefte te hê om die Skrif daagliks te bestudeer en te praat met die Here terwyl ons voortgaan om ons redding uit te werk. Filippense 2:12 Ons beveel King’s evangelical divinity school in Engeland aan vir bestudering van die Bybel en korrekte hermeneutiek. Die Bybel is sonder twyfel die wonderlikste boek wat ooit geskryf is omdat dit God is wat met die mens praat. Die Heilige Gees het mense geïnspireer om woorde te skryf op grond van openbaringe van God.
‘n Lewende Woord…
Dit is daarom nie net ʼn boek van goddelike instruksie nie maar verskaf vertroosting in hartseer, leiding in verwarring en advies met hantering van ons daaglikse probleme. Ons word aangespreek as ons sondig en dit dien ook as daaglikse inspirasie vir elke behoefte. Die Here sê dat ons nie van brood alleen sal lewe nie maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Mattheus 4:4
Die Bybel kan lewens kragtig verander omdat dit ons wys hoe om in ’n verhouding met die Here betree en dienooreenkomstig te lewe.
Vox populi, vox dei
*”Vox populi, vox dei…” word verkeerdelik aangehaal as “Die stem van die mense is die stem van God…”, bedoelende dat populêre opinie altyd reg is.
Die volle aanhaling is egter, “Nec audienti sunt qui solet docere, ‘Vox populi, vox dei’; cum tumultuositas vulgi semper insanitas proxima est.”
Die letterlike vertaling is: “Moenie luister na hulle wat beweer, ‘Die stem van die mense is die stem van God’ nie, omdat die rumoer van die massas altyd na aan waansinnigheid is.” Vry vertaal van: (Cohen, J. M. & Cohen, M. J. 1960. Penguin Dictionary of Quotations.)
Job 12:11 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
Addisionele inligting: Leefstyl C funksioneer vanuit Pretoria (Gauteng), Suid-Afrika. Ons kan enige kliënt(e) akkommodeer vir ‘n leefstylverwante sessie, by ‘n plek gerieflik vir albei partye. Kontak Danie Strydom vir professionele leefstylafrigting en liniëring.
e-Sword Home
Romans by Jacob Prasch

Introduction to Romans | Part 1 Introduction to Romans | Part 2 | The Basics of the Gospel in Romans Romans 1 part 1 Romans 1 part 2 Romans 2 Romans 3 | Part 1 Romans 3 | Part 2 Romans 4 Romans 5 #6/7sealrapture, #6/7seelwegraping, #70steweek, #70thweek, #7seals, #7seels, #christelikenetwerk, #christen, #christiannetwork, #eschatologypretoria, #jacobprasch, #johnhaller, #laastedae, #lastdays, 70 weeks of Daniel, Afrigting, Christelik, christian, christian lifestyle, Daniel, discern good…
Die Deugsame Vrou en die ondertone van die Bruid van Christus
Afrigtingsdienste gelewer deur Leefstyl C / Coaching Services by Lifestyle C
Tennis Afrigtingsdienste gelewer deur Leefstyl C / Tennis Coaching Services by Lifestyle C

Tennis Afrigtingsdienste gelewer deur Leefstyl C / Tennis Coaching Services by Lifestyle C Leefstyl Tennisakademie / Lifestyle Tennis Academy Afrigting op alle vlakke / Coaching on all levels (Squad, Toernooi / Tournament Prep, Minitennis, Sosiaal / Social, Fiksheid / Fitness) Speler Ontwikkelingsprogramme en Strategie Being a Better Tennis Parent –…
Consecration of the Firstborn and Passover

Blessed Passover for all! ‘n Wonderlike Paasfees vir almal! Goeie verstaan van Palm Sondag – Good understanding of Palm Sunday! Consecration of the Firstborn by Jacob Prasch Jacob Prasch Passover & Paschal Theology The Grain Offering by Jacob Prasch Jacob Prasch – The End is Not Yet: Palm Sunday Feasts /…
Jerusalem – Jacob Prasch
Cullinan Uitrit
Kompak Christelik – Compact Christian

Kompakte bladsy met skakels na relevante Christelike onderwerpe en nuutste opdaterings. Compact page with links to relevant Christian topics and recent updates. Lifestyle C Christian Page https://lifestylec.com/christian/ Fellowship Bible Chapel Teachings / John Haller’s Prophecy Update https://lifestylec.com/fellowship-bible-chapel-teachings/ Remnant Truth Network (RTNTV – https://rtntv.org/Index) Teachings by Jacob Prasch https://lifestylec.com/teachings-by-jacob-prasch/ Prophecy Updates…
You must be logged in to post a comment.