Geestelike Oorlogvoering, Is dit reg om te Oordeel en ander Afrikaanse Stukke deur Jacob Prasch

Geestelike Oorlogvoering, Valse Charismatiese Leerstellings, Kultusse, Is dit reg om te Oordeel, Tipologie van die Tempel. 

Afrikaanse Leerstukke Moriel >>>


Geestelike Oorlogvoering deur Jacob Prasch

Kan ons sop eet met ‘n vurk? Baie moeilik! maar as ons die regte eetgerei gebruik dan sal dit nie vir ons ‘n probleem wees nie.

As ons rondom ons kyk na baie van vandag se gemeentes, dat sien ons dat daar baie klem gelê word op geestelike oorlogvoering. Die Here het vir ons baie wapens, strategie en gereedskap gegee om te doen wat van ons verwag word.

Die algemene probleem met die wêreld van vandag is Oosterse gelowe soos Islam ens. en om teen hierdie dinge op te tree is dit duidelik dat mense die verkeerde wapens gebruik, maar die oomblik as mense begin bewus word dat hulle sop eet met ‘n vurk, dan vind hulle uit dat daar iets drasties verkeerd is. In baie opsigte probeer die kerk om Bybelse riglyne te gebruik as ‘n wapen vir geestelike oorlogvoering, maar hierdie wapens of gereedskap was nie vir die doel waarvoor hulle vandag gebruik word nie. Daar is Bybelse riglyne en toepaslike Skrifte vir geestelike oorlogvoering, wapens en strategie wat vir ons gegee word vir ‘n sekere doel.

Die vraag is, gaan dit oor streeks vorste (geeste), hemelse kragte, sonde, en booshede in regerings en in die wêreld?

As ons kyk na die sedelike en morele verval op alle gebiede, na 30 jaar van Charismatiese herlewings, dan is dit al te duidelik dat die wapens wat gebruik word, nie in hulle doel slaag nie. In die laaste 30 jaar is al wat ons gesien het die opkoms van die Nuwe Wêreld orde (New Age) beweging wat die Westerse Christendom op die geestelike front vervang het.

Die Charismate het katagories gefaal om herlewing te bring. Misdaad is buite beheer, anargie, homoseksualisme, kindermishandeling, aborsies en booshede is aan die orde van die dag.

Het dit nie met ons 30 jaar terug beter gegaan voor hierdie ‘herlewing’ nie? Algemene verval in die kerke is aan die orde van die dag, en die Nuwe Wêreld orde beweging is reeds op die voorgrond, maar steeds word die verkeerde wapens gebruik. Enige mens met ‘n redelike intelligensie sal vir jou sê dat daar beslis iets drasties verkeerd is! Is dit nie merkwaardig dat na 30 jaar, die Charismatiese en Pinkster kerke nog nie tot die besef gekom dat dinge verkeerd is nie?

Bybelse weergawe van Geestelike oorlogvoering:
Dan.10:2?3: “In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur. Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was”.

Ons sien dat Daniël, toe die engel van die HERE by hom kom, het hy, Daniël, vreesbevange op sy aangesig neergeval. Daniël het nie histeries en laggend op die grond neergeval en rond gerol soos vandag in die Toronto ‘herlewings’ gebeur nie. Wat in vorige herlewings gebeur het, het absoluut niks in gemeen met wat hulle vandag ‘Val onder die Krag van die Gees’ (Slain in the spirit) noem nie. Dit is glad en geheel nie die gedrag en ‘gewoonte’ wat ons in die Bybel sien nie. Johannes en Daniël was albei vreesbevange, hulle het nie histeries gelag en op die vloer rondgerol, en vloermat diens gedoen nie!, dit is totaal onbybels!

Die persone wat Jesus gearresteer het, het agteroor geval, maar al die ander kere het die mense vooroor geval.

Dan.10:11-13 “En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan. Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië”.

Die Woord van die HERE verbind altyd geestelike hemelse gevegte met wat ons op die aarde sien, en anders om. In die gesig van Sagaria, van die hoë priester en die koning, het Satan sekere aanklagte gemaak, Satan het voor die Troon gestaan net soos met Job. Net soos in die hemel, gebeur dinge ook op die aarde. Satan was uitgewerp op die aarde, en ons het hier ‘n verbintenis van wat in die hemel gebeur. In Openbaring sien ons hierdie worsteling wat in die hemele en op die aarde plaasvind, en dit is wat gebeur in geestelike oorlogvoering.

Die Bybel praat van staats of koninkryk vorste (principalities) en nie gebieds (Territorial spirits) vorste nie, alhoewel ons dit so kan beskryf. Daniël sien die Bose magte oor die moderne Iran van vandag. “Die vors van Persië”

In Gádara (Mark.5?) toe Koning Jesus die duiwels uit die besetene uitgedrywe het, het hierdie duiwels vir Koning Jesus toestemming gevra om hulle nie uit hierdie gebied weg te stuur nie, hierdie bose geeste was gebiedsgebonde en hulle het in hierdie gebied geheers, en hier het ons ‘n Bybelse bewys vir so ‘n geval. Hoe hanteer ons dit, en hoe hanteer ons dit nie? Dit is baie moontlik dat hierdie selfde bose magte wat Daniël gesien het, vandag nog oor Iran bedrywig is.

Daniël het gevas en gebid vir drie weke voordat hy hulp ontvang het. Vandag kom daar iemand soos Peter Wagner van Kalifornië en besluit om te heers oor so ‘n streek, en hierdie geestelike probleem is opgelos in drie sekondes? Hulle dink dit is so maklik! Nee! Duiwels is baie kragtig, en sommiges is sterker as ander.

Jesus sê: “Hierdie geslag gaan nie uit sonder vas en gebed nie”

Onbybelse idees.
Voordat ons uitvind wat Bybels is, laat ons eers kyk wat onbybels is.

Wat leer die Woord van die HERE ons oor vasmaak en losmaak (Binding and Loosing) (Hand.17:16: “En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was”.

Paulus was hier in die middelpunt van die heidense gelowe. Rome het na Athéne gekyk vir sy kultuur, opvoeding en godsdienstige filosofiese idees, wat onderandere van Griekeland, maar hoofsaaklik van Athéne gekom het.

Dit het begin by Nimrod in Babilon, en daarvandaan is dit deur die Grieks?Romeinse kuture in die streke van Pergamus, en vandaar is hierdie denkes in die algemene Westerse kulture opgeneem. Athéne was die middelpunt van afgode aanbidding en tempels, en dit is van hierdie tempels waarvan Paulus praat.

Inderdaad het Paulus elke dag in die Joodse sinagoges en op die markte met God vresende Heidene gepraat. Krishna, Brahma, ens. is almal duiwels, maar wat doen Paulus???Ek maak jou vas! Ek maak jou los! Ek neem al die gesag oor jou in Jesus Naam! Wat het mense soos John Dawson en Peter Wagner (en andere) oor hierdie saak geweet wat Paulus nie geweet het nie? Wat doen hulle? Hulle eet sop met ‘n vurk!! Die “bevrydings” bewegings se dwaal leraars gebruik hierdie gereedskap om hulle koffers vol te maak, en die mense is te blind om te sien dat dit nie werk nie! Hierdie is die ‘Kingdom Now’ beweging. Dit is teen hierdie valshede wat Koning Jesus ons gewaarsku het. Die Twee pilare, met twee fondasies:

Oordrewe Calvinisme

Post Millennium Herbouers

Koning Jesus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie, en elke keer as die mens die Woord van die HERE gebruik om sy sosiale basis te herbou op die Wet van die HERE, dan bring dit Geestelike en Teologiese dood, en ‘n algemene morele en sosiale verval in die kerke.

Ons gebruik riglyne soos die gebede van die Heiliges wat absoluut Skriftuurlik is om ‘n morele invloed op gemeenskappe en regerings te weeg te bring. Die vraag is: Doen ons dit om Koning Jesus se koninkryk op hierdie vervalle wêreld op te rig? Nee! Koning Jesus se Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie!

Oordrewe Charismania ekstremiste is die middelpunt waarop hierdie dwaalleer gebou word, en hierdie soort geestesgesteldheid is totaal onaanvaarbaar en moet vermy word.

Daar is tye wanneer die Ark se deur toe is en dit is in hierdie tye dat ons net moet stil wees en ons kragte herwin met dit wat oorgebly het.

Ons is nie veronderstel om in hierdie laaste dae op verdediging te gaan nie, ons is veronderstel om in vrede en blye afwagting op te kyk, want ons Redder is oppad! Maar ten eerste, voordat hierdie blye dag aanbreek, moet die Evangelie van die Koninkryk gepreek word. Al hierdie valse lerings is totaal ongebalanseerd en veroorsaak afval! Paulus het in die skadus van die demone die Evangelie gepreek, en hier sien ons dat ons eerste wapens om hierdie demoniese bose magte van die duisternis te oorwin wat oor ons sosiale basis heers, die prediking van die Evangelie is en om van die Waarheid te getuig. Hierdie staptogte vir Jesus wat deur valse leraars soos Roger Foster, en nou ook hier by ons deur sy volgelinge

gelei word, verwar die mens so dat hulle dit betwyfel of daar ‘n hel is! Hoe kan ‘n mens seker wees van redding, of van die hel as hy tussen sulke leiers verdwaal waar daar geglo word dat vir die dooies gebid kan word, wat ‘n gruwel is volgens die Woord van die HERE. Mense glo dat hulle deur die vae vuur (Reinigingsvuur) moet gaan vir hulle sondes nieteenstaande die feit dat Koning Jesus se Bloed ons reinig van álle sonde.

As u glo in ‘n ander verlosser en redder, neem dan maar deel aan hierdie optogte vir Jesus, wat hulle dink ‘n teenvoeter is vir die Bose magte. Wat gister politieke oproere was, is vandag misdaad. Daar is pornografie en hoerery op die televisie en wettige aborsies, en geestelikes soos Desmond Tutu wat sê dat daar nie meer geglo kan word aan die Maagdelike Geboorte van Jesus nie en dat dit tyd is dat Homoseksuele en Lesbiërs in kerklike ampte georden kan word. Islam verklaar dat hulle ‘n agenda van God ontvang het om die misdaad probleem op te los en die morele standaarde in die gemeenskappe te herstel omdat Judaisme en die Christendom sedelik en geestelik bankrot is. Daar bestaan vandag geen Christelike toekoms meer vir ons kinders nie, dit is die realiteite. Islam kan nou doen wat die Christendom nie meer kan doen nie! Hierdie toestande heers vandag omtrent wêreldwyd in Christen gemeenskappe, en nog dink baie mense hulle kan histeries op die vloere lê en lag en rondrol omdat God wonderlike dinge vir hulle doen? Hierdie is die geestesgesteldheid van die Rodney Browns in verskeie wêrelddele, maar die vraag is: Watter God / god doen hierdie wonders en tekens?

Ander sê: “Maak vas, maak los” Spreek mag uit oor julle gebied, hou Jesus optogte! Hulle eis en bind alles wat hulle wil hê, soos die New Age, Islam, Homoseksualisme en misdaad, maar al wat ons sien is die herlewing van Heksery en stam afgodsdienste wat van krag tot krag gaan, en nie die kerk nie! Dit is absoluut sekerlik nie die Evangelie nie. In opregte veldtogte vir die Koning moet bekering en redding plaasvind en nie hierdie snert nie! Die Bloed van Jesus en die Krag van die Kruis is ons verlossing vir al ons sondes.

Sonder opregte Waaragtige Teologiese Kennis bestaan daar geen ander weg om onse HERE te verheerlik nie. Het ons nie na 30 jaar genoeg van al hierdie snert en leuens nie?

Charismania het nie gewerk nie. Geestelike oorlogvoering is buite die konteks van die Woord toegepas. Omdat die klem op die leiers begin val het, het die leiers onder die invloed van Gnostisme gekom, en het dit gelei tot die misbruik van die Skrifte en die opkoms van die Nuwe Wêreld orde waar die mens God geword het. Vandaar die denke van die vasmaak en losmaak dwalings wat in die plek gekom het van die Evangelie, en so het sedeloosheid, Islam en die New Age beweging in die kerke ingekom. Valse leerstelling gaan van krag tot krag en die kerke gaan van afval tot vervalle, die valse leeraars vertel die mense om te lag en op die vloere rond te rol en mat dienste te doen, en dat die god van hierdie wêreld wonderlike dinge doen.

Die Duiwel ken sy werk, en hy sal sy agente van misleiding soos Gerald Coates en sy volgelinge in die Liggaam van Christus instuur om hulle te mislei, en vir die mense vurke gee om sop te eet, want hulle dink dit is God wat wonderlike dinge doen. Alles gaan ten gronde maar steeds laat die leiers, en die broers, en die susters, toe dat hierdie verleiers met hulle fantasieë en mistieke denkes hulle huise bewoon.

Geestelike oorlogvoering
Matt.12:25?30: “Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi”.

Die misleiding en verwaandheid
Om vas te maak, te bind (Deo) (Tie/Bind): Die verklarings metodiek van Lucifer, wat gekom het as die engel van die lig.

In Matt. 4:1?11 haal Satan die Skrifte buite konteks aan net soos wat hy met Eva gedoen het. Die slang het die vrou mislei???geestelike verleiding. Satan het dit met Adam en Eva gedoen en het dit ook probeer doen met Jesus. Hoe het Koning Jesus gereageer? Die hele argument van Satan met Koning Jesus kom uit die Boek Deuteronómium wat Satan buite konteks aangehaal het, maar waar Koning Jesus Deuteronómium binne konteks aangehaal het: “Dit is Geskrywe”. Satan lag vir die Christene wat hierdie Skrif buite konteks aanhaal.

Wat is die konteks van Matt.12:29: Dit is om die sterk man te boei of vas te maak?

Die konteks vertel ons dat hulle Koning Jesus daarvan beskuldig het dat Hy duiwels uitdrywe deur die krag van Satan. Die konteks is die uitdrywing van duiwels. Hierdie is die naaste wat daar aan Laster teen die Heilige Gees gekom is, nie die definisie nie, maar die voorbeeld daarvan. Die geestelike leiers het dade wat hulle geweet het, dat dit van God is, toegeskrywe as dade van Satan om hulle geestelike en sosiale stand en finansiële posisies te beskerm. Hulle het willens en wetens hulle posisies in die samelewing gebruik, net soos vandag, om mense teen die waarheid te laat draai vir eie gewin. Valse leraars wat hulle volgelinge vertel om weg te bly van mense wat teen hulle verdraaings preek of optree. Persone soos John Kilpatrick, Steve Hill, en leiers van Toronto / Bronsville en van AOG. Hierdie is Christen leiers van die Toronto Bronsville beweging wat hulle wortels in die Toronto dwaling het, en hulle weet alte goed dat diegene wat hulle teenstaan die waarheid praat, maar hierdie valse leiers beskerm hulle belange en beleggings.

Van duiwelsbesetenheid kan so ‘n persoon gered word, maar nie voordat die duiwels eers uitgedrywe is nie. Hierdie is geen grap nie! Duiwelbesetenheid gaan gepaard met onnatuurlike gedrag, en al die algemene karaktertrekke van sulke gevalle kan in die Nuwe Testament gevind word en sal help om volgens die riglyne van die Bybel, vastestel wat die egtheid daarvan is. As u die gawe van onderskeiding van geeste ontvang het, dan sal so ‘n geval altyd volgens die riglyne van die Woord van die HERE geonderskei kan word. Sekere merkbare tekens soos waar mense hulleself in vuur werp, hulle liggame stukkend kerf en tussen grafte bly, is tekens. Dan is daar dinge soos bomenslike krag en bonatuurlike intelegensie wat die gawes van die Gees namaak, woorde van kennis deur die krag van demone, van al hierdie dinge is daar voorbeelde in die Skrifte. Ander kentekens is fisiese ongesteldhede sonder enige mediese gronde, en wonders en tekens deur bose magte. Lees die inligting van Dr. Kurt Koch: “Not these morons today.”

In gevalle van duiwelbesetting is die persoon se gees ingeneem deur ‘n bose gees en die Heilige Gees kan nie hier inwoon voordat hierdie bose gees uitgedrywe is nie, en deur net te getuig aan so ‘n persoon sal hom nie red nie. Om die sterk man te boei of vas te maak, is waar, maar die bogenoemde voorbeeld is ook waar.

In Matt. 16:17?19 sê Jesus: “Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar?Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots (Kennis van Koning Jesus Christus, die Seun van die Lewende God) sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees”.????Dan waarsku Jesus die dissipels dat hulle aan niemand bekend mag maak dat Hy die Christus is nie. Hierdie is die basis van die Rooms Katolieke dwaalleer,??hulle leer dat Petrus die eerste Pous was, en dat Petrus die rots is, en die Pous kan doen wat hy wil omdat hy die sleutels het! Dit wat hy bind sal gebonde wees en wat hy losmaak sal ontbonde wees. Petrus, in Grieks, beteken ‘klippie’, en die ROTS is Christus.

1Kor.10: 1?4: “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike ROTS wat gevolg het, en die rots was Christus”.

Martin Luther se argument was dat om tot bekering te kom, en nie boetedoening nie. Nie een van die vroeë kerkvaders het gesê dat Petrus die ROTS was nie, hulle het almal saamgestem dat Jesus die ROTS was. En al was Petrus die rots, (maar hy was nie) hoe kon hy hierdie gawe oordra na ‘n volgende persoon of pous?

Ons sien in Gal.2 dat Paulus vir Petrus in die openbaar bestraf het??(Paulus bestraf die Pous??) en in Hand. 15 is dit Jakobus wat optree en nie Petrus nie. Jakobus was ook die sameroeper van die eerste vergadering en nie Petrus nie. En hoe is dit dat dit Paulus was wat die Brief aan die Romeine geskrywe het en nie Petrus nie? Petrus se bediening was gerig op die Jode. Die Katolieke het geen Bybelse bewysreg dat Petrus die eerste pous kon gewees he nie.

Die gee van hierdie sleutels het niks tedoen met Pouslike of menslike gesag nie, want daar was twee tot drie families met meer as een pous terselfdertyd, afhangende van watter pous die meeste geld en grootste leermag gehad het, en hulle het ‘n minderwaardige pous ‘n antichris genoem.

In Openbaring 3:7?11 sien ons dat hierdie sleutels tedoen het met gesag: “Wie het die sleutels van Dawid.”: “En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg. Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie”.

Filadelfia was ‘n goeie kerk, met min krag, nie soos die kerke van vandag wat al hoe meer krag en gesag wil hê nie. Koning Jesus het vir die gemeente in Filadelfia ‘n geopende deur gegee wat niemand kan sluit nie omdat hulle min krag het. Hierdie mense was/is die getroue Christene, een van die beste kerke, en Christus sê vir hierdie kerk: Julle het geen krag nie, daarom sal Ek die Deur vir julle oopmaak.

Jesus Christus het hierdie sleutels en Hy het hierdie sleutels vir niemand anders gegee nie. Met hierdie sleutel maak Hy oop en maak Hy toe.

Opb.1:17?20: “En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur; die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes”

In vers 18 sien ons dat Koning Jesus die sleutels van die doderyk en die dood het, en net Christus kan bepaal wie hel toe gaan en wie nie!. Die Pous en ander beweer dat hulle hierdie gesag en mag het, hulle is leuenaars, en Satan is hulle vader!

Luk11:52: “Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder”.

Hier sien ons mense wat hulle kennis én die kennis van die Skrifte misbruik om vir hulle ‘n finansiële en ‘n politieke magsbasis opterig wat vrees en gesag, en die mag van lewe en die dood en die hel oor onskuldige mense bring, net soos die middeleeuse pouse. Hoe durf ons, ten spyte van hulle korrupsie, teen hulle optree, want hulle sal die die dood en die hel oor jou uitspreek!

Nou is dit nie meer net die Pous wat dit doen nie maar ook die leiers van die verligte Pinkster en Charismania bewegings! Die mees gevaarlikste beweging in die wêreld van vandag is die Antichrisgees: Dit is die mens wat in homself God geword. Hierdie dinge kom nie nou net meer voor in die Katolieke stelsels nie, maar ook in die Kingdom Now teologie bewegings, en een van die gevaarlike mense se naam is Earl Paulk van die Verenigde State.

Die Griekse terme vir antichris beteken nie noodwendig ‘teen’ Christus nie, dit beteken : “In die plek van”?Christus. Dit is iemand wat optree in die plek van Christus, as Christus. Ons het net Een Waaragtige Tussenganger tussen ons en Koning Jesus, en Hy is die Heilige Gees, die Trooster, en geen mens kan dit wees nie. (Joh.14:15 – 17/16:7 – 11) Wanneer iemand homself in die plek van die Heilige Gees plaas, en hy beweer dat hy Christus is, dan is hy die Antichris.

Die Pouslike titel: Vicarious Chrestos, as dit in Grieks vertaal word beteken letterlik: Anti?khrestos, en elke Pous wat hierdie titel dra erken daardeur dat hy die Antichris is! Hierdie is nie net ‘n pouslike instelling nie, want Earl Paulk sê hy komunikeer ook met die doderyk.

Hy sê: “Ek weet wat die Bybel leer met betrekking tot heksery, spiritisme en geeste, maar vir elke valsheid is daar ‘n egte gebeurtenis. (Let op: Hy begin met die valsheid.) Die Woord van God is die Waaragtige, dus laat ons met die Waarheid begin. Die valsheid is teen die Woord van God. Ons weet wat die Waarheid is!” Kan u hierdie soor logika verstaan, dit is teenstrydig met die rede!

Wanneer u na persone soos Earl Paulk, Kenneth Copaland, Rodney Howard Browne luister, dan is teen dit wat logies is. Hulle probeer die valsheid gebruik om die waarheid te vind, deur met dooies te kommunikeer, soos met die wolk van getuienis wat buite konteks aangehaal word om te beteken dat ‘n mens met die doderyk kan kommunikeer, net soos wat die Roomse Katolieke praat met die afgestorwe heiliges en geeste van naasbestaandes! Hierdie is ‘n gruwel voor God. God het Sy Gees van Saul af weggeneem toe hy die Heks van Endor geraadpleeg het, en Saul was deur hierdie daad tot die verderf verdoem. Hierdie mense maak daarop aanspraak dat hulle openbarings kennis van afgestorwenes ontvang soos wat Earl Paulk daarop aanspraak maak wat hy van sy afgestorwe suster ontvang het!

Benny Hinn beweer dat hy ‘n salwing ontvang het van die doodsbeendere van Amiee Semple Mcpherson en Kathryn Kuhlman. Earl Paulk sê hy het met dooies gepraat.

Elke valse godsdiens in die wêreld sê: Die Bybel en???, die Bybel en???. Die pous en die Katolieke, en die Mormoonse kerk, en die Jehova Witnesses ens, ens. Die Woord van God en tradisies, en uitvindsels van mense. Wat het Christus gedoen met die uitvindsels van die mens? Hy het dit veroordeel. Dit is die Woord van God en niks anders nie. Die Fariseers was veroordeel omdat hulle die gebod van God én hulle menslike uitvindsels vir die mense geleer het. Satan het geprobeer om die Jode (en baie ander) te oorreed om terug te val na Judaisme, om sodoende alles weer terug te plaas onder die wet.

Om alles te verheidens.
Die Oosterse ortodokse, en die Katolieke bewegings het alles verheidens deur mense eers tot Judaisme, onder die wet, te bekeer. Earl Paulk sê dit is die stemme van die ou profete wat met hom deur die stem van God praat, en as jy nie saamstem met die stem van God nie, dan is jy ‘n antichris!

Hierdie valse leeraars en profete sê dat diegene wat hulle teenstaan die antichris is! Oral Roberts, Earl Paulk, Jim Bakker en Kenneth Copeland wat sê dat hy op die kruis kon gesterf het in plaas van Christus! En as jy teen sulke dinge dit is, dan is jy in die gees van die antichris! Hulle sê dit is God wat praat, en wat jy sien is Jesus Christus, en nie diegene wat jy werklik sien nie!. Ja, ons sal wees soos wat Hy is, Christus in ons, maar sal ons Christus wees? Nee, absoluut nie, dit is die antichris. Hierdie dinge het in die Katolieke stelsel begin en vandag is dit ook in die midde van die verligte Charismatiese en pinkster bewegings wat alles in die gees van die antichris is. Daar is baie antichriste, en hulle almal stel hulle in die plek van Christus, Koning Jesus waarsku ons dat daar baie valse christusse sal kom, hulle is vandag

met ons. Daar is net Een wat in die plek van Christus is en Hy is die Heilige Gees, die Enigste Gesag waaraan die Woord van God geanker is.

Sleutels van Gesag.
Wat hierdie godsdienstige wetgewers sal probeer doen, maar wat die Katolieke nog altyd doen, is om hierdie gesag te herdefinieer en dit vir eie gewin aan te wend om sodoende hulle gesagstrukture, op die sosiale, politieke en finansiële gebiede af te baken.

Matt.23:13/28: “Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid”.

Die sleutels.

Die eienaar van die wingerd, Matt.21:33, Koning Jesus se verklaring van Jes.5. Wat is die betekenis van gebonde, om vas te maak, te bind, en om los te maak volgens Matt.16. Hand.15:13?14 / Amos 9:11/ Jerm.12:15. “Jakobus sê, Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is”.

Hierdie was Jakobus wat gepraat het en nie Petrus nie, en hoe die Katolieke dit kan verdraai en sê dat dit Petrus was wat dit gespreek het, weet net hulle! Dit is hoekom die Katolieke die Bybel onder andere, wil verban.

Hand.15: 22-23: “Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was. En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!”

Hier sien ons dat die broeders almal saamgestem het, Jesus het die Sleutels, die Kennis, aan die Apostels gegee om die Skrifte te verstaan. Hand.15 is om vas en los te maak, en hoe die Sleutel gebruik word.

Hand 15 sê baie duidelik dat hierdie sleutels die Kennis van die Woord van die HERE is. Hoe en wanneer word hierdie Sleutels van Kennis gebruik, wat maak hulle vas, Die gebod is: Bewaar My Gebooie. Wat het hierdie sleutels los gemaak, Dit het die mens losgemaak van die wet van Moses, want Jesus het die Wet vervul.

Die mens het die Woord van die HERE aangepas tot eie gewin. Dit is wat Jeremia en Amos bedoel het. Nou het ons die Sleutels van die Kennis, nou verstaan ons die Skrifte. Die Rabbis het hulle Messias verwerp en in ‘n dwaling gegaan, nou het ons die Gesag, ons kan los en vas maak. Maar wanneer die Apostels hierdie gesag gebruik het, was dit nie om as heersers oor mense op te tree nie, nee, hulle het altyd hierdie gesag gebruik om valse leerstelings teen te staan. Die kenmerk van Apostoliese Gesag is altyd die Skrifte.

Die Skrifte is gegee om dwaalleringe te weerspreek (Gal, Kol., Thess.??dit is altyd Skriftuurlik) Hulle het die Sleutels van Kennis ontvang, en dit was altyd in ‘n meervoud vorm en Skriftuurlik. Hulle het altyd die Skrifte verheerlik omdat hulle dit verstaan het.

Matt.18:15/20: 18: “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar”. (Lees Deut.19:15-21 ooreenkomstig).

Kyk na die konteks: Hier gaan dit om na jou broer te gaan oor sonde, en nie oor Skrifte nie, en as iemand wyer om hom te bekeer van sy/haar sondes, dat kan daar gebind of losgemaak word! Wat beteken dit, en hoe word dit aangewend? Nie soos wat dit vandag gedoen word nie. Ons moet die opdragte van Jesus en die res van die Bybel lees deur die oë en leringe van die Apostels, en die Send Briewe moet gesien word as geïnspireerde Komentaar, deur God gegewe. Die Send Briewe vertel ons in die mees praktiese wyse wat die res van die Bybel vir ons beteken, en om te verstaan wat die Apostels bedoel het.

1Kor.5:1-5: 1: “‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit”. (Baie leiers sal hier nie saamstem nie } ‘Jy mag dit wat ons sê nie oordeel nie’) “Want wat my betref, (Die Apostel) het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het, in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus??om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus”.

Wat doen Paulus hier? Hy gee hierdie mens oor aan Satan, hy gebruik die gesag wat hy ontvang het, vir die vernietiging van die persoon se vlees. Hy plaas hierdie persoon in gebondenheid, hy maak vas. (Binding) Wat is die konteks van gebondenheid en ongebondenheid? Wat is die konteks van Matt.18; As die mens hom nie wil bekeer van sy sondes nie, dan het die gemeente die gesag om saamtestem dat so ‘n persoon onder ‘n oordeel gaan kom, hulle het die persoon in gebondenheid geplaas, hulle het hom/haar geboei, nie met die bedoeling om hom te vernietig nie, maar met die doel om te sien dat so ‘n persoon tot bekering moet kom. Kyk na die konteks: Die middel tot herstel of redding van ‘n siel is: Plaas hom / haar in gebondenheid. (Maak vas) Dit is om ‘n oordeel oor so ‘n persoon uitespreek.

Ons het by drie geleenthede gesien waar Koning Jesus die term ‘bind’ (Deo) gebruik. En dit het geen verbintenis met wat vandag gedoen word nie,

Om duiwels uit ‘n ongeredde mense uit te drywe.

Apostoliese gesag word gebruik om die Woord van die HERE te verklaar. Onsedelike onbekeerde sonde in die Liggaam van die gemeente.

Rom.7:2-3: “Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde (Deo?gebonde); maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie”.

Om te verstaan wat die betekenis is van om vry te wees van die wet van sonde en dood, die Mosaïse wet waar onder alle mense is, is soos volg: Die Jode is meer aanspreeklik omdat hulle die wet ontvang en neergeskrywe het as ‘n Lig vir die Heidene. Die Godspraak en redding was eerste vir die Jode en hierdie verantwoordelikheid was op hulle geplaas. Die wet van Moses leer vir ons dat ons ‘n sondige natuur het, daar is niks verkeerd met die wet nie, want die wet vertel ons wat ons is.

Die wet maak dit vir ons duidelik dat ons ‘n Messias nodig het, en ons het ‘n sterker wet nodig om ons van die eerste wet te verlos. Ongeredde mense het geen keuse nie, hulle moet sondig, gelowiges is nie meer onder die wet nie, en ons behoort nie te sondig nie omdat ons onder die Krag van die Heilige Gees is.

Christene sondig, maar hulle het ‘n keuse wat die ongeredde mense nie het nie, want ons is gebonde aan ‘n sterker wet, ons het die Heilige Gees, en net soos vir die Jode is ons meer verantwoordelik vir ons sonde as die ongereddes. Die wet is ons tugmeester en leer dat ons ‘n Messias nodig het om ons te red. Die doel van die wet was om ons daarvan bewus te maak dat ons nie die wet kan onderhou nie.

Die Evangelie maak los, en skenk vergifnis, en ons ontvang vergifnis. Ons kan die sonde bind, (vasmaak) en die vlees oorgee tot verderwing deur die Satan, maar nie voordat bekering plaasgevind het nie, en deur die Evangelie van Jesus Christus en bekering word die mens losgemaak van die wet van sonde en dood.

Die Evangelie van Koning Jesus is ons redding, en diegene wie se sonde ons vergewe, sal vergewe word, en hulle wie se sondes ons nie vergewe nie, sal nie vergewe word nie. Die denke dat hierdie ‘n Roomse Katolieke sakrament is, is belaglik. Daar bestaan nie iets soos boetedoening, selfkastyding of iets soos om te vas, of om aflaat skuld te betaal, in die Bybel nie. Jou werke kan jou nie red nie, hierdie dinge het nie in die vroeë kerk bestaan nie. Dit was ‘n Babiloniese denke om jou sondes aan ‘n Babiloniese priester te bely.

Daar was ook nie gebid vir die dooies, of vir Maria, in die opset om haar as ‘n mede redder voortestel nie. Daar was ook nie ‘n Pous nie, maar daar was en is Bekering., mense wat die een die ander om vergifnis gevra het vir dit wat hulle verkeerd gedoen het, maar nooit het hulle na ‘n priester gegaan vir vergifnis nie!. Sulke optrede was en is nie in die Boek Handelinge of in enige van die Send Briewe opgeteken nie! Hierdie dinge het later gevolg, en dit was en is menslike uitvindsels, Hoekom? Dit is en was gedoen vir dieselfde rede waarom die Fariseers dit gedoen het: Vir Geld, mag en gesag. Dit is dieselfde rede waarom baie van die kerke van vandag dit ook doen.

Om Mense vry te maak.
Luk.13:10-17 “En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop ‘n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie. Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?

“Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan??dink daaraan! ??agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie? En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het”.

Demoniese gebondenheid kan mense in gebondenheid plaas (Vasmaak) Hierdie vrou was nie demonies besete nie, maar demonies gebonde (Gebind) en hierdie demone kan ‘n mens siek maak. Ja, daar is gawes van genesing. Ja, ons kan die siekes salf. Ja, ons kan bid en ons kan doen wat Koning Jesus gedoen het.

Hy het die vrou die hande opgelê en sy was onmiddelik verlos van die demone. Niemand het gesê dat ons nie kan losmaak in so ‘n situasie nie. Jesus het nooit gedoen wat Hy Sy Vader nie gesien doen het nie.

Luk. 5:17: “En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees”.

Ons kan bid en met olie salf vir genesing, maar As iemand ‘n siekte het wat deur sonde veroorsaak is soos in Jakobus en Psalm 32: (My gebeente uitgeteer) maar net as die mens sy sonde met ‘n eerlike en opregte hart bely, eers dan sal die siekte wyk, want die siekte was die oorsaak van die sonde, maar, as jy mense gaan vertel om uit ‘n doodsbed of doodskis, of uit ‘n rolstoel uit optestaan dan moet jy absoluut seker wees dat die Krag (Dunamis) daar teenwoordig sal wees, want dit is wat Koning Jesus gedoen het! Jy sal absoluut daarvan seker moet wees dat die Heilige Gees jou gelei het om hierdie daad te verrig! As die Heilige Gees jou gelei het sal dit gebeur, maar, as die Heilige Gees jou nie gelei het nie, dan sal dit nie gebeur nie! Koning Jesus het net gedoen wat Hy Sy Vader gesien doen het.

Paulus het drie keer gebid dat die Here hom moet verlos van die demoniese verdrukking, maar God het Nee gesê, want God se genade was daar. God het Paulus onder hierdie toestand gelos vir Sy eie redes.

Ons kan net doen wat onse HERE ons beveel om te doen, en die Here sal nooit toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie. Ons kan bid, ons sondes bely en as jy waaragtig en opreg in jou hart glo, dan sal jy gered word. Die Here se genade sal daar wees, want daar is sekere dinge wat altyd vir ons daar sal wees, en daar is sekere dinge wat in sekere situasies nie vir ons daar sal wees nie, want wat ons in sekere situasies sal doen, is absoluut bepalend deur die leiding van God. Ons kan nie vasmaak en losmaak soos ons wil nie, dit is belaglik.

Joh. 11:44 Lasarus in die graf; Maak hom los, en Lasarus wat dood was het uitgekom. Lasarus was aan sy hande en voete gebind met grafdoeke, en sy gesig was ook toegedraai met ‘n doek, en Jesus sê: “Maak hom los en laat hom gaan”

Soos wat George Whitfield uitgevind het was dit die perfekte beeld van wat gebeur met die redding van ‘n mens. Wanneer ons vir ‘n ongeredde getuig dan is dit: Rol weg die steen, Lasarus het uit die graf gekom, en maak hom los,. Al wat ons as mens kan doen is om die steen weg te rol, dit beteken dat ons dit moontlik maak dat die ongeredde persoon die Woord van die HERE, die Stem van Koning Jesus kan hoor. Ons kan aanmekaar getuig en getuig aan iemand wat ongered is, maar totdat hierdie ongeredde persoon nie self die Stem van Koning Jesus hoor nie, sal hy/sy nie uit die graf kan kom nie. Dus as ons getuig rol ons net die grafsteen weg. (Dit is ook die pragtige kenmerk van die Joodse mannier van Skrifuitleg?Midrush)

Joh.10:14-15 / 27-30: “Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

“En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een”.

Al wat ons kan doen is om te getuig en om ‘n voorbeeld te wees en die res is alleenlik deur die genade van God. Somtyds gebeur dit dat daar baie ernstige dinge in die lewe van ‘n persoon gebeur wat hom of haar die Evangelie sal laat oorweeg. Dit is wanneer Christus sê: Lasarus kom uit. Net die Seun van die Mens, Jesus Christus, kan ‘n persoon uit die doderyk na die lewe uitroep.

Joh.5:24: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê”.

As jy wat hier lees nie wedergebore is nie, dan is jy alreeds geestelik dood, jou liggaam funksioneer maar jy is alreeds dood. Koning Jesus wil jou uit die doderyk na die lewe toe lei, Hy wil jou sondes vergewe en aan jou die ewige lewe skenk. Net Jesus Christus, die Seun van die Mens kan jou uit die doderyk uitroep.

Toe Lasarus uit die graf uitkom, toe sê Koning Jesus vir Sy dissipels dat hulle moet hom losmaak. Wat maak hulle los, Dissipelskap, die doop, en die Woord van die HERE word verkondig. Dit is gemeenskap met die heiliges. Ons almal kom met ‘n hele wavrag dinge uit die wêreld uit.

Ons moet so ‘n persoon losmaak, Almal wat gered word kom onder gebondenheid en met baie probleme uit die wêreld uit. Hulle kom onder geestelike verdrukking en emosionele gebondenheid na die Nuwe Lewe in Christus Jesus as Christene en hulle het dissipelskap en die doop nodig, en nie net ‘n besprinkeling nie! Skriftuurlike en onskriftuurlike Gebondenheid en ongebondenheid soos wat ons gesien het het niks in gemeen met dit wat in vandag se kerke verkondig word nie. Paulus het gevas en gebid en die Evangelie gepreek. (Wat het Ester en Daniël gedoen?) Hulle het vir hulle naaste ingetree met die gesag van gebed. (Vir die politieke leiers wat hulle gesag oor die kinders van God laat geld)

1Tim.2:4: “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom”.

U mag miskien nie van politiek of politici hou nie, maar as hulle nie deur ons gebede beïnvloed word nie, dat sal hulle deur ander dinge beïnvloed word. Wanneer het die Derde Ryk in Duitsland ontstaan? Dit was toe die Evangeliese Boodskap begin verflou het en die geleerde kritici se denkes in die plek van die Woord van die Here gekom het. Wat het die Duitsers begin doen? Hulle het ‘n kiem oorlog begin, en hulle was slagters van hele beskawings. Hulle het terug gegaan en met die Christene gedoen wat aan die mense gedoen was voor die Christen era. Die bediening van die Evangelie het opgehou, en die kerke het die Riglyne van die Woord van God verlaat. En wat gebeur toe?

Die regering van die tyd het onder die invloed van die bose gekom. Engeland wou hulle heidense feeste herstel en dit genoem: Die New Age Travelers, Waar het dit plaasgevind? In Stonehenge en Glastonbury, dieselfde plekke waar die Druide en die voor Christen Britte dit gedoen het. Keltiese stamme, Wicca, Anglo Saxons en heksery het herlewe in die somer sonstilstand (Verner Equinox) Hierdie mense was Druidse hoëpriesters. Britte in die voor Christen era.

Die prediking van die Evangelie is ingeboet en guruil vir valse leiers soos George Carey en ‘n menigte ander bose gebieds geeste (vorste) van ouds, as u die term wil gebruik, het weer na vore gekom.

Regerings het onder die invloed van boosheid en goddeloosheid gekom. Kyk hoe kom die heidense afgodedienste weer na vore soos wat dit op die televisie vertoon is. Buite die Engelse Parlement sê hulle: Onse Vader wat in die Hemele is, maar binne die Parlement is daar Moslems, Godloënaars, Vry Messelaars en wie weet watter ander afgode dienaars, wat stem vir die aanstellings van Anglikaanse biskoppe en Jappanese Shogans, ‘n filosofie wat gebasseer word op die ou Shogun model van die Shinto afgode diens.

Vandag is dieseldfe dinge weer besig om te gebeur. Wat het Daniël gesien? Hy het dieselfde dinge gesien wat die Iotola Chomeni, die prins van Persië gemotiveer het.

Wat is die riglyne volgens die Woord:

Eerstens is dit die Prediking van die Evangelie, Tweedens is dit vas en gebed en voorbidding deur gelowiges en dit is baie belangrik vir diegene in die regering van die dag. God het regerings aangestel om kwaad en sonde terug te hou, en as dit nie deur ons gebede gedra word nie, sal dit baie beslis deur die Bose ingeneem word.

Die vroeë Christene het vir die Keiser ook gebid sodat die Evangelie vereer kon word. Derdens is dit die aanklag teen ons gewete deur die Krag van die Heilige Gees.

Wanneer sal die antichris openlik optree en die leierskap aan Satan oorgegee word vir ‘n tydperk van drie en ‘n halwe jaar? Ons lees in 2Thess.2:6-12:

“En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg guruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid”.

Die gees van die antichris is alreeds met ons, en ons moet baie versigtig wees want die tydperk van genade loop nou vinnig ten einde. In Openbaring sien ons dat onse HERE weer met die mens sal begin handel soos in die Ou Testament. Oordeel en Toorn kom ten einde. Die aanklag en oproep deur die Heilige Gees tot bekering vir die ongelowiges en om die predikers in die kerke van Krag te voorsien om die Evangelie te preek, sal ook tot ‘n einde kom in die groot verdrukking, nadat die kerk weggeraap is. Die wegneem van die Heilige Gees en die wegraping is nie tersefdertyd nie, maar is in verhouding. Maar wanneer die Heilige Gees bedroef raak omrede die sonde van die mense, en die Lig nie meer Sy Glans gee nie, en die sout laf geword het, dan sal die Heilige Gees bedroef en ongesteld wees, en al wat gaan dan gaan oorbly is die tyd en die tye en ‘n halwe tyd van die Bose.

Dit is die Krag van die Heilige Gees wat al hierdie dinge tee hou, soos beskrywe in Joh.14:15-21 en 16:7, 11/33 Koning Jesus sê: “As julle My liefhet bewaar My gebooie”. Koning Jesus het tot die Vader gebid om vir ons die Trooster te gee, Hy wat tot in ewigheid met ons sal wees, die Gees van Waarheid. Dit is die vas en gebede van die heiliges, vir die regering van die dag, wat die Bose teehou en vir ons die Krag gee om die Evangelie tot redding te kan verkondig. Die Bose kan net terug gehou word deur die Krag van die Heilige Gees, en nie deur die uitvindsels van die mens nie.

Spiritual Warfare What it is and what it isnt


Valse Charismatiese Leerstellings.
Joseph Chambers

“ En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie”. (Luk 21:8)

Niks het meer skade aan die Pinkster en Charismatiese bewegings aangerig soos die valse leerstelling oor die werke van die Heilige Gees nie en die gevolg daarvan is dat daar baie min oorgebly het van die vroeë Pinkster bewegings wat nog vasgehou het aan Waarheid.

Daar is baie ‘n groot verskil tussen die Charisma gawes wat ons vandag in die Charismatiese bewegings sien en dit wat in die Woord van die Here opgeteken is.

Kom ons kyk na sommige van die verskille:

Fortuin vertelling; waarsêery wat genoem word “Persoonlike Profesieë”

Die gebedstaal misleiding.

Bonatuurlike gebede: Towerspreuke wat gesien word as gebed.

Charismatiese aanbiddings.

Die Charismatiese gees.

Satan is ‘n Besetter

Die Charismatiese gees

Persoonlike profesie.
Hierdie vals idee van persoonlike profesie wat niks anders as fortuin vertellery, of waarsêery is nie wat in die laaste twee dekades deur die misleide Charismatiese wêreld gepromoveer word en dit het vandag ‘n groot probleem vir baie kerke geword. Mense soos Paul Crouch en Pat Robertson en baie van hulle meelopers het vir hulle fortuine bymekaar gemaak deur die gees van waarsêery en so het hulle groot TV netwerke opgebou wat mense nog verder in die verderf inlei. Hulle gebruik die Bybelse Fondasie as ‘n vlaggie oor hierdie misleiding, en die gees van waarsêery word valslik genoem die Gawe van Kennis en van Profesie, dit is egter net so vals as Lucifer self!

Die gelowige word gelei deur die Heilige Skrifte en die inwonende Heilige Gees, en nie deur ‘n eensydige profesie nie. Vandag word daar duisende sogenaamde ‘profesieë’ kunstig ontwerp en duisende manne en vroue jaag agter hierdie reënboog aan omdat hulle in hulle ore gestreel wil wees deur hierdie valse profesieë. Baie mense se lewens word vandag ingerig volgens hierdie waarsêery en dit is waarom hulle na hierdie profete stroom.

Maar die Woord van die Here sê vir ons baie eenvoudig: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2Pet.1:19-21)

Geen Skrif of profesie of uitleg is ‘n eensydige verklaring nie. Ons moet altyd geestelike dinge (woorde) met geestelike (woorde) vergelyk. Petrus die apostel wat saam was met die Verheerliking van Christus op die berg het gepraat van die Getuienis wat ons Hemelse Vader vir Sy Seun Jesus Christus gegee het, en ook sê Petrus: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is” wat hy verklaar die Woord van God, en dat geen profesie van die Skrifte deur die mens se wil gebring kan word nie. Met ander woorde, Profesie is ‘n Gawe soos al die ander Gawes wat bedoel is vir die hele gemeente, die Gawe van Profesie is DEUR ‘n persoon en nie VIR ‘n persoon nie. Dit mag nie deur mense gebruik word om mense se persoonlike lewens te manipuleer en te beheer nie. ‘n Persoon ontvang die Woord van die Here en pas dit wat betrekking op homself het op homself toe. Geen mens moet probeer om ‘n ander se lewe te regeer nie. Mense wat met persoonlike profesie besig is skep die idee by mense dat hulle sekere uitverkore goddelike kennis van God ontvang het, m.a.w. hulle skep die idee dat hulle met die Heilige Gees wandel! By die fortuin vertellers is dit presies dieselfde. Fortuin vertellers skep die idee by mense dat hulle sekere persoonlike kennis oor hulle lewens besit.

Vandag is daar ’n menigte misleiers wat misbruik maak van pragtige mense en hulle verlei met hulle gebabbel deur die gees van waarsêery.

Moet asseblief nie u ore uitleen vir hierdie valsheid nie want elke Wedergebore siel het die Inwonende Heilige Gees binne in hom of haar vir Krag en Leiding. Ons het nie hierdie valsheid nodig nie. Die Heilige Gees neem die Woord van die Here en maak dit van toepassing op die lewe van die siel wat dit ontvang, en om enigsins na die gebabbel van hierdie waarsêers te luister is ‘n sekere weg na afval. Hierdie fortuin vertellers se redes gaan gewoonlik net oor goeie werke en dade, leë beloftes en seëninge wat ‘n valse gerusstelling by mense aanwakker, terwyl die Woord van die Here gaan oor lering, teregwysing, belydenis en bekering, en dit is net diegene wat eerlik en getrou is aan die Here wat hierdie dinge elke dag op hulle lewens van toepassing kan maak. Die gees van waarsêery daarenteen het ‘n emosionele uitwerking op die lewens van mense wat hulle in ‘n onnatuurlike staat van gebondenheid bring. Ons Hemelse Vader is geen aannemer van persoon nie, by Hom is almal dieselfde, Hy ken almal se name en Hy het ook die hare op elkeen se hoof getel, en om enigsins daaraan te dink dat jy iemand soos ‘n waarsêer of ‘n guru in jou lewe nodig het om jou lewe te reel en te rig as jy by die kruispaaie in die lewe kom, is niks anders as om die Geloof in die Here jou God te verloën nie.

Daar is baie mense wat vandag van plek tot plek gaan om te hoor of iemand nie dalk vir hulle ‘n woord van kennis het nie, hierdie misleide mense soek nie die Waarheid nie, hulle soek na hulleself. Wat hulle egter moet soek, is die Woord van God, want by Hom is daar rus en vrede. Onthou, wanneer u die Woord van die Here oopmaak dan praat God met u, en wanneer u hierdie Bybel toemaak, dan maak u die Stem van die Here stil.

Die Gawes van die Heilige Gees is aan die Gemeente gegee, en die doel van die Gawes van die Heilige Gees is om by ons ‘n drang van verlange aan te vuur om die Krag van God te ontvang en om Sy Wil te doen. Die Heilige Gees werk nooit buite die riglyne van die Woord van God nie “En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees??dit is die woord van God (Ef.6:17). Die Here het nie ‘n ander Swaard, of nog ‘n Swaard nie, en om nou te beweer dat hierdie eksotiese strelende gebabbel die Woord van die Here is, is ‘n totale misleiding.

Die Gawes van die Heilige Gees is vir die Liggaam van Christus, vir die gemeente, en Hy is nie daar vir ‘n persoon om beheer oor ander mense se lewens uit te oefen nie. Ja, daar kan soveel as net twee of drie bymekaar wees om die Woord van die Here te ontvang, maar nooit is die Gawe ‘n persoonlike Gawe nie, maar dit is altyd deur ‘n persoon vir die gemeente. Die Gawes van die Heilige Gees sal die Waarheid Verlig, Hy sal altyd onder alle omstandighede die Here Jesus Christus Verheerlik. (Die Woord het Vlees geword) Die Heilige Gees sal op ‘n bonatuurlike wyse die Woord van die Here aan die gemeente openbaar, Hy is ‘n Woord van Kennis. Die persoonlike toepassing van ‘n boodskap is ‘n persoonlike verantwoordelikheid.

Die Here sê kom nou, (op hierdie oomblik) dat ons die saak uitmaak. (Jes. 1:18a)

Moet nie toelaat dat u deur valse leerstellings mislei word nie, maar weet dit dat die Wil van God ook vir u is. Die Ware Gawe van onderskeiding, of ‘n Woord van Kennis maak ‘n absolute skeiding tussen dit wat waaragtig en opreg en dit wat vals is.

In ‘n Gees vervulde gemeente sal die pastoor of die leier weet van enige probleme in sy gemeente en ook wat hulle nodig het sodra dit begin ontwikkel. Die Woord van die Here sê ons moet mekaar se laste dra, en ons liefde vir mekaar sal hierdie dinge openbaar. Die Heilige Gees sal ons volgens die riglyne van die Woord dra, deur of teregwysing, onderwysing, lering, belydenis en bekering??dit is die Werk van die Heilige Gees, en onthou, die Skrifte is die Vlees van die Here Jesus, Hy alleen word verheerlik.

In ‘n gemeente sal daar ‘n senior pastoor en ook ondergeskiktes wees om sy laste ligter te maak, maar almal moet hulle persoonlik onderwerp aan die Wil van God omdat die Here Jesus die Hoof van die Gemeente is, en ook omdat die Gawes van die Heilige Gees en die Liggaam van Christus onafskeidbaar is, die Gemeente s ‘n Eenheid in die Gees. Hallulujah!! Wat ‘n heerlike plek van gemeenskap vir die kinders en dissipels van God. Prys U Heilige Naam!

Die Gebedstaal misleiding
Een van die sleutel misleidings van die Charismatiese Golf (New Wave) is iets wat hulle ‘n Gebedstaal noem, maar soos wat dit is met enige misleiding, is dit ‘n Bybelse Waarheid in om in die Gees te kan bid. (Daar is altyd regte kaas in ‘n muisval)

Paulus skrywe in sy Brief aan die Korinte: “Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing”. (1Kor.14:14-15) Judas praat ook van hierdie Waarheid: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid.” (Jud.1:20)

Ons moet ook kyk na wat Paulus aan die kerk van Rome gesê het. Hierdie is ‘n kragtige boodskap wat vir ons die Krag van die Heilige Gees in ‘n gelowige uitbeeld. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te

hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. (Rom.8:26-27)

Ons moet verstaan dat daar ‘n groot waarheid is om in die Heilige Gees te kan bid. Die verskil tussen die Charismatiese misleiding en dit wat die Woord van die Here leer kan egter baie maklik uitgewys word. In die Woord van die Here is die Heilige Gees absoluut Verhewe en Heilig wanneer Hy die Woord van die Here aan ‘n Heilige Gees vervulde gelowige gee. Die mens kan onder geen omstandighede deur sy of haar eie wil, deur die Heilige Gees bid nie!

In die Charismatiese wêreld word die Heiligheid van die Heilige Gees omseil en die hele idee word niks anders as ‘n sielskrag gebabbel nie. Net die wete dat iemand ter eniger tyd kan kies om in die Gees te bid is totaal ondenkbaar en dit is vals. God laat Hom nie manipuleer nie, en so sien ons dat hierdie mense wil voorgee dat hulle die Heilige Gees te eniger tyd kan gebied tot hulle voordeel, hulle speel God. Dit is vals en ondenkbaar maar dit is wat mense vandag wil voorgee! Die mens wat homself wil verhef bo die Godheid! Alle werke en manifestasies in die bediening van die Heilige Gees is absoluut Heilig en die Wil van God, en nie deur die wil van ‘n mens nie. “want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”. (2Pet.1:21) “En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek”. (Hand.2:1-4)

Hier sien ons dat elke stukkie getuienis van die uitstorting van die Heilige Gees absoluut net deur die Wil van God, en deur die Heilige Gees plaasgevind het. Die manne en vroue wat hier saam op die Koms van die Heilige Gees gewag het was net die werktuie waardeur God deur die Krag van die Heilige Gees, Jesus Christus aan die ongereddes geopenbaar het. Alle Geestelike Gawes is Gawes van die Heilige Gees en nie gawes van die heiliges nie. Hierdie is Geestelike Gawes soos wat die woord dit vir ons uitspel, en nie vleeslike gawes nie.

Ons is natuurlike skepsels totdat ons volgens die Wil van God deur die Heilige Gees gesalf word. Ons geestelike lewe na ons wedergebore word geskik deur die Geestelike Werke en Gawes van die Gees van God en nie volgens ons wil nie, maar volgens die Wil van God. Om in ander tale te praat is maar een van die Gawes.

Wanneer u hoor dat mense hulle Gebedstaal gebruik dan moet u weet dit is vals en kragteloos, en dit is niks anders as ‘n gebabbel nie, en al resultate wat deur dit verkry kan word is ‘n geestelike hoogmoed by die gebruikers daarvan en dit is geestelike misleiding.

Valse geestelike ondervindings ontwikkel ‘n valse godsdienstige gees in almal wat verbonde is aan ‘n persoon, plek of kerk waar dit verkondig word. Hoe dieper ‘n persoon betrokke raak in hierdie soort mistieke manifestasies, hoe meer raak hy of sy gebonde aan allerhande soorte vreemde openbarings.

Een van die vroeë misleidings was juis die vreemde gebedstaal, manifestasie en die resultaat daarvan is geeste van slange, geestelike dronkenskap, vervalste leerstellings en ‘n beweging wat gedryf word deur die wilde wêreld van duiwels. Die Woord van die Here leer: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.” (Rom.8:26-27)

Die Werke van die Heilige Gees is wanneer Hy ons gees en lippe gebruik om woorde tot ons Hemelse Vader te spreek. Om nou enigsins te dink dat hierdie Krag deur die vlees gemanipuleer kan word is totaal ondenkbaar en absoluut teenstrydig met die instellings van God. Dit kan of die werk van die Heilige Gees, of dit kan deur sielskrag wees wat ook die werke van die bose kan wees, dieselfde as die gebabbel van ‘n toordokter. Om in die wee van die Here Jesus te wandel moet ons alle leerstelling wat nie volgens die Woord van die Here is nie verwerp.

Bonatuurlike gebede (Tower spreuke wat gesien word as gebede)
Hierdie nuwe benadering tot gebed in die moderne kerke is niks anders as tower spreuke en Vodo kuns grepe nie. Bonatuurlike kragte is beskikbaar vir enige persoon wat sy siel wil verkoop aan hierdie misleidings wat in die Adams natuur werk. Ons is almal geestelike skepsels en daar is kragte in ons wat ons kan gebruik om ons oortegee aan die Wil van God of om ons onderdanig te maak aan die magte van die Bose.

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind”. (1Pet.5:8)

Terwyl God Homself manifesteer in ons menslike gees, manifesteer Satan en sy demone hulleself in die siel van die mens. Satan hou daarvan om mense se sielskrag te gebruik om sodoende die Here Jesus se Liggaam, die kerk, te mislei. Die meerderheid van Christene verstaan nie hierdie aanval tegniek van Satan nie en daarom het hulle baie min of geen verdediging daarteen. Die moderne Charismatiese gebed styl wat geopenbaar word in bewegings soos die Toronto en Pensacola tipe Charismatiese kerke, is niks anders as ‘n bonatuurlike misleiding nie. Die vraag is, bestaan daar sulke magte? Ja, absoluut! Kry hulle resultate? Ja, absoluut! maar wat se soort resultate? Die bonatuurlike resultate wat hulle verkry is nie die bekering en wedergeboorte ondervinding tot Die Here Jesus Christus nie, nee, dit is ‘n bonatuurlike verandering tot ‘n valse Jesus wat homself vermom as ons Here Jesus Christus. (Hy sal kom soos die Engel van die Lig)

Hierdie groepe is uiters militant, en enige iemand wat hulle teëstaan word met vloeke en oordele verdoem. Dit is die eerste teken dat hulle benadering tot gebed vals is. Gebed riglyne in enige van ons gebed benaderings is volgens die Woord van God en ‘n totale onderwerping aan die Wil van God.

Wanneer ons tot God nader in gebed het ons nie nodig om ons weg tot Hom oop te forseer nie omdat ons geloof in ‘n Alleen Heilige God is. Ons het ook nie nodig om te probeer om ons eie gebede te beantwoord nie omdat ons op Hom alleen vertrou.

Die god van die bonatuurlike gebed is glad en geheel nie God Almagtig nie, hierdie is ‘n god met doelwitte van versoekings en misleidings.

Hierdie sielskragte gebruik bonatuurlike kragte om hulle eie antwoorde te bewerkstellig. Hulle verkry resultate ja, maar soos wat dit in alle bonatuurlike wêrelde is, is hulle antwoorde altyd so dubbelsinnig dat dit altyd terug verwys word na die persoon self, jy moet op jouself vertrou! Judas beskryf hierdie dinge in sy Brief soos volg: “Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom. Hulle is skandvlekke in julle liefde maaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rond gedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.” (Judas 11?13) Bonatuurlike gebede soos in die Toronto en Pensacola bewegings word gebruik om diegene wat hulle teëstaan aan te val en te veroordeel deur bonatuurlike kragte, en so word baie mense deur vrees geforseer om by hierdie bewegings aan te sluit.

Baie mense het al getuig van hierdie vreemde onderdrukkende bose kragte wat hulle ondervind het wanneer hulle hierdie leerstellings teëgestaan het. Die apostel Paulus was bewus van hierdie magte en hy het hulle direk teëgestaan. In Efesiërs skrywe Paulus: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug”. (Ef.6:11-12)

Let op, Paulus noem hierdie magte “Bose geeste” Die woord wat hier vir gees gebruik word, het ‘n ander betekenis as die positiewe idee van geeste. Hier beteken dit iets soos ‘n man wat regeer deur sy sondige natuur, in ‘n geestelike status.

Die woord bose beteken iemand wat sy uiterste bose magte gebruik om ander se lewens te vernietig of aan te tas. Hier het ons dan ‘n duidelike beeld van die bonatuurlike magte wat uitgestuur word om mense teen hulle wil aan te val en seer te maak. Dit is niks anders as om ‘n tower spreuk oor iemand se lewe uit te spreek nie, wat ook dieselfde is as om Vodo magte te gebruik. Die enigste manier om hierdie bose magte te weerstaan is om ons geloof in die Hande van die Here Jesus Christus te plaas, want net deur Sy Bloed is daar vir ons verlossing. Satan kan hierdie Bloedgrens nie oorsteek nie. Satan kan vurige pyle van vrees en twyfel en verdrukking op u afstuur, maar as u agter die Skild van die Here Jesus skuil sal hierdie pyle kragteloos wees. Moet hulle nie terug antwoord of terug baklei nie, maar gaan aan en sing lofprysing liedere en wag op die Here, Hy sal die stryd vir u stry. Onthou die staf van Moses het baie vinnig die staf van die towenaars in Egipte verslind. Dit het nog nooit verander nie en ons Hemelse Vader hou nog steeds wag oor die wat aan Hom behoort.

Charismatiese aanbidding.
Om met die Heilige Gees vervul te word is ‘n baie bekende term wat in die Nuwe Testament gebruik word, veral in die Boek Handelinge. Op Pinkster dag is almal wat op die Here gewag het vervul met die Heilige Gees, en Petrus het later op hierdie dag gesê: “ en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep”. (Hand.2:38?39)

Die duiwel het hierdie wonderlike gebeurtenis vervals en deur dit het baie pragtige mense vandag die manifestasie van die Heilige Gees begin verwerp. Maar let maar op dat met elke herlewing wat in die kerk geskiedenis plaasgevind het kan hierdie Wonderlike Werke van die Heilige Gees waargeneem word. Die van ons huidige Charismatiese en Pinkster herlewings lê baie klem op die vervulling van die Heilige Gees, maar die ondervindings wat hulle promoveer gaan meer oor dinge soos dronk in die gees en baie ander fanatiese optredes as wat dit gaan oor die Persoon van die Heilige Gees! Baie Pinkster en ander kerke is besig om die Bybelse Riglyne te verruil hierdie vervalsings.

Bose besetting teenoor Godelike heersing
Satan wil mense se lewens in ‘n totale gebondenheid oorheers sodat hy hulle wil kan beheer.

Die Heilige Gees kom na ons toe om die Goddelike Heersing van die Here Jesus in ons lewens te openbaar. Satan wil die mens se emosies beheer en sal ook die vlees vertroetel met hoendervleis en wilde onbeheerbare plesier. Die Heilige Gees is ‘n Kuiergas in ons huise, Hy dwing Homself nie op ons af nie en Hy sal ons altyd in alle eerlikheid en opregtheid deur die Waarheid inspireer tot Lofprysing en Aanbidding van ons Hemelse Vader. Hy Verheerlik Homself nie, maar Hy sal altyd die Here Jesus deur die Skrifte verheerlik. Ons Hemelse Vader wil ons Salf en inspireer tot Redding, terwyl Satan almal wil oorheers in gebondenheid.

Satan is ‘n Besetter.
As ‘n persoon duiwelbesete raak en onder beheer kom van iets wat onnatuurlike manifestasies veroorsaak dan is daar iets drasties verkeerd. Satan bied die mensdom nagemaakte vervalsings aan om hulle weg te hou van die Heilige Werke van God. Enige gees wat u dinge laat doen buite die riglyne van die Woord van die Here moet verwerp word. So is daar byvoorbeeld op geen plek in die Bybel vir ons opgeteken dat mense in die Nuwe Testamentiese Kerk soos dronkaards opgetree het nie.

Hulle wil dit beweer uit die Boek van Handelinge, maar u moet oplet dat diegene wat op hierdie groot dag deur die Heilige Gees gedoop is, baie meer intelligenter opgetree as die omstanders, en nie minder intelligenter nie. Onthou dat die Jode totaal verbaas was omdat die Gees vervulde Galasiërs die Groot Dade van God aan hulle verkondig het in tale wat hulle nooit geleer het nie. Die Heilige Gees sal die Here Jesus Christus te alle tye Verheerlik en nie mense nie. “En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe”(1Kor.14:32)

Op Pinkster dag het 120 dissipels in ander tale begin praat soos wat hulle dit deur die Heilige Gees ontvang het. As die Heilige Gees ‘n Geëerde Genooide Gas in ons huise is, dan doen ons wat Hy verlang elke keer as Hy ons aanraak. Ons word belet om ordeloos en onbeheers op te tree. Hy beveel die kerk in 1Kor14:40: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.”

Bybels gerigte Pinkster is ‘n baie Kragvolle Gesalfde ordelike bediening wat siele vir die Koninkryk van Jesus kan wen, maar hierdie Charismatiese opvoerings wat ons vandag sien is niks ander as ‘n Nuwe Wêreld Orde wat onder die gesag van Satan staan.

Die Charismatiese gees.
Vandag het ‘n totale nuwe metodiese manier van godsdiens die kerke wêreld oorgeneem wat wil voorkom asof dit waar en opreg is en dit mag ook voorkom asof die gemeentelede dit eerlik en opreg bedoel, maar iets baie belangrik is weg.

Die mensheid is ‘n skeppings wonder in ‘n drie eenheid wat bestaan uit liggaam siel en gees. Die gees in hierdie drie eenheid samestelling is die Lewe van God, en dit is die enigste Goue Draad waardeur ons, ons Hemelse Vader kan Loof en Prys. In ‘n ongeredde persoon, ‘n persoon wat nog nie wedergebore is nie, is hierdie Lewens Weg van God dood en kan ‘n persoon net herlewe as hy / sy Krag van die Gees van God ontvang wat by wedergeboorte plaasvind. Die siel van die mens is ook instaat tot ‘n sekere godsdienstige aanbidding, maar dit is ‘n valse weergawe omdat dit afkomstig is van ons gevalle natuur wat ook genoem word die Adam natuur. In hierdie realm van ons lewens kan die okkulte sy aktiwiteite laat lewe soos wat ons dit kan vind in die lewe van hekse en waarsêers en ook in die lewens van persone wat betrokke is met bose geeste. Alle valse godsdienste word bedryf deur die sielskrag realm van die mens. Die offers van ‘n sielskrag godsdiens is totaal onaanvaarbaar vir die Here en Hy sal hierdie offers net so verwerp soos die van Kain.?? “En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang”.(Gen.4:4?5) Hierdie valse godsdiens het vandag se Charismatiese kerke wêreld totaal oorgeneem en dit word by die dag ook meer en meer aanvaarbaar in die ander hoofstroom kerke, dit is die godsdiens van die tyd.

Baie van hierdie kerke het normaalweg twee dienste, een kontemporêre diens, met ander woorde ‘n diens vir die nuwerwetse denkes, en dan ‘n tradisionele diens, met ander woorde ‘n diens vir die ouer garde. Gewoonlik is daar geen beperking op die soort musiek, kleredrag en verhoog style nie, alles is vry, kom net soos wat jy wil. Dit is niks anders as om die natuurlike mens vry te stel om God / god te nader in ‘n sielskrag atmosfeer soos wat hy of sy wil. Met ander woorde, ek kan ook doen en sê wat ek wil, daar kan chaos en totale wanorde heers en dit sal ook aanvaarbaar wees. As ‘n kerk hierdie rigting begin inslaan dan word Bybelse Waarhede en standaarde ‘n groot probleem, en die basiese ding wat gaan gebeur is dat hulle die riglyne van die Woord eenkant toe sal begin skuif en dan sal u hoor soos wat hulle dan sê:??God is besig om nuwe dinge te doen! In sommige kerke wat nog ‘n sekere mate van ‘n Teologiese orde wil behou, sal daar ‘n uitgangspunt wees van: “Die doel heilig die middele??ons het nou eindelik weer die X generasie terug in ons kerk.” Hierdie tipe godsdiens verskil van tradisie tot tradisie en die Charismatiese bewegings is maar een soort.

Kom ons kyk eers na die opregte Pinkster aanbidding.

Die spreek in tale in ‘n klasieke Pinkster gemeente is ‘n pragtige gesig, en geen persoon kan ter eniger tyd woorde deur die Gees spreek nie want so ‘n persoon moet absoluut heilig en nederig voor God deur Geloof, opregtheid en getrouheid wandel.

Gelowiges wat deur die Gees van God wandel kan net Woorde van God spreek as die Gees van God dit toelaat. (Hand.2:1-4) Om ordeloos te kere te gaan is totaal onaanvaarbaar. Skriftuurlike Boodskappe deur die Heilige Gees moet Skriftuurlik verklaar word, en die orde van hierdie dinge is vir ons deur die

Heilige Gees deur Paulus opgeteken in 1Korinte 14. Wanneer die gemeente in Gees en Waarheid met hande omhoog ordelik die Here loof en prys sal dit nie wees soos heidene en guru aanbidders wat in waansin te kere gaan nie. God sal nooit ons verstand omseil nie! Mense wat in ‘n verrukking van die Gees van God gekom het, het wonderbare dinge van God gehoor en gesien en tot eer en verheerliking van God Almagtig getuig, dinge wat tot stigting van die Gemeente van die Seun van God sal wees.

Die Charismatiese beweging is totaal verskillend. Die aanbidders kom voor asof hulle totaal onder ‘n beswyming verval het, hulle slinger verstandeloos rond met oë wat omdop terwyl hulle deurmekaar babbel met gesig uitdrukkings wat wil voorkom asof hulle in ‘n totale ekstase verkeer. Hulle spring en rol rond, doen mat diens, gil en skree soos mense in ‘n gestig. Baie van hulle kom in ‘n staat van rukkings en stuiptrekkings met skuim om hulle monde wat vir ure kan aangaan. Net so met die onbeheerste gelag waar sommiges hulleself benat! Een van die karaktertrekke van hierdie manifestasie is dat mense so swaar word dat hulle nie kan opstaan nie, en somtyds kan twee of drie persone hulle nie eens optel nie. Sommiges manifesteer die geboorte proses. Dit is sekerlik moontlik vir ‘n opregte gelowiges om in die sielskrag realm mislei te word maar die Here verwag van ons om al die geeste op die proef te stel en as hulle tot die waarheid kom moet hulle uit hierdie bewegings padgee en hulle sondes bely tot vergifnis. Verskillende vlakke van hierdie soort aanbidding kan van tradisie tot tradisie verskil, maar almal van hulle word gedryf deur een of ander Oosterse mistieke gees, en nooit maar nooit is dit die Werke van die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees verlaat nooit die riglyne van die Woord van God nie, en as die Heilige Gees die Groot Dade van God laat manifesteer sal dit absoluut volgens die riglyne van die Bybel wees. Die Here Jesus sê baie duidelik ons moet Hom in Gees en Waarheid aanbid. “Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ‘n profeet is. Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid”. (Joh.4:19-24)

Hierdie twee elemente is absoluut wanneer ons voor God verskyn. Sielskrag aanbidding deur ongeredde mense sal verwerp word net soos met die offer van Kain. Wêreldse onrein offers kan nie voor God gebring word nie, en net so kan die mens wat die Bybelse Waarheid verruil het vir ‘n pot lensie sop nie voor die Aller Heiligste verskyn nie. Toneelspelers en akteurs kan geen mens in die realm van die Heilige Gees in lei nie, dit is absoluut die Wil van God.

God het alreeds die meerderheid van hierdie sielskrag aanbidders verwerp, maar nog steeds ontvang en seën Hy die nederige siel wat aan die Voete van sy Messias kom sit en tot Hom kom met ‘n eerlike en ‘n opregte hart van ootmoediging. Dit is aan hierdie siel wat onse Here Sy Heilige Gees skenk tot vernuwing, want: “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is”. (Rom.8:16) Deur hierdie groot Genade kan ons tot God nader.

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word”. (Hebr.4:16)

Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar dit is die wee van die dood.

From Corinth to Toronto History of Charismania

Last Revival

https://www.youtube.com/watch?v=kIIqubhAELQ


Kultusse

https://www.youtube.com/watch?v=50fGlh7DwNc

In die Bergrede, Mattheus 24 en Lukas 21 waarsku Jesus oor valse leraars, valse profete en valse Christusse. Toe ek nog ‘n jong Christen was het ek gedink dit het te doen met dinge soos Jehovah se Getuienis en Mormone ens.
Ek twyfel egter nie die minste daaraan dat die groei van kultusse wat ons in die laaste paar jare gesien het, vernaamlik in die laaste twintig jaar, dit ook vir ons ‘n profetiese betekenis inhou nie. Maar dit is nie die valse leraars en valse profete teen wie die Here ons gewaarsku het in die Laaste Dae nie. “??as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” (Mat. 24:24) Baie sê natuurlik dit is nie moontlik om die uitverkorenes te mislei nie, wel dit is ‘n leuen. Jesus sou ons nie so ernstig teen iets gewaarsku het as daar nie ‘n moontlikheid bestaan dat dit kan gebeur nie. Jesus waarsku ons teen diegene wat gaan kom om wedergebore Christene te mislei. Christene wat deur Mormone en Jehovah se Getuienis mislei kan word kan net Christene wees wat basies net tot bekering gekom het en nie baie weet nie. Iemand wat al drie tot vier jaar gered is sal nie so maklik mislei word nie.
Dit begin by mense.
Daar is ‘n teologiese definisie van ‘n kultus en daar is sosiologiese definisie van ‘n kultus, maar dit sal onvermydelik by ‘n sekere punt saamsmelt.

“Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus?” (1 Kor. 1:12?13)

”Ek is van Paulus”, “Ek is van Apollos” “Ek is van Céfas” “Ek is van Christus”. Mense wat sê hulle is van Christus is die wat sê: “Ons het geen leierskap nie en ons erken ook geen pastorale gesag nie.” Baie sê dit, ander sê weer? “hy is myne”, “hy is myne”, ? en hulle maak van mense gurus. ‘n Kultus verskuif altyd die fokus op ‘n mens en baie keer ‘n dooie mens. Daar is vandag kultusse? en ek bedoel evangeliese kultusse? wat nou meer populêr is as hulle stigters toe hulle nog gelewe het. Die Assemblies of God het die idees van mense soos William Branham verwerp toe hy nog gelewe het. E. W. Kenyon se idees was afstootlik vir die hoofstroom Pinkster. Die Manifest Sons, die Latter Day Rain misleiding, Restorasie? isme, Koninkryk Nou en die res daarvan ? was in die 40’s en 50’s deur die hoofstroom Pinkster en ook die Assemblies of God verwerp. Hulle was geklassifiseer as okkulties. Vandag egter word hierdie okkultiese en ketterse dinge al meer en meer in die hoofstroom gesien, vandag is daar weer Branhamiete? die leier van ‘n kultus kan ‘n dooie persoon wees! Dit is nie kultusse soos die Jehovah se Getuies of Mormone nie, dit is kultusse waar mense glo aan die ware Evangelie!

Wanneer iemand deur een van hierdie groepe tot bekering kom skep dit ‘n groot probleem. Wanneer ‘n Mormoon gered is? geen probleem. Joseph Smith was ‘n valse profeet en ons weet dat die hele Mormoonse kerk in ‘n leuen lewe. Wanneer ‘n Jehovah se Getuie tot bekering kom? geen probleem: Charles Taze Russell was ‘n valse profeet, so dit is klaar met die hele Wag Toring gemeenskap. Maar waar mense deur ‘n Christen kultus wedergebore word dan is daar ‘n groot probleem, vernaamlik met groepe wat teologiese “kerke” is maar sosiologiese kultusse. Op die een of ander stadium gaan groepe wat teologiese kerke en ook sosiologiese kultusse is verval in ‘n kettery. Hulle gaan betrokke raak in afvallige leerstellings terwyl hulle met die Ware Evangelie begin het.

Wanneer iemand wedergebore word deur een van hierdie groepe dan het die leiers of leier ‘n groot geestelike en sielkundige invloed en selfs beheer oor hierdie mense omdat hulle werklik wedergebore is. Ek was wedergebore in die “Children of God”. Vir die eerste vyf jaar van my Christen lewe was ek betrokke met sulke groepe. ‘n Ander een was die “Church of Bible Understanding”. ‘n Ander kultus was geken as die “Bible Speaks”, ook geken as die “Greater Grace”. Wat hierdie groepe gevaarlik maak is hulle preek die ware Evangelie. Jy kan hulle nie heeltemal afskryf soos die Jehovah se Getuies en die Mormone nie, en dit is ‘n groot probleem.

Mense in hierdie groepe en die wat deur hulle tot bekering gekom het word vasgevang in ‘n geweldige geestelike en sielkundige gebondenheid.

Die Eerste Kenmerke van ‘n Kultus.
Let op dat die apostels soos Paulus teen hierdie mentaliteit gekant was. Het Paulus jou gered? Dit is Jesus wat red, dit is die Evangelie wat red en nie ‘n kerk nie. Die Roomse Kerk maak daarop aanspraak dat hulle die instrument tot redding is, die sakramente wat deur hulle priesters bedien word is hoe mense deur hulle gered word? ex opere operato. Hierdie groepe sal Christus preek maar op ‘n manier sal daar nie onderskeiding gemaak word tussen die Christus en die kultus nie.

Paulus bespreek hulle eerste karaktertrekke, iets wat hy later in Galasiërs ‘n “daad van die vlees” noem. (Gal. 5:19) “—Faksies.” (Gal. 5:20) Soms ook gesien as party?ism, miskien beter vertaal as “faksies”.

Die eerste kenmerk van ‘n kultus is wat Paulus noem die “sonde van partyskap”. Die sonde van partyskap is waar ‘n groep daarop aanspraak maak dat hulle die alleenreg besit op Bybelse waarhede. Hierdie partygees en wat daaruit ontwikkel is ‘n vorm van gnostisisme, van die Griekse woord “gnosis” wat “geheime kennis” beteken. Die gnostisisme in die Katoliek kerk word die sensus plenior genoem ? “die volle wete van die Skrifte”. Nou? daar is ‘n voller wete van die Skrifte, maar wat hulle op aanspraak maak is dat die Pous op hierdie basis as die opvolger van Paulus, al die onfeilbare insig en kennis besit om te bepaal en te definieer wat die Skrifte beteken. In gnostisisme is dit nie belangrik wat die Bybel eksegeties sê nie, maar wat belangrik is, is wat die leier oor die Skrifte te sê het.

John Wimber van die Vineyard beweging se stellings is gebaseer op Christen gnostisisme, ‘n kettery in die vroeë kerk. Byvoorbeeld, ‘n basiese lering van die Vineyard en die Latter Day Rain beweging en die Kansas City profete is Restourasie?isme en dit wat hulle “Joël se weermag noem. “They run on the cities, they rush on the walls, Great is the army who carries His word.” Dit word vergelyk met sprinkane. In die historiese opset was dit Nebukadneser se leër wat deur God gebruik was om Juda te oordeel oor hulle sonde, dit is ook ‘n tipe van die leërmag van die Antichris in Openbaring.

Dieselfde sprinkane wat ons in Joël sien? sien ons weer in Openbaring. So, wat ook al hierdie leërmag in die Laaste Dae gaan wees, is en was dit die leër van die Antichris. In Joël 2:20 lees ons God sê: “Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.”

Die Vineyard beweging sê dit is hulle. So, enige persoon wat begeer om deel te wees van ‘n leërmag wat God gaan oordeel en vernietig kan by die Vineyard, die Minifest Sons of God en die Latter Day Rain bewegings aansluit.

Dit maak nie saak wat die Bybel sê nie, maar wat die Gnosis sê wat dit beteken. “God het MY gewys”. Copeland en Hagin kom van Kenyon af. Vergeet wat Jesus aan die kruis gesê het, “Dit is Volbring” (Joh. 19:30), en? “Vader in U hande gee Ek My gees” (Luk. 23:46) die Kenyaane sê: “God het MY gewys dat Satan die oorwinning op die kruis behaal het en nie Jesus nie. Jesus was vir drie dae en nagte in die Hel gemartel en na dit het Hy uit die dood opgestaan.” Dit is ‘n ander Jesus en ‘n ander evangelie wat die Meester verloën wat hulle gekoop het. Die voorspoed predikers? God het dit of dat vir my gewys, dit is alles okkulties!

“Terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”. (1 Pet. 21:20?21)

En direk hierna sien ons die Griekse woord “parasaxousin” – hulle stel die waarheid teenoor die dwaling.

Hulle maak verklarings van dinge soos Bybelse profesie ‘n saak van hulle eie uitleg. Dit is nie belangrik wat die Bybel sê nie, wat belangrik is? is wat die leier sê wat dit beteken.

Die mens stel homself vas.
Wanneer hierdie twee dinge? ‘n “Partygees en Gnostisisme” by mekaar kom, pasop, dit is onafwendbaar dat daar ‘n derde ding gaan plaasvind.

Jesus het die werke van die Nikolaite gehaat (Op. 2:6). Histories weet ons nie wie hulle was nie. Baie mense dink hulle was die volgers van iemand wat Nicolaus genoem was, die seun van een van die diakens in Handelinge 6, maar niemand weet nie, tradisionele verhale, maar wat ons wel weet is wat Nikolaisme in Grieks beteken. Niko? die “onderdrukking” van “die Laity”? mense? selfaangestelde heersers wat aan hulle self weiding verskaf.

“En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.” (Eseg, 34:1-5)

Bybelse leierskap is deur voorbeeld, nie om oor ander te heers nie. Jesus bestraf die fariseërs oor hierdie dinge maar dit het nogtans in die vroeë kerk ingekom. ‘n Partygees word verbind aan Gnostisisme. “O maar hy verstaan die Bybel beter as ons”. Wanneer ‘n begaafde persoon mense toelaat om hom op ‘n verhoog te plaas, pasop. “Ons weet nie wat hy doen nie, maar hy is nader aan God as ons? hy het meer insig”. Dit kan waar wees maar direk teen die Skrifte. “Kies vandag wie julle wil dien.” (Josua 24:15) Maar dinge wat al sover gevorder het is gewoonlik te ver in ‘n gebondenheid. Die volgende ding is Nikolaisme, swaarhand leiers. “Wie is jy om ons te bevraagteken? Wie is jy om ons uit te daag? Jy het ‘n gees van rebellie.”

Persoonlikheids Tipe van ‘n Kultus leier.
Die persoonlikheids tipe van kultus leier is basies identies die persoonlikheid van ‘n diktator, ek is seker ‘n forensiese sielkundige sal dieselfde dinge sê.

Baie forensiese sielkundige outopsies is al op verskeie diktators soos Adolph Hitler en Joseph Stalin gedoen. Toe ‘n groep in 1940 ‘n persoonlikheid forensiese outopsie op Adolph Hitler en Stalin vir die Brits Amerikaanse alliansie gedoen het, het almal saamgestem dat nie Hitler of Stalin die moed sou gehad het om in die slag van Stalingrad of die slag van Bulge te veg nie en hulle sou ook nie die moed gehad het om aan hulle self te doen wat hulle aan ander in die konsentrasie kampe gedoen het nie.

Kultus leiers is soos diktators? onstandvastige persoonlikhede, gewoonlik omring deur ander wat meer onseker is as hulle, mense wat hulle kan misbruik om ander mense te mislei. ‘n Kultus leier sal baie min met iemand deel sonder die teenwoordigheid van sy meelopers. Hy sal altyd een van sy na?apers stuur wat basies altyd sal doen wat die kultus leiers hulle gesê het om te doen. Kultus leiers is onseker en hulle agente? assistente is net so onseker daarom word hulle maklik gemanipuleer. Nie almal is dieselfde nie maar een ding is seker: Wanneer iemand wedergebore is vind daar geestelik verandering plaas en as hulle geestelik verander dan is daar ook ‘n sielkundige verandering.

God verander mense van binne af na buite en soos wat hulle groei in Jesus word hulle al meer standvastig in Christus en ook standvastig in wie hulle in Christus is. In ‘n Christen Kultus gebeur dit nie, groepe wat in die begin teologiese “kerke” was eindig as sosiologiese kultusse. Daar is nie ‘n standvastigheid in Christus nie en hulle sekuriteit word gebaseer op hulle verhouding met die leier. Daar is verskillende grade maar hulle is almal dieselfde. Die enigste verskil tussen die meeste huiskerke bewegings wat vasgevang in restourasie teologie is hoofsaaklik tot watter graad hulle okkulties betrokke is, maar hulle is almal op dieselfde pad.

Die enigste verskil tussen die Jehovah se Getuies en David Koresh is dat die een verder af is in dieselfde pad. Gee hulle genoeg tyd, alhoewel hierdie teologiese “Kerke” maar net sosiologie kultusse is, gaan hulle net so in ketterse leerstellings verval. Nie net dwaling nie, maar fundamentele dwalinge. Die “Children of God” het dit gedoen.

Die “Church of Bible Understanding” het dit gedoen. Gee hulle genoeg tyd en hulle gaan betrokke raak in leerstellige dwaling. Maar dit is maar net die begin. Hierdie mense is onstandvastig en hulle is bang vir mense wat dinge weet wat hulle nie weet nie.

Ons mag nie ‘n afgod maak van opleiding en kennis nie. Apollos en Paulus was geleerd, Petrus en Johannes nie, en tog was die Apostoliese gesag wat Petrus en Johannes gehad nie minder waardig as die van Paulus nie. Alhoewel, soos wat Petrus in sy Brief sê: “Hierdie dinge is moeilik en dit is beter as Paulus dit verduidelik.” (2 Pet. 3:15-16) Wanneer iemand se agtergrond? sy intellek– gekruisig is, wanneer ‘n gelowige geleer het om op Christus te vertrou en nie op sy eie insig nie, eers dat word sy intellek ‘n baie goeie dienskneg. Intellek is ‘n goeie dienskneg maar ‘n slegte baas, maar onkunde is ‘n dodelike baas.

Hierdie mense sal altyd enigiets minag wat te doen het met ‘n Bybelskool of ‘n Teologiese Kollege en mense wat Grieks ken, hulle is bang vir hierdie mense. Hulle is gewoonlik in die teenwoordigheid van hulle groepe wanneer hulle iemand ontmoet wat meer as hulle weet. Mense wat die oorspronklike Grieks en Hebreeus kan lees is ‘n gevaar vir hulle. Dieselfde met diktators, hulle is bang vir mense wat meer weet as hulle. “Jy het dit nie nodig nie!” Hulle sal dinge uitwys wat op sigself waar is: “Kyk hoeveel geleerdes is daar in Universiteite met ‘n PhD graad wat Grieks en Hebreeus ken wat self oppad is Hel toe, hulle is nie gered nie!” Hulle kyk egter nie na die anderkant van die munt nie, hulle sal net dinge beklemtoon wat vir hulle van nut is om mense te kan beheer. Wanneer jy met ‘n kultus leier betrokke raak dan het jy te doen met ‘n persoon met ‘n onstabiele persoonlikheid, iemand wat net mense kan beheer wat hulle onseker van hulself kan maak.

Verhewe bo Leerstellige dwalings
Die uiteinde van hierdie dinge is leerstellige dwalinge, en dit is onvermydelik dat een of twee of beide van die volgende gaan gebeur.

Die eerste is finansiële wanbestuur soos wat dit beskryf word in Esegiël 34. “Jy slag die skape om lekker te eet, maar kyk hoe lewe die skape”.

In Amerika is daar ‘n voorbeeld met vyf vliegtuie, gereelde vakansies in die Bahamas? met sy tweede vrou? terwyl die skape in rot besmette krotte woon waar misdaad hoog gety vier. Baie van hulle bly in New York stad in die slegste krotbuurte denkbaar waar hulle daagliks 14 uur matte skoonmaak terwyl al hulle geld deur die kultus leier opgeslurp word wat veronderstel was vir die kinders in Haiti. Miskien het iets daarvan daar uitgekom, maar dit was ook vir die vyf vliegtuie waarmee net hy en sy tweede vrou rond vlieg.

Finansiële wangedrag is eerste. uiteenlopendheid is onvermydelik. Hulle gee hulle oor aan ‘n leefstyl wat hulle nie in die sekulêre wêreld sal kry nie omdat hulle nie slim genoeg is nie, soos baie van vandag se Pinkster leiers. 90% van die Pinkster leiers van ons dag sou nie die leefstyle gehad het waarvan die koerante vol is, as hulle nie Pinkster leiers was nie.

Die tweede ding, wat in baie gevalle onder hierdie mense gevind word, is seksuele wangedrag? immoraliteit, gewoonlik gaan dit vir ‘n geruime tyd in die geheim aan voordat dit op die lappe kom. In die kort termyn van ‘n kultus is dit die waarskuwings tekens om pad te gee.

Die sonde van partygees sal daar wees wat op ‘n manier verwant is aan Gnostisisme. Hulle sal aanspraak maak op ‘n moderne verklarings van leerstellings wat ander nie kan verstaan nie en waarin hulle volgers ingelyf moet word. Na ‘n tyd sal mense wat nie verstaan om pad te gee nie hulle in ‘n finansiële gemors en uitbuiting bevind. In baie gevalle sal hulle die Skrifte met betrekking tot tiendes verdraai om hulle doel te bereik. Immoraliteit sal daar wees, gewoonlik is dit seksueel, en soms ook van ‘n afwykende seksuele natuur.

Hoe dit plaasvind.
Voordat Satan die kerk in die 4de eeu verheidens het was sy eerste truuk volgens die Nuwe Testament om die kerk te Judafiseer. Dit is nie dieselfde as verjoods nie omdat die Kerk teologies Joods is. Israel is die natuurlike wortel. (Rom. 11)

Ons moet die Skrifte verstaan uit ‘n Joodse Christelike perspektief en nie uit ‘n Hellenistiese perspektief nie. Die Here het Sy Woord deur Sy mense geopenbaar, ‘n nasie met ‘n gegewe kultuur en ons moet dit verstaan.

Dit is belangrik om Bybelse Judaïsme teologies en Bybels te verstaan om so Bybelse Christelikheid te verstaan. Jesus het die Wet vervul. Satan se eerste misleiding was om mense terug te kry onder die Wet in plaas daarvan dat die Wet ons na Christus lei. Dit het niks te doen met onderhoudings nie.

Ons as ‘n familie wat Israeliese Jode is, wie se kinders in Galileë gebore is, onderhou die Pasga omrede ons kultuur en getuienis vir ongeredde Jode. Daar is ‘n Mezuza aan die deur en ons praat Hebreeus by die huis. Ons het Hanukkah en Purim en al die Joodse feeste. Ons gaan Sondae na ‘n Kerk toe en ons deel met ‘n Messiaanse gemeenskap op Saterdag? Shabbat. Dit gaan oor mense wat kultuurlik Joods is en hulle kultuur wil behou om aan Jode in hulle eie kultuur te getuig, dit is nie verkeerd nie. Ook is dit nie verkeerd om aan Jode te getuig deur mense wat die kultuur aangeneem het soos wat Paulus in 1 Korinte 9 sê nie. Waaroor dit gaan is wanneer iemand wil beweer dat dit nodig is vir redding of vir regverdiging. “Wel jy kan deur genade gered wees, maar….” Wanneer gesê word dit is nodig vir redding dan is dit “wettisme”. Wanneer daar bykomstige dinge nodig is vir regverdiging terwyl iemand deur Jesus gered is dan word dit geken as Nomianisme, van die Griekse woord “nomos”.

Vandag is daar twee soorte groepe waarvoor mense versigtig moet wees, mense wat onder twee verbonde wil lewe. Een is die ekstreemse sy van die Messiaanse beweging. Hier word nie gepraat van goeie Messiaanse Bybelse leraars soos Arnold Fruchtenbaum of die mense wat Christene help om die Joodse agtergrond van die Nuwe Testament te verstaan nie. Dit het ook nie betrekking op diegene wat op ‘n Joodse kultuurlikse manier aanbid om Jode te Evangeliseer nie. Dit gaan oor diegene wat probeer om mense te oortuig om die Wet verpligtend te onderhou.

David Kriss van Melbourne is gevaarlik man. Maar hy is nie die enigste Messiaanse ekstremis nie. In Engeland is daar Philip Sharp wat in die tronk beland het. Hy het sy Israelse vrou en kinders gelos en mense in ’n vergadering oortuig om hom as die Koning Messias te kroon. Hy is ‘n “Messiaanse Joodse Rabbi”, van hierdie mense is van hulle trollie af. Daar is ‘n soort Halachic gemeenskap in Queensland wat ek nie met ‘n paal wil aanraak nie. Dit gaan nie oor die goeie mense nie maar oor die wat die kluts kwyt is. Dit is egter nie net die Messiaanse Jode wat dit doen nie, wat weer die skeiding muur wil herbou nie.

Daar is ‘n ander groep mense wat ook probeer om onder twee verbonde te lewe: Die Sewende Dag Adventiste, die meeste van die volgers van David Koresh was Sewende Dag Adventiste.

Wanneer mense in fundamentele leerstellige dwalinge betrokke raak, veral soos om te probeer om onder twee verbonde te lewe, dan stel hulle hulleself oop vir baie erger dwalinge. Dit is ‘n saak van vlakke.

Dit is moeilik om te glo wat besig is om te gebeur as jy lees oor David Koresh, maar daar was al Evangeliese kultusse wat mense kon oorreed om ongelooflike dinge te doen.

Toe die tragedie met Koresh plaasgevind het, met al die internet materiaal, het ons gesien dat Koresh die patroon tot in die fynste besonderheid gevolg het. Onthou die SDA maak daarop aanspraak dat hulle weergebore is of dalk net gered, maar met ‘n hoop valse leerstellings: Die partygees, Nikolaisme en al die ander dinge? terug onder die Wet.

Koresh het 13 ure aanmekaar Bybel studie gehou en altyd oor Openbaring en oor homself gepreek. Wanneer iemand nie aandag gegee het nie of aan die slaap geraak het, het hy stoele en dinge rond gegooi. Hierdie Bybel studies was ontwerp om mense te breinspoel vir ‘n apokaliptiese kataklisme van ‘n aard wat sou gaan gebeur, maar altyd deur suggestie en nooit direk nie met die idee dat redding net sou kom deur hulle verhouding met hom in hierdie komende lotsbestemming. Hierdie mense was so gebreinspoel dat met die konfrontasie met die FBI het hulle geglo dat dit die Openbaring gebeure was wat hulle moes verwag het. Maar dit het nie so begin nie. Wat laat mense sulke dinge doen? Koresh moes die enigste opper gesags figuur word. Hy het hierdie mense laat glo dat hy halfgod was. Praat van Gnostisisme!

Net sy semen was goddelik deurtrek, so, net hy kon kinders verwek! Mans mag nie deur hulle vroue en kinders gerespekteer word nie, so het hy hulle verneder. Net sy gesag moes erken word. Hy het aantreklike vroue oorreed om in vergaderings op te staan en hulleself aan die mans te ontbloot, “Wie is aangevuur deur dit?” Dan het hy hulle in die openbaar verneder oor hulle wellus. Die man was van sy verstand af!

Sy kamers was bo in ‘n dubbelverdieping terwyl die mans in ‘n millitêre styl barakke geslaap het, net die voue kon na hom opgaan soos wat hy hulle beveel het, maar hulle was nie altyd volwasse vroue nie daar was ook meisies so jonk as 11 jaar.

Baie van hierdie mense wat doodgemaak is was sekerlik sy kinders. Hy het die mans so sleg gemaak dat hulle vroue nie na hulle mans kon opkyk as ‘n geestelike gesag nie en as hulle dit wel gedoen het hy hulle op ‘n ander manier verneder.

Hy het SDA tipe voedsel wette ingestel wat hy ook van tyd tot tyd aangepas het en as die vroue ‘n verkeerde soort aangekoop het? het hy hulle verskreeu en in ‘n ry laat staan, hulle gedwing om hulle klere uit te trek en hulle met plakke geslaan, dit het vir dae aangegaan, hulle moes voor hulle kinders ontklee en sê: “Sien julle wat gebeur met slegte mammas?”

Hoe het hy hulle gekry om sulke dinge te doen? Wanneer ouers so ver gedaal het om hulle 11 jaar oue dogter as ‘n seks slaaf oor te gee dan is die logiese volgende stap valse leerstellings en dit wat daarop volg. Wanneer jy dinge lees wat die Kingdom of the Cults en wat mense soos Joseph Smith gedoen het (Nog ‘n seks pervert) dan kom jy agter hoe perverte seks deel geword het van kultusse. Opregte mormone is die fundamentaliste, dit is hulle wat Brigham Young and Joseph Smith doelgerig volg.

Met ‘n uitreik aksie van Moriel onder Mormone in Manti? Utah? het ek ‘n man ontmoet met agt vroue. Hoe kry hierdie mense dit reg om vroue in sulke dinge betrokke te laat raak? Dit is nie moeilik om te verstaan as jy sien hoe oud hierdie vroue was toe hy met hulle getrou het nie. Hulle is pedofiele, dit is hoe hulle dit gedoen het.

Wanneer Wedergebore Christene dieselfde dinge Doen.
Maar daar is iets meer skrikwekkend as David Koresh of die Mormone. Wat van wedergebore Christene, geredde Christene wat dieselfde dinge doen? In 1978, op voorblaaie van die New York Poast was daar ‘n kultus wat weg gebreek het van die Luteraanse kerk in Minnesota, evangeliese Luteraane het kinders in ‘n metaal stoel gesit met hulle hande vasgebind en hulle met elektrisiteit geskok terwyl hulle ouers bygestaan het omdat hulle nie aandag in hulle Sondag skool gegee het nie. In Kalifornië was daar ‘n groep wat mense (vrywillig) geslaan het om die duiwels uit hulle te dryf. In Engeland was daar ‘n jong meisie, ‘n student in die regte oorspronklik van Gibraltar wat na ons bidure toe gekom het wat nadat sy gegradueer het met kultus? Raima deurmekaar geraak het. Omdat sy Spaans kon praat het hulle haar na Chicago gestuur.

Hier het sy met ander Christene in aanraking gekom wat in dieselfde dinge gevang was. Gnostisisme, Nikolaisme? en al die geld het na hulle toe gegaan. Omdat sy meertallig en goed opgelei was het sy meer vryhede gehad as ander vroue en sy was toegelaat om my en my vrou te ontmoet. In hierdie groep het die leiers hierdie mense oorreed om in geloof met HIV positiewe mense te trou en dan op God te vertrou. Babas is met Vigs gebore en mense het gesterf aan Vigs terwyl hulle leiers huwelike met HIV positiewe mense aanbeveel het, hulle het hulle eie doodsvonnisse geteken. Hierdie is wedergebore Christene! Ek het haar aan my vrou voorgestel en haar ouers in Engeland gekontak en haar na ‘n veilige plek gevat en vir die mense daar gesê hulle moet haar opsluit tot die volgende dag waarna ek het vir haar ‘n vliegtuig kaartjie gekoop het terug na Engeland. Dit is die soort beheer wat begin met ‘n partygees wat gekoppel is aan Gnostisisme en Nikolaisme.

‘n Tree Verder.
Wanneer mense vergeet dat Jesus ons Wysheid is (1 Kor. 1:30) dan begin hulle opkyk na wysheid van mense. Wanneer ‘n gelowige nie meer ‘n Beriaan is nie dan gee hy homself oor aan die soort beheer oor sy lewe wat teen die wil van God is behalwe Homself.

(Maar ook God sal Hom nie op mense afdwing om hulle te manipuleer nie.) Dit kom by ‘n punt waar mense onbybelse dinge sê en doen terwyl niemand iets daaroor iets sê nie, immorele dinge! Hulle verloor hulle kapasiteit om rasioneel te dink! Dit verskil net in vlakke tussen die sogenaamde “Christen” kultusse en die valse Christene. In Utah dra die Mormone T hempies wat sê: “Brigham Young het dit gesê, Ek glo dit, en so sal dit wees.” Wanneer ‘n JW’s in ‘n hoek gedryf word oor ‘n onderwerp dan sê hulle dieselfde dinge, hulle word opgelei om dit te doen.

Mormone val terug na hulle belydenis, ‘n subjektiewe proklamasie. “Ek het ‘n las in my hart om jou te vertel dat die Mormoonse Kerk die Ware kerk is.” Dit is veronderstel om alles reg te verklaar. Dit maak nie saak wat logies reg en verkeerd is nie, dinge wat hulle nie kan verklaar nie, hulle getuienis is die alfa en die omega! Totaal subjektief.

Ek praat met ‘n Mormoon en sê vir hom: “Ek hou van jou T hemp!” Hy sê: “Halleluja!” Ek sê vir hom: “So jy glo daar is kwakers op die maan? En jy glo dat as Brigham Young dit gesê het dan is dit waar? Hier staan dit in julle kerk Tydskrif “Journal of Discourses.”

Brigham Young en Joseph Smith sê daar is kwakers op die maan wat al meer as ‘n duisend jaar oud is, Brigham Young sê hulle is ook op die son?” Ek sê vir ‘n swart Mormoonse man: “Weet jy wat, die Nuwe Testament sê dat die eerste nie?Jood wat Christus aangeneem het was ‘n swart Afrikaan man van Ethiopië! En weet jy wat het die Mormoonse kerk, Brigham Young oor jou te sê? Hulle sê jy is ‘n afstammeling van die gevalle engele, duiwels? Wie wil jy volg? Jesus wat lief is vir jou of ‘n Mormoon wat sê jy is ‘n duiwel omdat jy swart is? Kyk hier staan dit!” En wat is die Mormoon se antwoord? “Ek het ‘n las in my hart om jou te vertel dat die Mormoonse Kerk die Ware kerk is.” En wat het ek vir hom gesê? “Ek het ‘n las in my hart en ek vertel vir jou daar is lewende Kwakers op maan!” Logika is by die venster uit, die eenvoudige leer van die Skrifte is by dieselfde venster uit! Subjektiwiteit skop in.

Nugter Denke
“En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.” (1 Pet. 4:7)

Onthou julle die video van Rodney? Howard Brown en Copeland waar hulle mense aangespoor het om dronk te word en om nie te bid nie? ??word dronk in die gees? ??ingetoë en nugter?

“Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter… (1 Pet. 1:13)

“ Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (1 Pet. 5:8)

Drie keer waarsku Petrus? “Wees nugter”. Paulus waarsku: “maar julle wees nugter”. (2 Tim. 4:5)

Dieselfde Petrus wat hulle in die Toronto vergaderings aangehaal het oor die “dronk” in die gees leuen is die een wat gesê het die mense is nie dronk nie. (Hand. 2:15) Die mense het van die Groot Dade van God gehoor, hulle was nie histeries dronk soos Howard? Brown leer nie!

Ek het met vyf pastore in Melbourn gepraat wat gevang is in die Toronto dwaling en vir hulle videos van Howard Brown en Copeland gewys wat hulle nie kon verdedig nie. Hulle het geweet dit is ketters, vleeslik, en ook demonies maar nog steeds het hulle hierdie mense ondersteun. Hoekom? Hulle was nie blind nie, hulle was moedswillig blind! Dit is die soort kerk leiers wat hele gemeentes mislei! Jesus Christus gaan hulle as herders verantwoordelik hou vir hierdie dinge. (1 Pet. 5)

Die vrug van die Gees is egkrateia in Grieks – “selfbeheersing”. (Gal. 5:22-23) Dit en wat Petrus gesê het oor om nugter te wees was aan hulle uitgewys, maar hulle antwoord het niks met die Bybel te doen gehad nie! Was hulle antwoorde logies? Nee! Het hulle kulties geantwoord? Ja! “Ek was so geseën, ek weet dit was reg omrede dit wat met my gebeur het!” Wat het die Mormoon gesê? “Ek het ‘n brandende gevoel in my bors en ek weet dit is die waarheid!” Dit is nie logies nie en by dieselfde venster uit met Bybel en al. Dit is net ‘n geval van vlakke.

Daar is nie meer ‘n groot verskil tussen die Assemblies of God en die Mormone nie, hulle is op dieselfde pad. Daar is egter nog goeie gemeentes onder die Assemblies of God kerke en ek dink hulle moet opstaan teen hierdie dinge en uitkom onder hulle anders gaan hulle op dieselfde pad beland, dit is net ‘n geval waar die een net ‘n paar tree verder weg is as die ander.

Verder op dieselfde Pad.
Die sielkundige gebondenheid wat hier plaasvind het ‘n demoniese karakter. Wanneer mense uit hierdie dinge kom dan is hulle outomaties verstoot deur die ander wat nog steeds deel is van die kultus. Dit is soos katolisisme. Wanneer jy die “enige ware kerk” verlaat is dit ‘n sonde tot die dood, daar is geen vergifnis nie? jy gaan Hel toe. Hulle gaan teen diegene draai wat padgee terwyl hulleself in gebondenheid bly. Maar is die wat padgee vry? Nee, nie in die begin nie.

Mense wat uit ‘n kultus kom is baie deurmekaar as gevolg van die pyn van al die manipulasies, dit vat ‘n lang tyd vir mense om uit ‘n kultus pad te gee, maar nog langer om ‘n kultus uit mense te kry. Dit is soos die Rock lied? Hotel California? “Jy kan enige tyd gaan maar jy kan ons nie verlaat nie”. Hulle bly in ‘n sielkundige en geestelike gebondenheid en meer ernstig as hulle in hierdie dinge tot redding gekom het. Hulle kan nie in ander kerke geakkommodeer word nie omdat ander kerke nie kan verstaan wat hulle deurgegaan het nie. Hulle het ‘n geheime vrees. “Wat as hulle reg was?” Dit is ‘n geveg wat baie lank kan duur. Baie van hierdie mense kry senuwee ineenstortings en hulle word geestelik siek. Drank en verdowingsmiddels en selfmoord en huwelike wat in slag bly is baie keer die volgende stap as gevolg van hierdie dinge.

‘n Ander groot nagevolg van hierdie dinge is dat mense so seer gekry het dat hulle nooit weer ander kerke kan vertrou nie en so word die oplossing van ‘n slegte kerk? geen kerk. Die oplossing van swak leierskap word geen leierskap nie.

Die regte oplossing vir swak leierskap en slegte kerke? is goeie leierskap en goeie kerke maar hulle kan dit nie aanvaar nie. Ander mense verstaan nie waardeur hulle gegaan het nie, hulle verstaan nie wat binne in hulle aangaan nie. Hulle kan nie by ander kerke inpas nie totdat iets gebeur, dit vat lank om te gebeur maar uiteindelik kan dit gebeur… Dit is ‘n groot probleem en dit word al groter en voordat Jesus terugkom gaan dit nog groter word.

Leon Festinger, ‘n sosiologiese sielkundige het godsdienstige sielkunde geindentifiseer as “Oorwegende onenigheid” Ek weet nie of hy ‘n Christen is nie, maar wêreldse sosiologie en sielkunde sien hierdie

dinge. Oorwegende onenigheid is wanneer mense so vasgevang word in ‘n sekte deur swaarhand leiers wat dinge profeteer wat nie gebeur nie. Maar in plaas daarvan dat hulle hulle gesonde verstand gebruik en padgee word hulle al meer toegewyd aan die sekte.

Een van die dinge wat gedoen moet word wanneer JW’s aan jou deur klop is om vir hulle van hulle eie afskrifte van die Wagtoring of die “Awake” boekies te wys waar hulle leiers dinge geprofeteer het wat nie gebeur het nie en vir hulle daarop te wys dat hulle valse profete is. (Deut. 18:22) Maar hulle kan dit nie sien nie.

Gerald Coates het ‘n aardbewing in New Zealand geprofeteer wat nie gebeur het nie terwyl daar in vier en veertig kerke van die Elim kultus oorlewings kursusse aangebied was! Wat van Rick Joyner en al sy valse profesië in sy boek “The Harvest”? Hy het onderandere gesê kommunisme gaan seëvier maar vyf maande later val die yster gordyn? Wat van die Kansas City Profete, mense soos Paul Caine en Mick Bickle wat in Oktober 1990 ‘n groot herlewing in Brittanje en Duitsland geprofeteer het, dit het nie gebeur nie en in die laaste 10 jaar is meer Moskees in Engeland opgerig as kerke? Wat van Benny Hinn, Rodney Howard Brown wat vals geprofeteer het? Wat maak ons met sulke mense? Deut. 18 sê gee pad van hulle, moet niks met hulle te doen hê nie, moenie bang wees vir hulle nie. In ‘n kultus maak dit egter nie saak nie.

Is daar ‘n verskil in wat die JW’s of die Mormone en mense soos Hinn en Howard Brown doen? Nee daar is nie, die een is maar net verder in dieselfde pad af as die ander? dit is? “oorwegende onenigheid”.

Wêreldse sielkunde sien dit, die wêreld sien dit maar misleide mense word nog meer toegewyd aan hierdie kultusse.

Hulle sal altyd verskonings aanbied om hulleself te verdedig of met ‘n ander datum kom en as dit nie werk nie begin hulle weer van vooraf. Mense wat mense volg in plaas van Jesus Christus.

Ons sien mense in ‘n gebondenheid, geredde Christene is dood, families en huwelike word verwoes. Hulle is bedrieërs en misleiers, onstabiel en onseker en hulle weet niks van die dinge wat hulle moet weet nie. Hulle is baie bang vir mense wat meer weet as hulle en stel nie belang in opvoeding nie, maar aan die ander kant is daar ook mense wat ‘n afgod daarvan maak.

Arnold Fruchtenbaum het gesê: “Ek gee nie om of jy van die “Plymouth Broeders”, of wat se Broeders ook al is nie, moet net nie ‘n oningeligte broeder wees nie.”

Dieselfde as die Sanhedrin.
Wanneer iemand deur hierdie dinge gered is en dit al is wat hulle nog ooit geken het, dan is dit verstaanbaar hoe dit met hulle kon gebeur. Maar wat gebeur met mense wat in hierdie dinge betrokke raak wat nie deur dit tot redding gekom het nie? Dit is baie sleg.

Veronderstel jy was deel van een van hierdie groepe in dieselfde patroon, hoe die leiers optree, hulle vrees vir kennis, almal weet wat hy nie weet nie, wat ander gebruik as sy boodskappers, hy het ‘n spesiale insig in die Bybel wat as ander dit nie kan sien nie hulle in rebellie teen God is omdat hulle nie onderdanig aan sy gesag is nie, ander draai teen jou en veroordeel jou en spreek ‘n vloek oor jou uit.

(Hulle sal altyd vir jou vertel van mense wat hulle verlaat het en daarna gesterf het.) Hulle is baie selektief oor hoe hulle dinge hanteer, hulle werk soos die sanhedrin.

Die Sanhedrin het Jesus voor hulle hof gestel. Hoekom het julle Jesus nie in die Tempel gevange geneem waar almal kon sien nie? Hierdie mense sal nooit in die openbaar in ‘n debat voor ‘n video kameras betrokke raak nie, maar altyd saam met hulle maatjies.

Michael Brown, die misleier van Pensecola, sogenaamde teoloog en ‘n groot geleerde in Hebreeus kan nie Hebreeus praat nie. Hy het ‘n paar jaar terug na Israel toe gekom en vertel dat die vuur wat 22% van Israelse plantegroei verwoes het die embleem was van die uitstorting van God se Heilige Gees oor Israel. Hy het mense sover gekry dat hulle ‘n hele nag gesit en wag het vir die tweede Pinkster wat sou kom. Ek en hy sou mekaar in openbare debat oor Pensecola ontmoet maar toe hy uitvind dat ek al die band materiaal by Joe Chambers gekry het waar Kilpatrick leuens verkondig het oor ’n rukkende meise, het hy dit onmiddellik gekanselleer.

Kultus leiers sal jou nie op eie terrein aanvat nie. Hulle sal altyd soos die Sanhedrin jou op hulle terrein aandurf en nie in die openbaar nie, dit is waar hulle in beheer is.

Opsomming.
Soms vat dit maande selfs jare vir mense om ‘n persoon uit ‘n sentrale rol in sy lewe te kry en Jesus Christus in plek daarvan te stel. Hierdie mense is in ‘n verskriklike gebondenheid en as jy nie self in so iets betrokke was nie sal jy nie verstaan waarvandaan hierdie mense kom nie, jy sal hulle probleme nie verstaan nie. Hoekom kan hulle nie inpas nie? En nie net dit nie, baie van dit wat hulle sê is die waarheid, die Kerk is “louwarm”. Die kultus was meer toegewyd. Dit is baie waar en dit is ‘n groot gevaar. Hulle praat nie net leuen leuens nie, hulle vertel Satan se leuens, hulle verdraai die waarheid. Kyk na die resultate, die skade dit is nie moeilik om te sien nie.

Hulle het sosiaal as ‘n kultus en teologies as kerke ontstaan, maar gee hulle ‘n paar jaar? nie meer as 10 nie dan sien jy kettery. Finansiële korrupsie, immoraliteit, maar miskien aan die einde daarvan sal jy Jesus vind.

As jy gebonde is aan so ‘n groep dan sê die Bybel: “Waar die Gees van God is, daar is vryheid.” (2 Kor. 3:17)

Die voortreflikheid van die feit dat jy in ‘n gebondenheid is vertel vir jou dat dit nie God se Gees is nie want waar die Gees van God is daar is vryheid.

Gebondenheid is ‘n ander gees, ‘n party gees, ‘n vleeslike daad, ‘n sonde, die teenoorgestelde van die vrug van die Gees. Vleeslike dinge, ons ou natuur is die teenoorgestelde van die vrug van die Gees, jy is in gebondenheid. Die som totaal van alles is dit: Hou jou oë op Jesus en een Bybel vers uit die Bybel sal vir jou ‘n werklikheid word soos nog ooit te vore:

“As die Seun jou vrygemaak het sal jy waarlik vry wees.” (Joh. 8:36)


Is dit reg om te Oordeel?

https://www.youtube.com/watch?v=hi0Yt2y9zCc&feature=youtu.be

Hierdie is ‘n vraag wat vir talle Christene ‘n groot probleem is.

Die Apostel Paulus skrywe in 1Kor.10:15 en 1 Kor. 2:15: “Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê. “Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge”.

Jesus beveel (Joh.7:24/Luk.7:43/12:57: “Oordeel ‘n regverdige oordeel” “Jy het reg geoordeel” “En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?”

Jesus beveel in Joh.14:15: As julle My liefhet, bewaar My gebooie.

Die HERE beveel ons om te oordeel, dit is ‘n bevel van die HERE.

Valse leraars en lerings.
Pasop vir die valse profete (Matt.7:15) is ‘n waarskuwing en ‘n bevel van Christus.

Maar hoe kan ons “pasop” en hoe sal ons weet dat hulle valse profete is as ons nie mag oordeel nie? Is ons God gegewe standaard waardeur ons kan oordeel dan nie die Woord van die HERE nie? Jes.8:20: Tot die wet en die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie Woord nie, is hulle ‘n volk met geen dageraad nie. (Daar is Geen LIG in hulle nie)

Paulus vermaan die gelowiges: (Rom.16:17-18) En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hulle vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges. (Merk en vermy die valse leraars en hulle leerstellings wat nie volgens die Woord van die HERE is nie) As ons nie mag oordeel nie, hoe kan ons dan hierdie bevel uitvoer?

Die HERE verwag van ons om die Skrifte te ken en sodoende ‘n regverdige oordeel te oordeel. U moet ook oplet dat dit die valse leraars is wat verdeeltheid in die gemeentes bring en nie diegene wat teen die valse leerstelling protesteer nie! Ons moet hulle MERK en VERMY!

Daarom gaan onder hulle uit en sonder julle af  2Kor.6:17) (van) Mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het. (2Tim.3:5) Onttrek julle aan elke broeder wat onordelik wandel (2Thess.3:6) En hou nie gemeenskap met die met die onvrugbare werke van die duisternis nie (Eff.5:11) Verafsku wat sleg is, hang die goeie aan. (Rom.12:9) Beproef alle dinge, behou die goeie (1Thess.5:21) Dit sal vir ons onmoontlik wees om hierdie voorskrifte na tekom as ons nie mag oordeel nie! En onthou, dat niks goed is in die Oë van die HERE, as dit nie volgens die Woord van die HERE is nie.

Die Apostel Johannes skrywe: Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan (Oordeel, toets).Want baie verleiers (Valse profete en leraars) het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie en groet hom nie. (Moet hom nie voorspoed toewens nie) (2.Joh.7:10-11) Die Woord van die HERE leer dat ons moet oordeel tussen die wat die waarheid, én die valsheid verkondig!

Wanneer ‘n gelowige in die HERE enige bystand verleen aan ‘n denominasie of leerstelling wat ‘n ander, verdraaide, en of ‘n nuwe evangelie / leerstellings verkondig, is dit volgens die Woord van die HERE dieselfde as om hom/haar in die mees effektiefste manier voorspoed toe te wens. En so word diegene dan ‘n deelgenood van bose dade en of ‘n persoon wat mense hel toe lei. Dit is angswekkend, maar dit is die waarheid!!
Hef u self op, kind van God. As u skuldig is, vra vir onse HERE om vergifnis omdat u skuldig was aan misleiding van kosbare siele waarvoor onse Here Jesus Christus aan die kruis gesterf het. (U eie siel is ook kosbaar by die HERE)

As u gewillig is om te ly vir die Waarheid, Jesus, Die Woord van God, dan sal u die belangrikheid van hierdie saak insien! As ons verdra sal ons saam met Hom regeer. (2Tim.2:12)

Matt.7:1-5: Moenie oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie.
Hierdie is een van die misbruikte en ‘n baie belangrike Skrif in die Woord van die HERE. Lees dit egter deeglik dan sal u sien dat hier gepraat word met ‘n Geveinsde.

Hier word nie gepraat met diegene wat na die Waarheid soek nie. Hierdie is ook nie ‘n verbod ten opsigte van ‘n opregte oordeel nie, maar ‘n duidelike waarskuwing teen ‘n skynheilige oordeel. Die feit is dat die laaste gedeelte van hierdie Skrif beveel ‘n baie opregte ongeveinsde oordeel; V5: “Dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal”

As ons ‘n vers of ‘n gedeelte van ‘n vers uit sy konteks haal en verdraai, dan kan dit aanleiding gee dat dit die teenoorgestelde betekenis tot gevolg kan hê.
Die mense wat dit doen kom regstreeks onder die oordele van onse HERE tot hulle eie verderf. (2Pet.3:16).
Laat dit vir almal ‘n waarkuwing wees sodat ons nie ‘n Skrifteks buite konteks tot ons eie eer, soos wat baie valse leraars doen, sal aanwend nie.
Baie sal baie vroom die Skrif : “Moenie oordeel nie” buite konteks aanhaal om sodoende hulle valse leerstellings te verdedig, maar deur hulle eie tekorkomings oordeel hùlle diegene wat gehoorsaam en getrou is aan die bevel van die HERE. Dit is baie tragies dat so baie on Skriftuurlike leerstelling skuiling vind in bogenoemde Skrif.

Die rede waarom die Christendom deur die nuwe Sataniese Wêreld Orde met heuning om die mond verlam is, is omdat hulle nie gehoorsaam is aan die bevel van die HERE om die valse leraars en leerstellings te oordeel en hulle te merk en te vermy nie!

Fisiese gesondheid word onderhou deur wegtebly van die kieme wat siektes kan veroorsaak. Net so is dit met ons Geestelike gesondheid, ons moet ontslae raak van die kieme van die valse leraars en lerings! Die HERE wil dat ons daagliks die Skrifte soos die Beréane ondersoek om seker temaak dat dit wat vir ons voorgesit word geheilig en gereinig is. (Hand.17:11)

In Rom.2:1-3 lees ons van die godsdienstige skeinheiliges wat hulself veroordeel omdat hulle self skuldig is aan die dinge waarmee hulle ander oordeel. Jak.4:11 verwys na ‘n bose gees van kwaadsprekery en foutvinders, en nie na die oordeel waar persone verskil oor die betekenis van ‘n Skrifteks nie.

Die Woord van die HERE weerspreek Hom nooit. Om ‘n gedeelte van ‘n Skrif te verstaan, moet ons dit beskou in verhouding tot die hele Skrif.

Geen Skrif profesie of uitleg is ‘n eensydige verklaring nie. Ons moet altyd geestelike dinge (woorde) met geestelike (woorde) vergelyk. (2Pet.1:20 / 1Kor.2:13)

Die goeie saad en die onkruid.
Hierdie gelykenis wat opgeteken is in Matt. 13:24-30;36-43. word net so verkeerd aangehaal. Eerstens praat Koning Jesus van die wêreld, en nie van Sy kerk, of gemeente nie. “Die saailand is die wêreld” En verder “Die goeie saad, dit is die kinders van die Koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose.” Hierdie is die twee groepe mense in die wêreld, Kinders van die HERE , diegene wat Jesus Christus aangeneem het as hulle Verlosser (Joh.1:12), en die kinders van die Duiwel, Diegene wat Christus verwerp (Joh.8:44) Wanneer daar “kinders van die Bose” in ‘n belydende gemeente van Christus kom, is daar sekere stappe volgens die Woord van die HERE wat geneem moet word. Eerstens is dit die plig van die gemeente om hulle te vertel dat hulle geen deel en lot in hierdie saak het nie. (Hand.8:21-23)

As die kinders van die Bose nie uit hulle eie wil loop nie, soos gewoonlik die geval is, is die bevel aan die kinders van die HERE om die deeg van die suurdeeg (die ongelowiges) te suiwer.

Maar omdat die gemeentes ongehoorsaam is aan die Woord van die HERE, het die ongelowiges beheer verkry in die meeste gemeentes. 2Kor.6:17) Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af; spreek die Here? Ongeag van eiedom of enige ander oorweging, as ons gehoorsaam is aan die Woord van die HERE, kan ons op Hom vertrou vir al die nagevolge van ons gehoorsaamheid.

Die gesalfde vandie HERE.
Oor en oor word daar in die gemeentes gehoor dat mense nie die gesalfdes van die Here moet teestaan nie, sogenaamde gesalfdes wat onkruid saai in die Tuin van die HERE. Mense wat oënskynlik ‘n baie groot diens verrig deurdat hulle bedieninge groot mense getalle verteenwoordig. As hierdie mense se Skrif ontoereikendheid aan hulle uitgewys word, word dit baie duidelik gehoor; “Moet nie die HERE se gesalfdes aanraak nie” Hierdie is ook een van die planne van die mens wat deur die Satan bewerk word. Dawid het geweier om Koning Saul, sy vyand, om te bring met die swaard om sodoende koning van Israel te kan word (1Sam.24:1?15) Die HERE, en nie Dawid nie het Saul volgens die besluit van die HERE verwyder (26:8?10) Die bediening van die Koning van Israel was geoordeel volgens die bevele van die HERE, en geen mens is uitsonderlik of verhewe bo die Woord van die HERE nie. Samuel die profeet het opgetree volgens die bevel van die HERE. Toe Saul op die bevel van die HERE die Amelekiete moes vernietig het hy met vroomheid besluit hy gaan van die buit spaar vir offergawes. (1Sam.15:3/15) Dit was ongehoorsaamheid volgens die bevel van die HERE, en Koning Saul was nie verhewe bo die Woord van die HERE nie!

Die HERE het behae in gehoorsaamheid, maar wedersterwigheid en eiesinnigheid is dieselfde sonde as towery/waarsêery. (V20?23). Om gehoorsaam te wees is beter as offergawes.

Saul het ‘n baie sigbare getuienis wat al die kinders van die HERE beinvloed. Toe hy nagelaat het om te regeer volgens die absolute standaard volgens die Woord van die HERE, het die getroue profeet van die HERE ‘n bevel ontvang om op te tree teen hierdie oortreding. Nie om Saul se lewe te neem nie, maar om hom te betraf vir sy sondes volgens die riglyne van die Woord.

Skriftuurlike bestraffing vir ongehoorsaamheid van ‘n broeder, is nie die aanraak van die gesalfde van die HERE nie, dit is om te voldoen aan die bevel van die HERE.

Wat beteken die woord “oordeel” in grieks:
Krino = Judge /oordeel (Die HERE doen dit)

Anakrino = discern / onderskei / waarneem ( Ons word beveel om dit te doen) Diakrino = Decide / beslis / bepaal / besluit. ( Ons word beveel om dit te doen) Gnome = Point of view / siens wyse /denkbeeld. (Ons mag dit nie doen nie) Krina = Judgement / Vonnis uitspraak. (Die HERE doen dit)

Krites = Our judge. Uitspraak / opinie* (Ons mag dit nie doen nie)

Hypokrites = Hypocrite / Skynheiligheid / geveinsde. (Ons mag dit nie wees nie) Kritko = Critisize / Beoordeling. (Ons word beveel om dit te doen)

As ons Jesus Christus liefhet sal ons gehoorsaam wees aan Sy gebooie. Die HERE sê dit is verkeerd om te “Krino” Oordeel, Maar om te Anakrino and Diakrino / te onderskei / en te bepaal, word ons beveel om te doen. As u versuim om hierdie oordeel toe te pas is u mislei en het u die opinie/sienswyse van mense lief.

Is dit nie merkwaardig hoedat die sogenaamde broers en susters u kan vertel van die Woord van die HERE nie, maar dat hulle net gehoorsaam is aan die die Skrifte wat hulle pas. Ons moet gehoorsaam wees aan die HELE SKRIF.

Wat ons nie mag oordeel nie.
Gewetensbesware/ beginsels. Die HERE verbied ons om iemand te oordeel deur wat hulle eet, of die hou van dae. Rom.14 / 1Kor.10:32-33 /Kol.2:16-17.

Ons mag nie die motief of beweegrede tot ‘n saak oordeel nie: 1 Kor. 4:1:5. Daar is net Een harte Kenner en dit is onse HERE, Hy ken die bedoeling van elke hart.

As ‘n persoon belei dat hy/sy gered is, mag ons nie oordeel of so ‘n persoon gered is of nie.

Die Here weet wie aan Hom behoort. (2Tim.2:19) Ons moet eerder onsself toets volgens 2Kor. 5:17: “Daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword” As hierdie verandering nie plaasgevind het nie, dan is alle belydenisse tevergeefs!!

Ander Dinge wat ons moet oordeel.
Onsedelike optredes deur gelowiges moet veroordeel word. 1Kor.5 vertel ‘n treurige verhaal en sluit af in v13 met die Apostoliese opdrag: “Verwyder tog die slegte mense onder julle uit”. 1Kor 6:3 maak dit duidelik dat verskille tussen gelowiges, moet deur die gelowiges self beoordeel word en nie deur ‘n ongelowige hof nie. Hier word ‘n groot waarheid vir ons uitgelig:

Die heiliges sal die wêreld oordeel.

Ons sal die engele oordeel.

Broers en susters, laat ons toe dat die Here ons voorberei vir hierdie doel?

Ons moet onsself oordeel??. “Ondersoek julleself of julle in die geloof is, stel julleself op die proef” (2 Kor. 13:5) Want as ons onsself beoordeel het sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig (Opgelei) sodat ons nie saam met die wêreld geoordeel word nie. (1 Kor. 11:31-32).

Wat ‘n verandering en seën sal dit nie wees as ons ons eie foute oordeel soos wat ons ander se foute oordeel nie!!, en as ons ander mense se tekortkomings net so menseliewend sal oordeel as ons eie sondige lewe. Net so sal gelowiges hulself baie berispinge van die HERE bespaar as hulle hul ongehoorsaamheid aan die Here wil oordeel en bely. Net so moet Christene waak daarteen dat hulle nie met ‘n verkeerde houding oordeel nie, en so in die Duiwel se strikke te beland.

Ons almal moet voor die Regterstoel van onse HERE verskyn (2 Kor. 5:10) Dit sal goed gaan met die wat in die Lig van die Woord van die HERE wandel, maar nie so goed met diegene wat die Woord van die HERE aangeneem het, maar lewe vir die dinge van die wêreld!


Die tipologie van die Tempel

Baie mense vra die vraag: Gaan die Tempel weer herbou word?

Daar is vir baie jare al verskeie instansies besig met argeologiese opgrawings, rondom die tempel soos bv. deur die Hebreeuse universiteit se departement van oudhede. Dr. Kaufman van hierdie universiteit het ook opgrawings gedoen onder die tempel berg en opnames gedoen met die oog daarop vir die heroprigting van die tempel, en dit sal niemand verbaas as daar wel weer ‘n tempel gebou word nie, maar dit is ‘n ingewikkelde onderwerp, en om dit te verstaan moet ons by die begin begin.https://www.youtube.com/watch?v=gel3iNBmo8Y&feature=youtu.be

Verskillende Woorde vir Tempel.

Daar is drie hoof woorde in Hebreeuse en Griekse taal vir ‘tabernakel’ of tempel.

In Hebreeus is die woorde: ‘Mishkan’, wat Tabernakel, of woonplek beteken, en ‘Beit’ wat huis beteken, en ‘Haikhol’ wat tempel beteken. Bogenoemde word in verskillende kontekse in die Ou en Nuwe Testament gebruik. Die mees belangrike deel van die tempel of die tabernakel om te verstaan is die volgende: Dit is die Heilige Woonplek van God. Die woord ‘Shekinah’ verwys na die Heilige Gees, wat in ‘n wolk en vuur manifesteer. Die woord kom van die Hebreeuse wortel woord ‘Shekhan’ wat ‘woon’ beteken. Dit is waar ons die woord ‘Mishkan’, ‘God se woonplek’, een van die woorde wat vir tempel gebruik word, gekry het.

Die Tabernakel.

Die sewe hoof tabernakels in die Bybel.

Johannes hoofstuk een sê: “??en die Woord het vlees geword en onder ons gewoon” Die Griekse woord is ‘Kataskenoo’, wat beteken: ‘Om ‘n tent op te slaan’, wat verwys na die Joodse woon tradisie.

Die eerste Tabernakel word in Hebreeus genoem:?’Hah?ohel’, wat ‘n Tent van ontmoeting is.

Dit was ‘n dinamiese Tabernakel wat mobiel ontwerp was en deur die Leviete onderhou was. As dit gedurende die nag opgeslaan was, het die verkillende stamme van Israel in ‘n spesifieke orde rondom hierdie Tabernakel kamp opgeslaan. (Num.2:1-31)

Hierdie stamme was natuurlik die voorvaders van Israel, die Twaalf seuns van Jakob, en die Nuwe Testamentiese opvolgers was die Twaalf Apostels.

Die tweede tabernakel is die eerste tempel, die tempel van Salomo.

Die derde tabernakel is die tweede tempel, die tempel van Serubabel, wat later die tempel van Herodus genoem was toe hy dit vergroot het. Hy het inderwaarheid die gesig van Esegiël as ‘n bloudruk gebruik vir die bouwerk wat op die Grieks Romeinse styl gebaseer was om die Romeine te beïndruk.

Die vierde tempel wat Esegiël gesien het is moontlik die Millenium Tempel.

Die vyfde tempel: Jesus het van Sy fisiese Liggaam gepraat as die Tempel, (Joh. 2:19-21)

Die sesde tempel: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?. (1Kor.3:16)

Die sewende en die laaste Tabernakel is die Kerk, of die gemeente.

In bykans sewe plekke in die Nuwe Testament word die Kerk die Tabernakel van God genoem. (1Kor.3:16?17 / 6:19 / 2Kor. 6:16/ Ef.2:21 / Opb.3:16 / 21:3)

Elkeen van hierdie sewe Tabernakels volg die volgende patroon: Dit is ontwerp in ‘n vorm van kamer binne in ‘n kamer, binne in ‘n kamer. Daar is ‘n ‘Sanctum sanctorum’, die Allerheilige, wat in Hebreeus genoem word: ‘Ha?kodesh kodeshim’. Dan is daar die middel hof, en ‘n buite hof.

1Kor.3:16: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie”?. Die buite hof, of die plek van die Heidene, vergelyk met ons fisiese liggame, dit is wat almal sien en waarmee almal kontak het. Net binne die buitehof van die tempel in Jesus se tyd was daar waarskuwing aangebring vir die Heidene wat hulle beveel om nie verder te gaan nie, ‘n fisiese grens. Dan was daar die Heilige plek waar die Leviete ingegaan het om offers te bring. En laastens is daar die Allerheiligste waar God se Gees woon.

Die mees innerlike mens.

Dit is baie belangrik om die volgende te verstaan. As die buite hof wat almal kan sien ons fisiese liggame is, dan is die heilige plek ons siel, ons emosies, verstand en denke. Die Hebreeuse woord is ‘Nephesh’. En binne in ons siel is daar ‘n ander hof, dit is ons gees, ons mees innerlike mens. In die Nuwe Testament is die hart gebruik as ‘n metafoor vir die mees innerlike mens en in die Ou Testament was dit die niere.

Demoon besete Christene.

Kan Christene demoon besete wees? Die antwoord hang af van wat u meen by demoon besete. Christene kan demonies besete wees in hulle buite howe. Demone kan die liggame van Christene, hulle emosies en gedagtes aanval, en Christene kan onder demoniese verdrukkings wees, maar demone kan nié in die mees innerlike ‘Christen’ mens ingaan nie. Dit kan net met ongeredde mense gebeur. Die enigste manier waardeur ‘n Bybelse gelowige se mees innerlike mens binngedring kan word deur demone is wanneer diegene in ‘n totale verlorenheid teruggeval het, soos wat met Saul gebeur het.

Ongelukkig kan mense wat gevang is deur die Bevrydings Bewegings nie die onderskeiding maak tussen hierdie verskillende soorte mense nie en bevind Christene hulself in omstandighede waar hulle oorreed kan word dat hulle demoon besete is.

Daar is ‘n verskil tussen verdrukking en oorheersing, want daar is ‘n afsny punt vir Satan wat betref hoe ver hy met ‘n Christen gelowige kan gaan.

Mure van Skeiding.

Soos ons alreeds gesien het bestaan die tempel uit ‘n kamer, binne in ‘n kamer, binne in ‘n kamer, en hier kry ons die mure van skeiding. Die mees belangrike skeiding was die Behangsel tussen die Heilige en die Allerheilige, wat van bo tot onder geskeur het toe Jesus gekruisig is. (Mat.7:51)

Daar was ‘n muur van skeiding tussen die plekke waar die priesters ingekom het, en tussen die plek waar die gewone mense mag ingekom het, en ‘n ander skeiding by die hof waar die vroue kon ingekom het.

Vroue was deur ‘n fisiese grens geskei. Die priesterorde was geskei van die gewone mense deur ‘n grens, en die hoë priester was geskei met ‘n fisiese grens tussen hom en die res van die priesters en die res van die mense. En buite om al hierdie plekke was daar ‘n muur wat die Jode van die Heidene afgeskei het. Al hierdie skeidsmure tussen die verskillende plekke en mense was die resultaat van die skeiding tussen die onheilige mens en die Heilige God.

Abraham se Kinders

Die Jode het gedink dat hulle spesiaal is omdat hulle fisiese afstammelinge is van Abraham. Jesus sê egter vir hulle dat God instaat is om vir Abraham kinders uit die klippe te kan laat verrys. Wat Christus hier in beeldspraak gesê het was dat Hy uit die Heidene, Christen gelowiges kan maak, en hulle so dan ook erfgename van Abraham kan maak. Op Palm Sondag het die Jode uitgeroep “Hosanna, Hosanna, aan die Seun van Dawid” en sommige van die Fariseërs in die menigte het aan Hom gesê: “Meester, bestraf u dissipels! En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep. (Luk.19:39-40)

Wat Jesus hier gesê het was dit: “As julle Jode My nie erken as julle Messias nie, dan sal die Christene dit doen”

Stene met sement saamgevoeg.

“Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus”. (1Pet.2:4-5)

Ons as Christene is hierdie boustene. Die Hebreeuse woord vir gemeenskap kom van die werkwoord ‘Chabar’, wat?’saamvoeg’ beteken, met verwysing na stene wat saam gesement is. Dit is een ding om na ‘n kerk te gaan, maar dit is heetemal ‘n ander saak om deel te wees van ‘n gemeenskap. As jy kerk toe gaan sit jy tydelik by mense, maar as jy gaan om saam met hulle in gemeenskap te wees, dan is jy soos stene wat met sement saamgevoeg is.

‘n Gebou met net hier en daar ‘n steen is net soos ‘n kerk met mense wat net kerk toe kom en nie in die gemeenskap deel het nie.

Die Gebou van God

Ons is God se medewerkers, ons is God se akker, God se gebou. (1Kor.3:9)

Hierdie is ‘n Griekse Teks, maar Paulus verwys hier na die idee van ‘Binyon’,? “Wat God gebou het” Ons, wedergebore Christene, is God se boustrukture, God se geboue, God se Tempels! ?? “So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees”. (Ef.2:19-22)

Let op dat die Griekse woord ‘Skenoo’, ‘saamwoon’, dieselfde wortel het as die Hebreeuse woord ‘Mishkan’ of ‘Shekinah’, wat ‘God in Gees’ beteken.

Christus, is die plek waar God woon. Moet nooit sê daar is nie ‘n tempel nie, want daar is, en sal altyd wees!.

Christene is die boustene van die tempel en die Apostels is die fondasie stene, en Koning Jesus is die Hoeksteen. Ps.118:22: Die steen wat die bouers verwerp het, het ‘n hoeksteen geword”. Die ware profete, en ons as wedergebore Christene, bou op hierdie fondasie.

Apostels

Daar is vyf soorte apostels in die Bybel. Apostel in Hebreeus beteken ‘Sholakh’;? Die een wat gestuur is om die kerk te vestig. Die Griekse woord is ‘Apostolos’ wat dieselfde betekenis het. Eerstens is Jesus die Apostel genoem, die Een wat gestuur is, met ‘n bepaalde klousule, want Koning Jesus is uniek, en alle ander apostoliese gesag moet van Hom af kom.

Tweedens is daar die uniekheid van die twaalf apostels.

Die twaalf apostels kom ooreen met die twaalf groot vaders, of die twaalf seuns van Jakob in die Ou Testament. Omdat al die mense van Israel afstammelinge is van die twaalf stamme van Israel, is ons as Christene op ‘n manier die geestelike afstammelinge van die twaalf apostels. Die apostels is die fondasie waarop die kerk gebou is. Koning Jesus as die Hoof Apostel, en dan die twaalf apostels, en nie eens Paulus het die kwalifikasies gehad van die oorspronklike twaalf nie. Hy verklaar dat hy niks agterstaan by dié uitnemende apostels nie want hy het dieselfde gesag gehad, (2Kor.11:5) maar hy erken dat hy die minste is van die Apostels omdat hy die kerk vervolg het. In Opb. 4 sien ons die 24 Ouderlinge, en hulle word twee keer in die Boek Openbaring genoem, en ‘n redelike gevolgtrekking kan wees dat hulle die twaalf stam vaders en die twaalf apostels is, want dit is ‘n ewige volmaakte getal waarvan Paulus nie een is nie.

Derdens, toe hulle vir iemand gesoek het om Judas te vervang, het hulle iemand gekies wat afkomstig was vanaf die doop tydperk van Johannes. (Hand 1:15?26) Na die twaalf apostels is daar die unieke geval van Paulus, hy was iemand wat dieselfde gesag gehad het as die twaalf apostels maar kon nie met hulle kwalifikasies in sekere omstandighede mee doen nie. Hy was nie teenwoordig vanaf die doop van Johannes af nie.

Vierdens; Ons sien dat daar ook ander apostel was. “Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus” (1Kor.1:12). Daar is Koning Jesus wat

totaal uniek is. Daar is Céfas (Petrus) wat een van die twaalf was, en daar was Apollos, ‘n vierde groep. Hy was nie soos Paulus nie, en hy was ook sekerlik nie soos een van die twaalf nie, maar hy het ‘n apostoliese bediening gehad.

Vyfdens is daar vandag apostels in ‘n vorm van kerk bouers. Hulle is nie pastore of predikante nie, want sodra hulle ‘n gemeente gevestig het, moet hulle voortgaan en ‘n ander gemeente oprig. Hulle is ook gewoonlik nie goeie herders nie, maar hulle is goed om gemeentes opterig.

Apostoliese gesag

In die konteks van Efesiërs beteken die fondasie hoofsaaklik die twaalf apostels, met Paulus die apostel van die vroeë kerk wat die Bybel geskrywe het, en die Ou Testamentiese Profete. In hierdie proses is daar ‘n groot waarheid.

As ‘n kerk of gemeente gevestig word, dan sal sy fondasie die apostels wees waarop dit gevestig is, en net in hierdie konteks kan apostoliese gesag gevestig word, maar onthou een ding: Die Hoof Nuwe Testamentiese anker is die Skrifte.

Die vraag is; Bestaan apostoliese gesag vandag nog? Ja, dit bestaan in die Skrifte van die Nuwe Testament: Die lerings wat opgeteken is in die Skrifte van die apostels,??Dit is apostoliese gesag, en nie swaarhand Fariseër leiers (Base) nie;??”Jy moet dit en dat doen wat ‘ek’ sê”

Dit is die gesag van die Skrifte alleen, en niks ander nie. Wees in julle pasoppens vir mense wat hulleself die titel van apostel oplê en wat dink dat hulle deel is van die fondasie en ook dink dat hulle die gesag het wat die Woord van God of die Heilige Gees vir niemand gee of gegee het nie. Al soort apostels wat ons vandag het, is kerkplanters.

Apostoliese gesag soos wat die apostels gehad het is bewaar in die Skrifte van die Nuwe Testament, en hierdie gesag het nog altyd en sal altyd net te doen hê met die Skrifte, en nie met politiek nie. Tweedens is hierdie gesag altyd uigeoefen in meervoud, en nie soos die huiskerke van vandag met hulle swaarhand leiers wat daarop aanspraak maak dat hulle “die Apostel” is nie!

Die Heilige Gees sê: “En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het”. (Hand.13:2) Jesus stuur die apostel uit in pare. (Mark 6:7) In die Boek van Handelinge, toe hulle wou gesien het wat in Samaria gebeur, het hulle twee apostels gestuur. (Hand 8:14) en nie net dit nie, daar was ook ‘n groepsooreenkoms dat hulle onderdanig sal wees aan die Algemene raad in Handelinge 15. Pasop vir mense wat hulleself die titel van apostel toeeien. Hierdie mentaliteit bestaan in vandag se huiskerke en sekere kerke. Dit is on-Bybels.

Die Liggaam van Christus

“maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam, goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate, die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde”. (Ef.4:15-16) Efesiërs verbind die taal van die argitektuur met die taal van anatomie en die struktuur. Ons is die Liggaam van Christus se beendere, vlees, oë en voete, ens. “Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!” (Jes.52:7)

Dit is na hierdie Skrif waarna Paulus verwys in Efesiërs “en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede” (Ef.6:15) Ons is die Liggaam van Christus, wie is die voete? Dit is die evangeliste. Die lamp van jou liggaam is jou oog; en as jou oog reg is, dan is jou hele liggaam vol lig. (Luk.11:34)

Die oog sien en is die onderwyser.

Goeie gedrag is baie belangrik, maar weet u wat? Die Nuwe Testament plaas baie meer klem daarop dat Christene twee maal soveel aandag aan die opregte Skriftuurlike leringe (dogma) moet gee as aan hulle gedrag, hoekom? As ons nie die regte leerstellings het nie sal ons ook nie die regte gedrag hê nie.

Die Tabernakel van Dawid

“Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend”. (Hand.15:16?18)

Hierdie Profesie kom uit Amos 9:11: “In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd”; Voordat die tempel deur Salomo gebou was, was die Tabernakel die tent van Dawid wat in Shiloa was. Dawid se Tabernakel was dinamies, en bedoel op te beweeg alhoewel dit normaalweg in Shiloa gevind was. Amos profeteer dat die Tabernakel van Dawid weer herstel sal word, en op die een of ander manier moes ons van ‘n vasstaande gebou weer beweeg na iets dinamies.

Hand.15 leer vir ons dat hierdie dinamiese struktuur wat aan hierdie profesie voldoen die Gemeente is. Die Gemeente is weer die Tabernakel van Dawid.

Pilare van Apostoliese gesag

“??en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;” (Gal.2:9) Die oorspronklike twaalf apostel erken die apostoliese bediening van Paulus en Barnabas, maar die twaalf apostels was erken as die Pilare. Daar was twee pilare in die tempel, “Boas en Jakin” (1Kon.7:21) Boas beteken: In Sy Krag, en Jakin beteken: Hy sal bevestig, of:? Yahweh sal bevestig. Pilare hou die dak bo, en as die pilare meegee sal die dak inmekaar stort.

As die apostoliese gesag faal dan sal die hele gebou inmekaar stort, en ongelukkig is die apostoliese gesag besig om in duie te stort. Hoekom? Dit is omdat die kerk besig is om weg te beweeg van die leringe van die apostels na ‘n restorasie Teologie wat ‘n totale valse konsep het van aposoliese gesag. Let op dat die fisiese dele van die tempel geken kan word aan die verskillende soorte Christene. “Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, Opb.3:12) Daar is nie ‘n tempel in die Ewige

Stad nie, maar daar is ‘n Tabernakel, want Koning Jesus is daar; die hele plek is ‘n Tabernakel, maar nie ‘n gebou nie, of ‘n tempel assulks nie. Omdat dit met die kerk te doen het is daar nie ‘n tempel in die hemel nie, ‘n Tabernakel, ja, maar nie ‘n tempel nie (Opb.21:22)

Die oorwinnaars sal die pilare wees. Om ‘n opregte apostel te wees, of ‘n opregte kerkplanter, moet jy bo alles iemand wees wat ‘n oorwinnaar is.

Kyk na die lewe van die apostels: Hulle het verskriklike opposisie, vervolging, dwaalleer en verraad gehad, maar bo dit alles het hulle oorwin!

Die oprigting van die Tempel Plek waar die HERE woon?

In so baie plekke, oor en oor lees ons in die Nuwe Testamant dat die Kerk geïdentifiseer word met met die Tabernakel. God het altyd ‘n Tabernakel gehad sedert die eerste een. Maar nou is hierdie Tabernakel ons. Koning Jesus praat van Sy Liggaam as die Tempel. “Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig”. (Joh.2:19) Die kerk is die Liggaam van Christus, en wat met Koning Jesus gebeur het, gebeur met ons. Die Hebreeuse taal is oorhoofs afhanklik van drie letters, party maal twee, maar meestal drie wat die wortel is. As enige twee Teologiese woorde dieselfde wortel het, dan is hulle gewoonlik wetenskaplik verbind en daardeur ook Teologies gebonde. Die wortel van Hosea?

Hoshea (DVYU) is ‘Shin’ (V) Jesaja is Yeshiyahu (YUWDVW). Joshua is Jehoshua (DYVYUW). Jesus is Jeshua (DVW) Waar ookal die ‘SH’ klank in Hebreeus voorkom het dit iets in gemeen met redding. “Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe”. Hos.6:2)

Jesus se opstanding word herleef of herhaal in die ondervinding van die kerk in die laaste dae. “Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig”. (Joh.2:19) Dit is wat gebeur het met Koning Jesus se Tempel, Sy Liggaam, en dit gaan op die een of ander manier met ons gebeur, en dit is baie belangrik as u Matt. 24 lees.

Almal het die boustrukture van die Herodiaanse tempel bewonder: En Jesus sê: “Nie een steen sal op die ander bly staan nie” Koning Jesus het hier verwys na die profesië van Daniël. Die Messias moes kom en sterf voor die tweede tempel vernietig sou word. Op een of ander manier word die verwoesting van die tempel verbind as ‘n tipe van wat met die kerk gaan gebeur aan die einde. Die boustene is neergewerp maar word in glorie heropgerig in die ewige tempel, net soos die Liggaam van Christus.

Die Huwelik en die Tipologie van die Tempel

As u die verhaal van die tempel en sy geskiedenis en tipologie verstaan, dan sal u ook die redes verstaan waarom God sê dat die huwelik heilig en rein moet wees. As u ‘n Christen is en u het ‘n vrou, dan is haar liggaam die tempel van die Heilige Gees, en u betree nie God se Tempel op ‘n onverantwoordelike wyse nie, en dit beteken ook nie dat dit onsinlik of sonder genot is nie, dit beteken dat ons hierdie tempel moet betree sonder sonde.

Seksualiteit in die huwelik is soos die hoë priester wat die tempel betree, of soos Christus wat in Sy bruid, die kerk, ingaan en wat veroorsaak dat die huwelik vrugtevol is. Ons is geskape na die beeld en gelykenis van Christus.

Die seksdaad oorspeel geestelike dinge. “Hou die huweliksbed ongeskonde” “Weet julle nie dat julle die tempel van die Heilige Gees is nie?” Hasidiese Jode verstaan hierdie konsep, en hulle sê dat die “Shekinah” woning maak oor die huweliksbed wanneer ‘n huweliks paartjie liefde maak. Hulle het hierdie geestelike aspek van die Woord van God verstaan.

Venootskap tussen Jood en Heiden.

Hiram, (wat ‘n Heiden was) koning van Tire het sy diensknegte na Salomo gestuur toe hy gehoor het dat hy as koning gesalf is in plek van sy vader, want Hiram was altyd ‘n vriend van koning Dawid. (1Kon.5:1)

En hier sien die beeld van die kameraadskap tussen Jood en Heiden. Onthou dat Dawid gewoonlik gesien word as ‘n tipe van Christus. Jesus word altyd genoem: Yeshua ben Dawid. (Jesus die Seun van Dawid) Hiram stuur ‘n boodskap aan Hiram en sê: “Daarop laat Salomo aan Hiram weet: U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het. Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie. En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die HERE my God ‘n huis te bou soos die HERE met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou. Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie”. (1Kon.5:2?6)

Let op hier: Niemand weet hoe om die bome te bewerk soos die Heidene nie: “Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid ‘n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk. Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout. My dienaars sal dit van die Líbanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer”.(1Kon.5:7?9) (Onthou dat die Sidoniërs ook baie goeie seemanne was) “So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê”. (1Kon.5:10)

Dawid het die goud en silwer verskaf wat Salomo nodig gehad het om die Tempel te bou, wat hy het van sy vader ontvang het, maar hy gebruik die Heidene om meer bou materiaal in te bring as wat nodig was om hierdie tempel te bou.

??”terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintig duisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer. En die HERE het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ‘n verbond gesluit” (1Kon.5:11?12). Salomo was die seun van Dawid wat vrede gebring het tussen Jood en Heiden, maar blywende vrede tussen Jood en Heiden sou net kom deur Jesus Christus, die Seun van Dawid.

Minerale van Verlossing.

” Stuur my dan nou ‘n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het.” (2Kron.2:7)

Die kleure van hierdie edelgesteentes het ‘n baie spesiale betekenis. Hoe verder in die tempel in beweeg word, en hoe nader aan die allerheilige, hoe duursamer was die minerale waarmee vervaardiging plaasgevind het. Die beweging was van brons na silwer en na Goud. Brons het te doen met vuur. Die verbronsde altaar was van brons en was ‘n tipe van die kruis. Die enigste manier om by God uit te kom is deur die kruis. Hierdie brons altaar was gemaak uit spieëlbeelde van vroue (Eks.38:8) Hulle het nie glas in daardie dae gehad nie en spieëls was gemaak van ‘n tipe koper wat gepoleer was tot ‘n spieël afwerking.

Die idee hier was dat hulle hulleself oorgee vir diens aan die Here. Hulle het die dinge gebruik wat hulle verhoog het om ‘n tipe van die kruis te maak.

Silwer het altyd tedoen met die prys van redding. Jesus was verraai vir dertig stukke silwer (Matt.26:15) Die Leviete moes hulle eersgeborenes vrykoop met silwer. (Num.18:15-16)

Dan is daar die Allerheiligste van Goud. “‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man,” (Spr.12:4)

Goud is Goddelikheid.

Diamante word gevorm onder hoë druk en temperatuur, en wanneer ons die liedjie: “Crown Him with many Crowns” sing, dan is dit die gemeente wat Koning Jesus Christus as ons Koning, kroon. Die kerk is veronderstel om die glorie van Jesus te wees, soos die kroon op ‘n koning se hoof, die kroon wat se goud en diamante gevorm is deur vuur, en dit is ook een van die redes dat ons deur verdrukkinge sal gaan. Dit is die vuur wat die edelgesteentes edel en rein maak. Salomo het mense nodig gehad wat moes weet om hierdie dinge te bewerk.

“Stuur ook aan my seder??, sipres?? en sandelhout van die Líbanon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die Líbanon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees, naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees. En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie”.(2Kron.2:8-10)

Bome, graan, water, olie en wyn.

Laat ons begin met bome. Jesus maak die blinde man gesond wat gesê het dat hy mense soos bome sien beweeg. (Mark.8:24) Die bome van die veld (Die bedienings veld) sal hulle hande klap. (Jes.55:12) Ons sal genoem word ‘bome van geregtigheid’ (Jes.61:3) Bome verteenwoordig verskillende dinge op verkillende plekke in die Bybel, en hier verteenwoordig hulle die mense van God. Ons graan, geestelike voedsel, is die Woord van God. “Werp jou brood op die water”. “Die Brood wat Ek julle gee”.

Verskillende soorte vloeistowwe verteenwoordig die Heilige Gees in verskillende aspekte. Jesus sê aan die vrou by die fontein dat Hy vir haar “Lewende water” sal gee. (Joh.4:10) Jes. 44:3 wys vir ons dat die Lewende Water God se Gees is. Wyn is die vreugde van die Gees, en so word die Heilige gees voorgestel deur verskillende vloeistowwe in verskillende kontekse in die Skrifte. En so word verskillende vakmanskappe deur verskillende mens gebruik om die struktuur van die tempel van God te bou.

Boustene, Pilare en bome

Verskillende dele van die tempel verteenwoordig verskillende soorte Christene, en die Jode het die bloudruk daarvan. Dawid het hierdie bloudruk vir sy seun gegee, net soos wat die Vader dit vir Sy Seun gegee het (Albei was die Seun van Dawid) Die Jode het die graan, olie, edelgesteentes, die goud en die silwer en al die materiaal. Die Heidene het die getalle en die kennnis en die mannekrag, die tempel kon nie net deur die Jode gebou word nie, en ook nie net deur die Heidene nie, daar moes samewerking kom tussen Jood en Heiden om die tempel te bou, die een kon nie sonder die ander nie. Niemand het kennis gehad soos die Heidene om die bome te bewerk nie. Wie is die grootste sielewenners in die geskiedenis? Sedert die vroeë kerk is dit die Heidene. Die groot evangeliste: was Spurggeon, Billy Graham, D.L Moody, Die Wesleys, George Whitefield ens, Niemand het geweet om die bome te bewerk soos die ‘Goy’ (Die Heidene) nie. Nie net dit nie, hulle het ook die bome op die see laat drywe.

Die Fondasie is die Jode

Die aarde is gewoonlik die beeld van Israel, maar die see verwys normaalweg na die nasies of die Heidene. Die Heidene het die bome na Jerusalem gebring. Seders van die Libanon en denne bome is die beeld van soorte Christene en die grootste gedeelte van die tempel het bestaan uit die Heidene of die nasies, maar die fondasie was deur die Jode gebou, en is onder die grond. Wanneer ‘n baie hoë gebou opgerig gaan word word daar gewoonlik ‘n beeld daarvan vertoon op die konstruksie gebied. Dan word daar maande lank deur rots en grond gegrawe todat ‘n mens begin wonder wat het geword van al die planne, en dan skielik eendag staan die gebou daar.

Die mees belangrike komponent van so ‘n baie hoë gebou is sy fondasie, want ‘n 100 verdieping gebou kan nie opgerig word sonder ‘n baie stewige fondasie nie.

God het vir twee duisend jaar met die Jode gedeel voordat die kerk gebore is.

Dit het baie lank geneem maar toe die fondasie voltooi is, wat het gebeur op Pinkster dag? Daar staan die gebou, en ons sien nie die fondasie stene nie want hulle is onder die grond, maar wanneer ons die 100 verdieping gebou sien weet ons met ‘n groot sekerheid dat daar ‘n baie stewige fondasie moet wees al kan dit nie gesien word nie. Met die oprigting van die kerk is daar geen verskil nie, daar is ‘n baie stewige en diep fondasie wat deur die Jode gelê is, en dit vergelyk met die Skrifte in Romeine 11.

Ons sien nie hierdie wortels nie, maar hulle is daar, en as die wortels nie daar is nie, dan sal die boom doodgaan. As God klaar is met die Jode, dan is Hy ook klaar met die kerk.

Die Verborgenheid : Samewerking tussen Jood en Heiden

Die Heidene het geweet hoe dinge gedoen moet word en het ook die mannekrag daarvoor gehad en hulle het ook geweet hoe om die bome by Jerusalem te kry, ‘n tipe van die hemelse Jerusalem. Wat het die Jode vir die Heidene gegee? Die bloudruk, die graan en die olie, (Die Heilige Gees was op Pinkster dag uitgegiet op die Jode. (Onthou Jerm.31: 31 “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit”, nie met die Babtiste of die Apostolies nie, nee, die Nuwe Verbond is gesluit met die Huis van Israel en die Huis van Juda.

Die Jode het die Woord van God, die Bloudruk, vir die Heidene gegee. Die Jode het die fondasie verskaf, maar die Heidene het die gebou opgerig. Dit was God se Plan van die begin af, en Paulus noem dit die verborgenheid van die Evangelie. Vrede en samewerking tussen Jood en Heiden in belang van die oprigting van ‘n Tempel vir die HERE onse God.

Toe die Nuwe Tempel gereed was, is die oue afgebreek.

Die Kerk word altyd die Tabernakel van Dawid genoem (Amos) Dit moet dinamies wees. Die ‘koms uit Egipte’ spreek van die kerk se uitog uit die wêreld op pad na die hemel met die Heilige Gees as Leidsman.

Die Egiptenare het die materiaal verskaf wat later nodig was vir die bou van die Tabernakel. God neem die dinge van die wêreld en gebruik dit tot Sy Eer.

Sal die tempel herbou word? Oor en oor leer die Bybel vir ons dat die Kerk, die Gemeente die Tempel is. In die Boek van Handelinge in die gang van Salomo was die tempel onder die oordeel volgens Daniël 9, maar terwyl die tempel onder hierdie oordeel gestaan het, was God alreeds besig om die Nuwe Tempel op te rig en toe die Nuwe Tempel gereed was het die oue geval, en dit moes val, hoekom?

“Hiermee maak die Heilige Gees duidelik dat die pad na die Allerheiligste toe nie oop is so lank as die voorste gedeelte van die verbondstent bestaan nie”. (Hebr.9:8) Die verwoesting van die fisiese tempel wat deur Daniël geprofeteer is het in 70NC gebeur, en dit was beklemtoon deur Christus in die Olyfberg Rede (Matt.24/ Luk.21) Die verwoesting van die fisiese tempel was eenvoudig die natuurlike refleksie van die Verwoesting van Jesus se Liggaam. Nadat Koning Jesus op die kruis vasgenael was vir ons sondes moes die fisiese tempel verwoes word. Die Taalmud vertel ons dat op Yom Kippur, die dag van Verootmoediging, was daar ‘n skarlaken rooi band gehang voor die Allerheilgste, en as die mense se sondes vergewe was sou hierdie band wit geword het, en as die mense se sondes nie vergewe is nie het die band rooi gebly. Vir veertig jaar voordat die tempel verwoes is, vanaf die Kruisiging van Koning Jesus, het hierdie band nie weer wit geword nie.

Die mense se sondes is nie meer onder die Wet vergewe nie. Die tempel moes vewoes word want terwyl dit nog gestaan het, het dit die skeiding tussen die sondige mense en Onse Heilige God verteenwoordig. Skeiding tussen die Hoë Priester en die Skrifgeleerers, tussen mans en vroue en tussen Jood en Heiden.

Gered om te dien

“God het ons gemaak wat ons nou is: In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het”. (Ef.2:10)

Ons is nie net gered om hemel toe te gaan nie, nee, ons is ook gered om iets in hierdie wêreld te doen. U is soos een van Salomo se werkers as u ‘n Jood is, of soos een van Hiram se werkers as u ‘n Heiden is. God het vir u ‘n taak, en u taak is om te help om hierdie tempel te bou. Die Boek Nehemia het dieselfde idee: Verskillende groepe mense wat saam werk om die mure van Jerusalem te herbou, netso is u gered om ook u deel by te dra in hierdie taak. As u nie u steen lê nie sal God iemand anders kry om dit te doen wat Hy vir jou en my gegee het om te doen. Voordat ons wedergebore is, voordat die wêreld geskape is, het God iets in gedagte gehad vir ons om vir Hom ‘n Tempel te bou, en daar is nie ‘n wedergebore Christen in hierdie wêreld wat nie iets het om te doen nie, want ons is gered om te dien.

Die gemeenskaplike rykdom van Israel

“Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. Van geboorte was julle heidene, en julle is “onbesnedenes” genoem deur dié wat hulleself “die besnedenes” noem, al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam. In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou is julle een met Christus Jesus. (Christus Jesus het ‘n ander betekenis as Jesus Christus. Christus Jesus het altyd te doen met Christus nadat Hy verheerlik is) Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie?Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ‘n muur skeiding gemaak het. Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef, en deur vrede te maak, het Hy in Homself dié twee, Jode en nie?Jode, tot een nuwe mensheid verenig. Deur sy dood aan die kruis het Hy ‘n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig” (Ef.2:11?16)

Daar is geen manier om in die Allerheiligdom te kom as die skeiding nog bestaan het nie. Omdat Jesus se Liggaam vernietig is, moes die tempel vernietig word. Die tempel verteenwoordig die skeiding tussen Jood en Heiden, en toe Jesus gesterf het, het Hy hierdie skeiding vernietig, en so is die tempel wat ontwerp was om die mens hiervoor te onderrig ook vernietig.

Jesus is ons Vrede

“Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, (Dit is die Heidene) vrede ook vir dié (Die Jode) wat naby was. Deur Hom het ons almal, Jode en nie? Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Julle is ‘n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ‘n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. (Hier word verwys na die Hebreeuse idee, ‘Mishkan’, van die Hebreers, en ‘Kataskenoo’ in die Grieks) In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ‘n heilige tempel vir die Here, in wie julle ook saam opgebou word as ‘n geestelike huis waarin God woon. (Ef.2:17-22)

Hierdie skeiding het bestaan omrede die sonde. Jesus sê: “Breek hierdie Tempel af en Ek sal dit oprig” Hy praat van Sy Liggaam. Die Ou Tempel was verwoes, en die Nuwe een, die Kerk, of die Gemeente, wat in die pilaar gang van Salomo ontmoet het, was opgehef in die plek daarvan.

Jesus se ‘Liggaam’ was gekruisig, maar Sy Verheerlikte Liggaam het in die plek daarvan gekom.

Die ware kerk sal aan die einde gekruisig word maar sal opgewek word in heerlikheid. Toe Christus gesterf het was die natuurlike tempel verwoes omrede die heidene nie langer geskei was van die Jode nie, en so is die natuurlike muur van skeiding afgebreek. Jesus Christus is ons Middelaar en ons vrede, en ons sal een wees. In Jerusalem, in die midde van die Intifada en die haat kan u sien hoedat Jood en Arabier saamwerk. Hulle sing in Hebreeus, Arabies en Engels: “He is our peace”.

Die Skeiding tussen man en vrou moes gaan

Die ortodokse Jode se gebed is soos volg: Dankie Here dat ek nie as ‘n hond of ‘n heiden gebore is nie”

Daar is verskille tussen mans en vroue??verskillende funksies, maar gemeet teen die standaarde van die ou wêreld, het die Jode baie meer agting vir vroue gehad as die Heidene, en dit kan in die Midde Ooste gesien word. As u wou gesien het hoedat vroue behandel was buite Judaisme of gedurende die voor Christen era in die Midde Ooste, kan u net kyk na die Moslem kultuur. Niemand sê ‘n woord oor hoedat klein meisietjies deur hulle broers gemollesteer word nie. In stedelike en landelike plekke in Egipte sal u in wonings kameel swepe teen die mure sien, maar dit is nie vir kamele nie, dit is vir die vroue! Die Islamietise man kan van sy vrou skei en onder die Islamietise wet toesig oor die kinders verkry en die vrou het geen reg om enige iets op te eis nie. Al wat die man hoef te sê is om drie keer te sê: “Ek skei jou” en dit is wettiglik klaar met haar! Hierdie manne dwing hulle vrouens om hulle te ontklee en dan word hulle aangerand, dit is hoe vroue behandel was in die outyd.

Die Jode het egter hulle vroue sekere regte toegelaat onder ‘Hal achah’ wat nie buite die Joodse konteks verkry is nie, hoofsaaklik in die outydse era. Dan was Christenskap amper soos feminisme, met Paulus wat sê dat vroue op dieselfde vlak geag word en mede erfgename is in Christus, en Petrus sê dat ons in liefde onderdanig aan mekaar moet wees.

Dit beteken nie dat die man nie meer die hoof is nie, dit beteken dat die vrou net ‘n mede erfgenaam in Christus is. Die Joodse stelsel gee aan die vrou ‘n baie hoër status as enige van die Heidense stelsels van wat vroue behoort te wees. Maar die kerk het iets ingebring wat heeltemal afgewyk het van hierdie standaarde.

Die man is die hoof van die vrou.

Die Griekse idee was dat elke man drie vroue kon gehad het, die man kon by?vroue aangehou het wat basies net ‘n seks afleidings middel was, en ‘n minares vir intelektuele aanpasbaarheid, en hy moes ‘n vrou hê wat die ma van sy kinders sal wees.

In die Christen denke egter het net een vrou aan al drie hierdie funksies voldoen en het dit totaal teen die Griekse en Joodse denke gegaan wat alreeds bo die Heidense idee verhef was. Die muur van skeiding was alreeds afgebreek. Dit beteken nou nie dat daar geglo moet word in vroue priesters predikante of

herders nie. Ons lewe steeds in ‘n gevalle wêreld, en mans sowel as vroue is steeds onder die vloek van die val. Vroue is baie meer misleibaar as mans in geestelike misleiding. Hulle is egter baie meer sensitief en kan die Stem van die Heilige Gees baie maklikker hoor as mans. Wanneer ‘n vrou en haar man saam bid, sal dit gewoonlik deur die vrou wees wat God praat, en so is dit in baie gevalle ook so dat die vrou maklikker tot bekering kom as die man. Maar omrede die vrou baie meer sensitief is as die man is dit ook so dat sy baie maklikker die stem van ‘n ander gees kan hoor.

Die slang het die vrou mislei. Dit is waar die idee van die Hoofskap vandaan kom, en God se plan is dat die Hoof aangestel is vir beskerming, en nie vir oorheersing of verdrukking nie. ‘n Man is hoof van die vrou soos wat Christus die Hoof is van die Kerk of die Gemeente is. Dit word deur God van ‘n man verwag dat hy homself aan sy vrou sal gee, net soos wat Christus Homself aan die Gemeente gegee het, maar aan die ander kant moet die vrou die verantwoordelikheid en gesag van die man erken, dit is ‘n beskermings model en nie slaaf / baas instelling nie, dit is ‘n wêreld denke.

So moes die muur van skeiding tussen Jood en Heiden, priester en gewone mense en onderdrukkers afgebreek word. Ons is almal priesters, want die Liggaam van Christus is ‘n koninkryk van priesters. Voordat Satan die kerk verheidens het, het hy dit ge?Judafiseer. Die Rooms Katolieke stelsels is gebou op twee dwalinge van die kerk: Judafisering en Heidenisme. Heidenisme het later, hoofsaaklik na Konstantyn, gekom. In plaas van ‘n priesterskap vir alle gelowiges het hulle weer ‘n terugeval na priester orde beginsel. Om terug te beweeg na onder die Wet is waarteen Paulus die Galasiërs gewaarsku het.

Die hele Kerk van Engeland het in twee gedeel oor die instelling van vroue as priesters.

Maar die vraag is nie: Moet ons vroue predikers hê nie? Nee, die vraag is: Hóekom moet ons enigsins vroue predikers hê? Die hele onderwerp is vloeibaar, en tog verlaat die mense die kerk oor dit.

Wanneer ‘n Anglikaanse Biskop die opstanding van Christus en Sy maagdelike geboorte verloën, en hulle in die openbaar erken dat hulle homoseksueel is, en hulle voorstanders word van Hinduisme en Moslems en toordokters in hulle kerke, het ons niemand hierdie kerke sien verlaat nie, hulle is net gewillig om uit te loop oor iets wat nie volgens hulle Bybelse standaarde is nie. (Moenie inmeng met my godsdiens nie!)

Instede dat daar ‘n Tabernakel soos die van Dawid is waar God se Gees beweeg, beweer die Katolieke strukture dat Hy in ‘n kerkgebou in ‘n klein kassie is op ‘n altaar, wat hulle reken die tabernakel is, waar hulle die eucharist bewaar, en hulle sê dit is waar Hy woon!: Dit is om terug te beweeg na onder die Wet. Rooms Katolieke stelses is die Judaifisering en verheidening van die Christendom. “O, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, (Gal.3:1) Hierdie valse leerstellings moes gaan want dit het die priesters en die gewone mense van mekaar geskei. Die Skeidsmuur moes skeur want dit het God geskei van die sondige mense, en Koning Jesus het ons Geregtigheid geword, en ons word as geregverdig gereken deur ons beleidenis en geloof in Jesus Christus onse Here, en so is die skeidsmuur tussen God en die mens afgebreek. Die dood van Jesus Christus het die skeidsmuur tussen ons en God en tussen Jood en Heiden, en man en vrou afgebreek.

Met die Kruisiging van Jesus het die voorhangsel in die tempel van bo na onder geskeur, en dit het van binne gebeur. God werk altyd van binne na buite, maar die wêreld doen die teenoorgestelde.

Met die gee van die bloudruk van die oprigting van die Tent van samekoms het die Here van binne na buite gewerk.

Jesus het ‘n nuwe tempel gebou waar Jood en Heiden, vrou en man, priester en gewone mense nie meer van mekaar en van die Heilige God geskei is nie

Die oprigting van die Gruwel van Verwoesting

Sal daar nog ‘n tempel gebou word, wat gebaseer sal wees op Thessalonicense?

Die aanduiding is dat dit dalk kan gebeur, maar onthou, toe die fisiese tempel verwoes is in 70 NC, wat die vervulling van die Profesie van Daniël is, was dit net ‘n refleksie van die diepere geestelike betekenis van wat ons lees in Hebr.9. Toelating tot die Allerheiligste was nie moontlik voordat die buiteste (die vleeslike) gedeelte wat ‘n tipe was, nog staande was nie. Dit se duidelik in Hebreers dat hierdie tempel ‘n afbeelding was van wat in die Hemel is, en die verwoesting van die fisiese tempel was net ‘n afbeelding van ‘n groter en diepere geestelike gebeurtenis. As die fisiese tempel en die gruwel van verwoesting opgerig sal word, sal dit net ‘n baie diepere geestelike waarheid ontbloot.

Wanneer u sien dat intergelowe begin saamsmelt in ‘n Christelike kerk, dan is die mens en Satan besig met die oprigting van die gruwel van verwoesting, dit het alreeds begin. Wanneer u homoseksuele priesters begin sien optree en sien en hoor hoedat mense die maagdelike geboorte en die Opstanding van Jesus verloën, dan sien u die oprigting van die gruwel van verwoesting. Dit is geen ongewone om te dink dat die antichris in die Christendom aanbid sal word nie.

Die tempel is alreeds herbou, en dit is ons, en dit is nie meer ‘n gebou van stene en klip nie, en die tempel wat opgerig sal word sal niks anders wees as die gruwel van verwoesting nie.


Waar vind jy jouself op die Teologiese Front?


En die vyeboom bot!

Vyeboom bot Leefstyl C / Lifestylr C
Eschatology >>>
We have to get oil!

Die tyd raak min, maak maar seker jou eskatologiese vertrekpunte is korrek!

Larkin-Charts-Daniel-and-Revelation Lifestyle C / Leefstyl C
We have to have discernment when talking about Eschatology withstanding the apostasy in the contemporary church that The Word of God warns would precede the return of Jesus. With the Conviction that ……

Comments are closed.