Die simboliek van 27 Julie 2018 se Maansverduistering!

Het jy die waarskuwing van 27 Julie 2018 in die hemel gesien? Die dag van die Here waarvan in die Bybel gepraat word kom en daardie was een van die beste waarskuwende tekens ooit. Hoeveel mense was toe gereed sou dit daardie dag gewees het? As jy nie gereed was nie hoop ek dat jy nou is! Moenie kanse vat nie. Jou tyd kan vandag in allegeval uitloop so sorg dat jy naby die Here is en lewe tussen als! Kry olie vir jou lamp want jy gaan dit nodig kry!

Genesis 1

Genesis 1:13 En dit was aand en dit was môre, die derde dag.
Genesis 1:14 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
Genesis 1:15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
Genesis 1:16 God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
Genesis 1:17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde
Genesis 1:18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.

Psalm 136

Ps 136:3 Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid—
Ps 136:4 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Ps 136:5 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Ps 136:6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Ps 136:7 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Ps 136:8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Ps 136:9 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Psalm 148

Ps 148:3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

Prediker 12

Prediker 12:1 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie—
Prediker 12:2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,
Prediker 12:3 dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,
Prediker 12:4 en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word.

Jesaja 13

Jesaja 13:9 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Jesaja 13:10 Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
Jesaja 13:11 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.
Jesaja 13:12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
Jesaja 13:13 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.

Eségiël 32

Eségiël 32:8 Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.

Joël 2

Joël 2:31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom

Joël 3

Joël 3:13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
Joël 3:14 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
Joël 3:15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
Joël 3:16 En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel.

Mattheus 24

Mat 24:29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

Markus 13

Markus 13:24 Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
Markus 13:25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
Markus 13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
Markus 13:27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

Lukas 21

Lukas 21:25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
Lukas 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
Lukas 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid.
Lukas 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

Handelinge 2

Handelinge 2:19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
Handelinge 2:20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Handelinge 2:21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Openbaring 6

Openbaring 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
Openbaring 6:13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
Openbaring 6:14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
Openbaring 6:15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
Openbaring 6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
Openbaring 6:17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?


Laat ons vasbyt, die wedloop voltooi en uitsien na die hemel! 

Jesaja 60:19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.

Openbaring 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

Openbaring 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
Openbaring 22:21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.


En die vyeboom bot! The fig tree is in blossom!

Vyeboom bot Leefstyl C / Lifestylr C
Eschatology >>>
We have to get oil!

Die tyd raak min, maak maar seker jou eskatologiese vertrekpunte is korrek!

Larkin-Charts-Daniel-and-Revelation Lifestyle C / Leefstyl C
We have to have discernment when talking about Eschatology withstanding the apostasy in the contemporary church that The Word of God warns would precede the return of Jesus. With the Conviction that ……

Comments are closed.