Almal se vertrekpunte rondom Israel word getoets in hierdie dae waarin ons leef. Ons moet steeds bid vir vrede in Israel en dit weet ons sal slegs die Prins van Vrede bring. Hy sluimer of slaap nie en ons moet seker maak dat ons die Woord van die Here reg verstaan! Daar is baie Messiaanse Jode wat gered is. Die Jode wat nog nie gered is nie word voorberei vir ‘n suiwering deur die Here en dan sal ‘n klein hoeveelheid hul finaal keer na hul Messias voor die Here terugkeer. Die liggaam bestaan uit Messiaanse Jode en Christine uit alle volke. Die hele wêreld draai teen Israel en die vraag is of jy as Christen steeds steeds by Israel staan en die Here dringend vir hulle en vir onsself as Christene aanroep in hierdie laaste dae!
As jy dink die Here het geen rol meer vir Israel nie is jy mislei en jou tyd om jou teologie rondom hierdie vraagstuk reg te kry is min! Die Jode wat hul Messias nodig het en die ware Christene gaan dit moeilik hê in hierdie dae.
As jy ’n Christen is kan jy nie stilbly nie en jy kan nie net saam met die stroom gaan nie.
Ps 121 is waar vir Israel in hul Messias asook vir ons.
Psa 121:1 ‘n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
Psa 121:2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
Psa 121:3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Psa 121:4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
Psa 121:5 Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
Psa 121:6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
Psa 121:7 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
Psa 121:8 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.