Letters and Comments

Letters and Comments sekel Lifestyle C / Leefstyl C

Amir Tsarfati – “The Beginning Of The End” 2015/10/30

Zambia’s President Edgar Lungu calls nation to repentance and prayer 2015/10/30

Die gestoei na die onverantwoordelike AS besluit begin! 2015/10/29

Zimbabwe’s farmers forced out are thriving in Zimbabwe’s eastern neighbor, Mozambique. 2015/10/29

The global community will use religion and climate change 2015/10/29

Die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. 2015/10/29

E-Sword compete Bible study software at no cost!

Israel in eskatologie en die gevaar van vervanginsteologie 2015/10/28

Predestination – A Heresy! 2015/10/27

South-Africa Culture War  

Demise of the ANC and general society 2015/10/25

Eskatologie / Eschatology 2015/10/25

Harpazo – Vooraf 2015/10/22

Die herders het dom geword! 2015-10-11 >>>

Where is the moral compass of the Christians in the ANC? 2015-08-10 >>>

Dwaling ten opsigte van wat die Woord van die Here sê rakende moraliteit – 2015-07-08 >>>

What about mutual respect and tolerance?! 2015/07/04 >>>

NGK, soos samelewing, inherent ernstig siek >>>

Verguising deur NGK >>>

Jean Oosthuizen uiteindelik voor stok gekry >>>

Neels Jackson en die Ontluikende Kerk >>>

NG Kerk se eietydse interpretasie van die Apostoliese Geloofsbelydenis >>>

Ope Brief aan die NG Kerk >>>

Kerkbode kry Theo Geyser om die emergent kerk te verdedig >>>

Prof Nelus Niemandt verdedig die emergent kerk >>>

OPGESTAAN van Ferdie Mulder >>>

ʼn Ánder brief aan die kerkdeur >>>

Beswaardes eis getrouheid aan Bybel >>>

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika borg Kruis en Dwars >>>

Ope Brief: Die N.G. Kerk gaan sterf >>>

What does God think of us >>>

Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid! >>>

Die Trojaanse Perd in die NG Kerk >>>

Spangenberg >>>

Resensie op “TEO” deur Gerda de Villiers >>>

Kommentaar van Anton Pienaar van Kerkbode Aanlyn >>>

Kerkbode Aanlyn >>>

Dopperklap in NG kerk se gesig?  Deur Dr Henrietta Klaasing >>>

Liberale en humanistiese koers wat die NGK inslaan >>>

Waarheen is die NG kerk op pad? >>>

Sarel van der Merwe – Waarheid Teenoor Leuen Produksies >>>

Postmoderne Strominge en Geestelike afval in die kerk >>>

Kerk en Wetenskap deur ds. Gideon Aggenbag (Emeritus) >>>

Kan ons kerkleiers en teoloë vertrou >>>


Die herders het dom geword in die ou tyd!

Die Redakteur Rapport, Beeld, Die Burger, Volksblad en Netwerk 24,

Jer. 10:21  Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.

Kan dit wees dat predikante vandag dom kan wees? Bo redelike twyfel en nie eers op ’n oorwig van waarskynlikhede nie.

Die Here het lank en hard gepraat met die Herders van die geliefde NG Kerk oor hierdie kwessie.

Hulle het nie die Here hierin gesoek nie maar die mense behaag.

Wat trane van berou en terugkeer na die Here moes wees was trane van blydskap toe die besluit geneem is by die Algemene Sinode van 2015. Daar moet gehuil word oor sonde en nie gelag en feesgevier word nie.

Dit is ’n donker dag vir die NG Kerk en ’n klad op die vlak van teologiese kennis van die verteenwoordigers wat ja gestem het by die Algemene Sinode van 2015.

Wat verstaan jy nie van jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie?

Ons moet beter word in ons lewenswandel soos ons die dag sien nader kom nie slegter nie!

Watse voorbeeld is dit nou vir die wêreld as die kerk soos die wêreld word?

“Wees heilig, want Ek is heilig”

Joh. 17:19  En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

1Petrus 1:15  Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

1Petrus 1:16  omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Hoe sal iemand hulle kan bekeer as sondige gedrag nie as sodanig uitgewys word deur die wat dit moet uitwys nie? Sonde word nie vergewe as jy dit nie bely as sonde nie!

Julle haat mense en pleit dan liefde!

2Petrus 2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.

 Wat word van die lote wat nie vrugte dra nie? Dis baie duidelik. (Dit help nie uitverkiesing word gepleit nie, dis dalk die hele probleem)

Joh 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

Joh 15:2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Joh 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Joh 15:6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

Ek pleit nog ’n keer vir julle en die liggaam se onthalwe om bekering al het julle dit klaar gedoen! Dalk sal die Here dit aanvaar!

Bekeer julle en pleit by die Here soos Daniël, Jeremia, Esegiël ens. voor Hy kom om die gevolge van jul hande te eis!

As julle nie vir julleself omgee nie dan vir die kudde.


Sogenaamde herderlike brief:

http://www.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/2015/10/Algemene-Sinode-Pastorale-brief.pdf

NG Kerk

Geliefdes in die Here Jesus Christus,
Ons neem vrymoedigheid om aan u te skrywe oor die besluit wat die Algemene Sinode hierdie week oor selfdegeslagverhoudings…

See More


Algemene Sinode 2015 – Selfdegeslag Verhoudings

Die moderator en assessor van die NG Kerk,

Nelis Janse van Rensburg en Dirkie van der Spuy, praat oor die besluit oor selfdegeslagverhoudings wat by die…

YOUTUBE.COM


Die Algemene Sinode van 2015 besluit God is ‘n leuenaar >>>

 1 Johannes 1:10 As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Groete

Danie Strydom

Kameeldrift Oos

(Sel)    0827792431

(Faks)  0865377777

 


 

The Editor’s Pretoria News and Sunday Times,

Where is the moral compass of the Christians in the ANC? 2015-08-10

 Why do they not speak up or have they forgotten? You claim that most of the people in the ANC are Christian?

The time when the old woman have been crying before the Lord about the transgressions of the then NP with the assistance of the Dutch Reformed Church seems to be forgotten very soon. Now woman and children of all races are crying again!

The Christians in the ANC and most of the people voting for the ANC seems to have dulled their moral compass after so many years since 1994 and it seems that the people of this country are moving further and further away from God with just a warped political view in mind and no more having the focus on God and His return. Where is the hope for assistance, guidance and help prayed for from the Lord. Now everything is political and the level of corruption and crime is a disgrace for the opportunities this country could provide. The same responsibilities the Christians in the NP had to get their ways on the marketplace and in Church in order before the Lord rests on the Christians in the ANC. You keep going this route with people of this country of all races who still find refuge in the Lord!? Please do not be amazed if it comes to a point where the Lord says enough is enough. The reason you cannot see what the real picture looks like is because you cannot see anymore without putting the bedazzled spin of the world on every situation. Please get back to the basics you as Christians are supposed to cling to. Don’t listen to me. Listen to the Lord because you will face your responsibilities before Him sooner than later.

Regards

Danie Strydom

 


 

Dwaling ten opsigte van wat die Woord van die Here sê rakende moraliteit – 2015-07-08

Prof. Nelus Niemand, moderator van die NG Kerk se aanhalings en opinie in die artikel het betrekking;

“Nelus Niemandt se pleidooi: Gooi NG Kerk óóp vir gays” Hy vra dat seksverbod waai, Woensdag 01 Julie 2015 deur Claudi Mailovich.

“Dit het tyd geword dat gay NG predikante nie meer gedwing word om selibaat te wees nie en dat gay paartjies se huwelik met die volle seën van die kerk voltrek word.

Dit is die pleidooi van prof. Nelus Niemandt, algemene moderator van die NG Kerk.

Hy hoop die besluit oor gay predikante sal in Oktober op die algemene sinode opgehef word en dat hulle ook sal kan trou.”

“My hoop is dat die lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele (oriëntasie) genormaliseer sal word (binne die kerk),” het ­Niemandt gesê.

Neels Jackson se artikel, “Gay-mening wen veld in NG Kerk” Dinsdag 07 Julie 2015, het ook betrekking. (Hy is die redakteur van die Kerkbode)

“Niemandt se verklaring van sy eie standpunt is die eerste in sy soort deur ’n moderator van die algemene sinode. Dit is ’n aanduiding dat die gay-vriendelike standpunt in die NG Kerk besig is om veld te wen.”

Ons staan nou en toekyk hoe die hoofleier van die NG Kerk die vreeslikste dinge kwytraak wat die hele liggaam van Christus raak rondom moraliteit of sal ek sê immoraliteit. Dit raak almal in die liggaam en nie net die NG Kerk nie.

Die gesprek in die media vind weer plaas soos in die verlede en hy en sy vriende het hulle nie bekeer van hul wee of vertrekpunte nie. Hulle moes al ñ paar jaar terug op hul plek gesit gewees het maar dis nou wat jy kry as jy speel met die gesag van Woord van die Here. As jy lank genoeg aanhou en weier om te luister sal jy moontlik deur die Here self daaraan oorgegee word en wat sal jy dan aan die einde daarvan doen. Jy sal dalk jou kop op ñ blok sit dat jou dwaling reg is in die oë van die Here terwyl dit lynreg teen die Woord van die Here indruis.

Die eensydige verskyn van artikels deur die pers laat mens ook wonder wat hier aangaan.

Hierdie tipe standpunte moet op repliek gelewer kan word ter wille van regverdigheid en die liggaam se onthalwe.

Ek doen ’n beroep dat dit wel gedoen sal word deur mense wat ten minste nog by die Woord van die Here staan want die dwaling is beslis nie die meerderheid gelowige mense in ons land se opinie nie!

Jy steur jou nie aan die Woord van die Here nie;

(Enkele gedeeltes maar die hele Skrif se gesag is in gedrang deur hierdie aanval van binne die kerk op die seksualiteit van die mens “Coram Deo”)

Hebreërs 6:4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

Hebreërs 6:5  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,

Hebreërs 6:6  en afvallig geword het–om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

EN

Romeine 1:28  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ʼn slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

Romeine 1:29  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

Romeine 1:30  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

Romeine 1:31  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

Romeine 1:32  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

EN

2 Thessalonicense 2:7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

2 Thessalonicense 2:8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

2 Thessalonicense 2:9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

2 Thessalonicense 2:10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

2 Thessalonicense 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

2 Thessalonicense 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

ASOOK

Openbaring 22:18  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Openbaring 22:19  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Die Woord van die Here behoort hom en die wat sy opinie napraat te laat sidder. Maar nou ja, steur hulle hul nog aan die Woord van God?

Daar is selfs ʼn paar predikante en professore wat dink die Bybel is ʼn boek vol fabels. Moenie huil as die fabels in jou ergste nagmerrie ontaard nie!

Wat sal jy nou maak as die Here jou daaraan oorgee soos die Woord van God waarsku?

Dalk presies soos wat hulle nou maak en voortgaan op die roete weg van die Woord van die Here af sonder enige vrees.

Groete

Danie Strydom


 

What about mutual respect and tolerance?! 2015/07/04

The legalization of gay-marriages for the whole of America has been in the spotlight during the recent past. South Africa had of course gone this way almost 9 years ago.

While the majority of Christian denominations as well as some other religious groups and traditional communities in South Africa hold a view contrary to same-sex “marriage”, they were relatively undisturbed when the Civil Unions Act was enacted in November 2006.

Not so with individual Christians. There have been and currently are several cases before the courts and with the Human Rights Commission filed against local churches, Christian ministries, colleges and businesses because of alleged discrimination against gay persons.

The unconditional acceptance of gay persons and their lifestyle has become the most politically correct stance in the West today. Anyone who is not in agreement or maintains a different position based on their Biblical convictions is labelled “homophobic”, bigots, right wing fundamentalists and narrow-minded. Pitifully, valuing diversity and tolerance, both characteristics of an open and democratic society, is not reflected by such unfounded accusations.

The AFM maintains that all people have the common qualities that make them humans and in that sense, are equal. God loves all people and all are made in His image and are worthy of dignity and respect. Every citizen also has an equal right to freedom. But not a freedom that allows people to do anything they want, nor can freedom for some mean limiting the freedom of others.

Freedom of thought, opinion, conscience and religion is every citizen’s right. And for this reason, we have a reasonable expectation that the Biblical convictions and values of the Christian Church including individual believers must be respected.

However, a tendency seems to exist amongst the gay-community to be intolerant of the Church. There is a high level of intolerance of people who confess they once were gay but are now delivered and healed by God – in some cases for many years. Sadly, alternatives to LGBTI orientations are interpreted as “harassment” and “hate” against gays, even though the individuals seeking healing from unwanted same-sex attractions are merely exercising their freedom to reaffirm their gender.

A UCT student, Zizipho Pae was recently suspended from the SRC for merely expressing her Biblical beliefs on the US Supreme Court ruling on her personal Facebook page. She was threatened, abused and called the most despicable hateful and vile names by gay activists for exercising her freedom of speech. Her SRC office was trashed and Scriptures on her walls ripped up. Gay activists occupied her office and photographed themselves semi-naked and in lewd poses. They also called her scholarship funders and demanded they stop funding her studies. Incredibly, these are the same people demanding tolerance, equality and respect.

While we recognize every person’s individual autonomy in regard to sexual choices, we maintain the view that not a single Scripture in the Bible endorses the gay-lifestyle. If others are comfortable with ignoring the Scriptures, so be it! But as far as the AFM is concerned, we have to bow before the will of God as revealed in Scripture. We consider this more important than being politically correct. If need be, we will take the stand of Martin Luther – “our conscience is subordinate to the Word of God, we cannot do different, so help us God.”

The mainstream media including editors and journalists must refrain from imposing a liberal and “politically correct” viewpoint on the Church. The Church is guided by the Word of God and the Holy Spirit and not by the opinions of those in the media who often are ignorant of the Scriptures.

Realizing that there are some of our own members who have to deal with a gay inclination, we are not unsympathetic and insensitive towards people experiencing same-sex attractions. We do, however, believe there is hope and victory in Jesus Christ for everybody. We pray God will give us the wisdom to address these issues with the dignity, love and respect it deserves.

ENDS

For more information contact:

Dr. Isak Burger
President
Apostolic Faith Mission
afmgs@mweb.co.za
Cell: 0832298906


 

NGK, soos samelewing, inherent ernstig siek

Prof. JW (Hoffie) Hofmeyr 2013-02-25 05:45 (Volksblad)

Selde in die onlangse verlede het die glybaan-alarms so skerp afgegaan, ook vir die NG Kerk, soos tans. Dit is op die spits gedryf deur skorsing van ’n Kerkbode-joernalis ná sy beweerde uitlatings, soos berig in Volksblad (19/02).

Ernstige vrae ontstaan oor watter karakter die NGK wil uitstraal. Natuurlik moet die kerk eietyds en oop bly, en ook in die 21ste eeu vaandeldraer van die liefdesevangelie wees.

Maar die NGK is myns insiens om die volgende redes op ’n glybaan:

• Die geweldige daling gedurende die afgelope twee jaar van byna 50 000 NG lidmate dui, soos met ons samelewing, op ’n inherent ernstig siek liggaam. Mooiklinkende verduidelikings ten spyt, dui duisende mense nou met hulle voete aan dat hulle ongemaklik is met die huidige NG Kerk.

• Die NGK het toenemend onverdraagsaam geword deur die gedurige dooddruk van tallose gebalanseerde stemme. Hoekom sukkel die NGK, soos ook die owerheid, so om ’n gesonde eenheid in verskeidenheid na te streef?

• Die NGK het in baie opsigte ’n dissiplinelose kerk geword. Ons wil so graag in ons tydsgees alles vir almal wees, dat ons later niks vir niemand word nie. Haas enigeen kan maar soos ’n wafferse Malema sê of doen wat hy wil.

• Ook van integriteit en geloofwaardigheid het min oorgebly. Word die NGK soos ook die Zuma-regering nog hoegenaamd ernstig opgeneem? Het die NGK regtig genoeg gedoen aan die morele krisis, bandeloosheid en aggressie in die samelewing, soos uit Bredasdorp en Silver Woods, blyk?

• Die kern van die glybaan-probleem is die feit dat die NGK op plekke verleer het om ’n eietydse, Skrifgetroue en belydenisgetroue karakter te handhaaf.

Natuurlik moet die kerk oorloop van omgee-liefde, maar die uitreik na armes durf nie tot ’n oppervlakkige humanisme te verword nie.

Mag dit beskik word dat ernstig-bedoelende NGK-teoloë, predikante, lidmate en leiers betyds hierdie gevaartekens raaksien.

Buitengewone professor, Kerkgeskiedenis, Universiteit van die Vrystaat


 

Verguising deur NGK;

Anna Louw 2013-02-25 05:45 (Volksblad)

Die berig “Kerkbode-joernalis moet kantoor blitsig ontruim” (VB, 19/02) het betrekking. Volksblad haal dr. Pieter Fourie as volg aan: “Die skorsing hou verband met sy uitsprake oor die direksie.” Voorts sê Fourie “ander ondernemings sal dit ook nie duld dat ’n werknemer openlik die direksie se integriteit bevraagteken nie.”

Enige onderneming wat geloofwaardig wil wees, en sy openbare beeld beskerm, sal sulke optrede nie duld nie.

Onbegryplik dat die direksie van Kerkbode & Bybelmedia, ’n Christelike maatskappy, nie so drasties opgetree het teen Oosthuizen toe die eer van God Drie-enig openlik op die NGK se sosiale netwerke (wat wêreldwyd gelees word) gruwelik aangetas is nie?

Deur Sy kerk! Vele bewyse in hul onnoembare kruheid is beskikbaar. Herhaalde vertoë tot die kerkleierskap het op dowe ore geval. ’n Skare instansies en openbare figure het oor jare deurgeloop in spotprente in Kerkbode en ander verguising, soos Angus Buchan, Isak Burger, Gretha Wiid, die Gereformeerde Kerk en Steeds Hervormers.

Wat van hul integriteit en die erge verleentheid vir die NG Kerk binne die Christelike gemeenskap in Suid-Afrika? Dis moontlike regsaksies uitgesluit.

Enkele NGK-leiers en -lidmate wat ’n Bybelse standpunt durf inneem, moes ook deurloop.

Evangeliese lidmate se reg tot spraakvryheid is op die spel! Die reaksie – ’n teleurstellende, dawerende stilte pleks van ’n openbare apologie.

My bedanking as lidmaat in 2012 was oor die gruwelike aantasting van die Heiligheid van die Here oor jare op die NGK se sosiale netwerke en die afwesigheid van optrede en wantroue in die huidige kerkleiers.

NGK-leiers moet in voeling kom met lidmate op voetsoolvlak. Nou word die indruk gewek dat as geld ’n faktor word, daar oplaas ingegryp word!

Anna Louw
Ladybrand


 

Jean Oosthuizen uiteindelik voor stok gekry;

Oor Jesus, Elvis en “fans” 2013/02/23 11:04:51 PM (Rapport)

Die skorsing van Jean Oosthuizen, nuusredakteur van die Kerkbode, is nie die eerste keer dat die NG Kerk se topstruktuur hom voor stok kry nie.

Oosthuizen is voorverlede Vrydag uit sy pos by dié amptelike NG Kerk-koerant verwyder hangende ’n interne tugondersoek omdat hy sy direksie in die openbaar van “onwaarhede” beskuldig het.

Hy is al tevore “ernstig en openhartig” deur die algemene sinode van die NGK oor beweerde “godslastering” aangespreek.

Dit was nadat minstens twee gemeentes, asook individuele NG Kerk-lidmate, gekla het oor sy “lasterlike” uitsprake op sy internet-gespreksforum, Kletskerk.

Prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, het eergister gesê minstens twee gemeentes, waaronder Moreletapark in Pretoria, het in 2011 al klagte oor Oosthuizen by die algemene sinode ingedien.

Benewens die “godslastering” en taalgebruik op sy forums was die gemeentes gegrief oor die toelaat van “godslasterlike gesprekke” en “kru taal” op die forum. Dit sluit in ’n spottende verwysing na die Heilige Gees en die herhaalde ydellike gebruik van die woord “Here”.

Kletskerk het die laaste jare gewemel van woorde soos “g*ts”, “jirre”, “k*k” en “p**ph*l”.

Oosthuizen is ook gekritiseer omdat hy die volgende aanhaling deur Gareth Cliff as sy e-pos-afsluitsin gebruik het: “Jesus is like Elvis… A very nice guy but His fan club freaks me out”.

“Daar het ’n baie ernstige en openhartige gesprek met hom plaasgevind tydens ’n vergadering van die moderatuur van die algemene sinode,” het Niemandt by navraag gesê. Daarby is dit duidelik gestel Klerkskerk is nie ’n webblad van die NG Kerk nie.

Dit word bevestig op die NG Kerk-webblad: “Die moderatuur het verskeie klagtes rakende die inhoud van Kletskerk en die skakels op ons webblad daarheen ontvang. Daar is besluit om alle skakels na Kletsklerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode te verwyder.”

Nogtans is Oosthuizen toegelaat om in sy redakteurspos aan te bly. Die voortslepende spanning het verlede week tot uitbarsting gekom. Die bestuur en direksie van die Tydskriftemaatskappy (TM), uitgewer van Kerkbode, het Oosthuizen gevra om sy kantoor te verlaat en sy werkrekenaar te oorhandig.

Dit kom nadat Kerkbode hom as donateur van die gesprekke met die temas “Net een God?” en “Hemel en hel?” by die Universiteit van Stellenbosch (US) se Woordfees onttrek het.

Ds. Danie Mouton, voorsitter van die TM-direksie, sê Oosthuizen het nie “die nodige reëlings langs die normale bestuurskanale van die maatskappy getref nie”. Oosthuizen sê daar is al ’n jaar gelede hieroor ooreengekom.

Mouton het Vrydag gesê TM kan geen verdere kommentaar lewer nie omdat ’n tugondersoek aan die gang is. Volgens hom gaan die Kerk­bode van 1 Maart ’n berig oor die Kerkbode/Woordfees-kwessie hê.

Dit sal ook deur die loop van die week aanlyn beskikbaar wees by www.kerkbode.co.za

Oosthuizen word nie toegelaat om kommentaar te lewer nie.


 

Neels Jackson en die Ontluikende Kerk;

Die 2 artikels van Neels Jackson het betrekking; “Jesus Christus verander die wêreld ingrypend” (2012-10-12) in Beeld en “Verwonder jou eerder aan Jesus” 2012-10-13 in Volksblad asook sy artikel in die By “Sonnette wat die heiliges laat lewe”

In die eerste 2 artikels besing hy die lof van John Ortberg wat die “Global Leadership Summit van Willow Creek” wêreldwyd doen!
Ortberg is ‘n duidelike aanhanger en promotor van die ontluikende kerk. Met die ontluikende kerk het Neels Jackson geen probleem soos sy vriende Prof. Nelus Niemandt ens. nie.
Die evangelie begin by die uitdra en verduideliking van die evangelie en dit is nie bloot net ‘n sosiale opheffing nie!
Sonder die redding deur Christus alleen bly mens verlore al is jy sosiaal versorg!
Dit wat die ontluikende kerk op die tafel sit pleks van voedsel vir die siel, laat my eerder dink aan die gedeelte in Openbaring waar Isebel se tafel gedek is en die Here waarsku oor die gevolge om van hul voedsel te eet! Let maar ook op die groot verdrukking waarteen gewaarsku word sou daar nie bekering van werke kom nie! Laat ons maar fyn let op dit wat die Woord van God sê!

Openbaring 2:19  Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.
Openbaring 2:20  Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
Openbaring 2:21  En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.
Openbaring 2:22  Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
Openbaring 2:23  En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

“Global Leadership Summit van Willow Creek” John Ortberg
“Mense stry te veel oor Christenskap, pleks daarvan om hulle te verwonder aan Jesus.
Dieselfde geld gesondheidsdienste. In die eerste twee eeue ná Christus is Europa deur twee epidemies getref wat meer as ’n kwart van die bevolking uitgewis het.
Waar baie mense die siekes verstoot en vermy het, het die Christene hulle op straat gaan optel en versorg. Daarna het inrigtings soos hospitale uit Christene se versorging van siekes ontwikkel.
Ortberg het ook die idee van gelykheid van alle mense na die Bybel toe teruggevoer.
Christus se volgelinge het dit nie altyd verstaan nie, maar sy idee se ondermynende krag het dit altyd weer na vore laat kom.
Daarom dat Christene ’n belangrike rol gespeel het in die afskaffing van slawerny.
Ortberg het gesê kerke moet besef die werk is nog nie afgehandel nie.”Sic

Pleks van mense na Christus bring verskuif hy die fokus na die sosiale opheffing ten koste van die ware Evangelie. Waar is Christus alleen! Dit gaan eerstens oor die siekte van die siel wat herstel moet word. Dit is net die ware Geneesheer wat dit kan doen. Bring tog die Evangelie aan mense. Die doel met sosiale opheffing opsigself was altyd om dan die Evangelie te gee. My vraag is net as hulle dan sou kom by ‘n punt om iets aan mense te gee wat sosiaal opgehef is, watse evangelie hulle gegee word? Dit lyk beslis nie meer na die Evangelie van Christus nie.

In die boek “The Life You’ve Always Wanted: Spiritual Disciplines for Ordinary People” deur John Ortberg haal hy die volgende mense aan:
Richard Foster, Dallas Willard, Soren Kierkegaard, Henri Nouwen, Thomas Kelly, Frederick Buechner, Thomas Merton, George Fox, Eugene Peterson en Lewis B. Smedes.
Vir die wat die ontluikende kerk sien vir wat dit is, is dit duidelik. Vir die wat nie, is dit maar net nog verder teen die afgrond af!

“Sonnette wat die heiliges laat lewe” 2012-10-20, Neels Jackson het betrekking.
Volgens Vader Van der Riet;
“Dié deel van die kerkgeskiedenis moet meer ernstig opgeneem word, het hy gedink, en oor Westerse heiliges soos Bernard van Clairveaux en Franciscus van Assisi gelees.
Die Oosterse of Ortodokse Christendom was toe nog vir hom ’n geslote boek.
’n Slagspreuk van die kerkhervorming soos “Christus alleen” lei volgens Van der Riet tot ’n verskraalde kerkbegrip.
“Hy is Hoof van die liggaam, en jy kan Hom daarom nie isoleer van sy liggaam, die kerk, nie. Christus kom altyd saam met sy liggaam,” verklaar die priester.
“Dis nie net ek en Hy nie, dis altyd Christus en sy kerk. Dit gaan oor kommunie,” verduidelik hy.” Sic

Dit het seker nie verdere kommentaar nodig nie en spreek vanself!
Is dit nou die beste kommentaar van die joernalis van Beeld en sy bydra tot die Liggaam van Christus.
Maar nou ja, hy bevestig maar net in watter toestand die Liggaam is en die gebrek aan kommentaar van die kerk hieroor bevestig dit maar net.
Almal ry maar saam op dieselfde wa, pleks dat hulle hul werk doen waarvoor hulle mense se geld neem.

Waar is die getrouheid aan die Woord van God?


 

NG Kerk se eietydse interpretasie van die Apostoliese Geloofsbelydenis;

‘n Span teoloë van die Algemene Sinode is nou besig met ‘n Eietydse Interpretasie van die Apostolicum (Die Apostoliese Geloofsbelydenis). Die eerste gedeelte van die taak het reeds gedien by die Algemene Sinode van 2011. Die volledige werk sal waarskynlik by die volgende Algemene Sinode dien. Die volledige notule is hier beskikbaar >>>

Die dokument is ‘n tragiese bewys van die effek wat die evolusieleer, waarteen GlodieBybel waarsku, op die teologie van die kerk en spesifiek die NG Kerk het. Dit is ‘n voorlopige teks, maar dit wat reeds op skrif gestel is, is verontrustend.

Lees verder >>>


Ope Brief aan die NG Kerk;

Ope Brief aan die NG Kerk deur Kobus van der Walt
(Meer as 3000 kopiee van hierdie brief is uitgestuur na alle beskikbare E-Posadresse in die N.G. Kerk)

Geagte Broeder
Na baie gebed en besinning rig ek hierdie brief aan u en ’n klompie ander broeders in die N.G. Kerk en vra dat u hierdie brief biddend sal lees en met ’n oop gemoed daarna sal kyk.

Lees verder >>>


 

Kerkbode kry Theo Geyser om die emergent kerk te verdedig;

Kerkbode kry Theo Geyser om die emergent kerk te verdedig. Is Theo Geyser enigsins ʼn Christen?

My eerste vraag is, waarom kry Kerkbode iemand buite die NG Kerk om die emergents in die NG Kerk te verdedig? Ek ken Theo Geyser glad nie, ek verbeel my hy was betrokke by ‘n TV program oor God.

Volledige Artikel hier


 

Prof Nelus Niemandt verdedig die emergent kerk;

Prof Nelus Niemandt verdedig die emergent kerk in Beeld, maar spreek nie hulle dwaalleer aan nie! >>

Prof. Nelus Niemandt het gister op rekord teenoor Neels Jackson in Beeld gegaan en die emergent kerk WEEREENS verdedig. Sendingbeweging en nie ‘n kultus nie, Prof Niemandt?
Waarom antwoord u nie enige vrae omtrent die emergent kerk se dwalings nie?

Tony Jones, wat deur Jackson hieronder genoem word as ‘n emergent leier, het gesê:
The church’s fixation on the death of Jesus as a universal saving act must end and the place of the cross must be re-imagined. Why? Because of the cult of suffering and the vindictive God behind it.Prof Niemandt, vir my lyk dit soos ‘n verwerping van die Evangelie! Waarom spreek u uself nie uit daarteen nie?


 

Opgestaan;

Opgestaan: Verhoor van ’n Student oor “oneerlikheid” wat lei tot sy “ewige” skorsing…

– persoonlike indrukke van Ds Chris Visser oor Ferdie Mulder se boek: Opgestaan – 30 Desember 2011

1. Lees van die boek: OPGESTAAN van Ferdie Mulder
Wat ’n boeiende en spannende boek, wat duidelik en onverskrokke getuig van dit waarvoor die skrywer staan! Ek beveel aan dat die Universiteit van Pretoria vir hom ’n ere-doktersgraad daarvoor gee!

Ek het dit in die feestyd gekoop en kon dit net nie neersit nie. Kersdag was vir my die dag van grootste teleurstelling, toe ek die boek klaar gelees het en terugskouend daaroor moes besin.
Die boek het baie emosies losgemaak. Ek het agterna vir Ferdie op Facebook geskryf:
“Ferdie, vandag op Kersdag jou boek “Opgestaan” klaar gelees … was voorwaar ‘n boeiende spanningsverhaal, beter as Deon Meyer op sy beste. Ongelukkig is dit nie fiksie nie! Ek sê voorlopig dankie. Ek haal my klein hoedjie vir jou af. Ek is tans besig om daaroor te besin; sal graag later ‘n mening oor dit alles wil skryf. Skokkend, hartseer, moedeloos, teleurgesteld, kwaad … dis alles emosies waarmee ek moes handel. Tans wil ek net sê: ek is seker die Here het jou deur die spesiale pyn-ervaring geneem met ‘n doel. Hy gaan jou nog daardeur gebruik in Sy Groter Plan. Hy doen dit reeds. Bly net nederig gehoorsaam en beskikbaar vir Hom, Seënwense vir Kersfees!”

Ook my vrou, Sterna, het die boek na my gelees. Sy was ook vasgenael tot die einde … en het agterna die volgende woorde gebruik: Verraad in die binnekring! Subtiele aanslag op ons geloof!
………..
7) Ten slotte, dink ek dankbaar terug aan die meeste van my dosente van 1978-1981
Professore Frikkie Botha, Andre du Toit, Johan Heyns, Prinsloo en Van Zyl; Nooit het ek enige twyfel-uitsprake oor Jesus, sy maagdelike geboorte of sy liggaamlike opstanding van enige van hulle gehoor nie; Inteendeel … hoeveel vaste rotse het hulle my nie geleer om op te staan nie, liefde vir die Skrif, wat my met geloofsmoed gevul het om my bedieningspad as predikant enduit te loop… Dankie! Ek eer julle!
Christus het waarlik opgestaan!
Chris Visser VDM

Lees die volledige artikel hier

Opgestaan – Resensies

Resensie van Ferdie Mulder se opspraakwekkende boek “Opgestaan” deur Professor Johan Janse Van Rensburg van Bloemfontein – 2 Januarie 2012
prof-johan-janse-van-rensburg goed Lifestyle C / Leefstyl C“Teologiese student geskors!” Dit het skokgolwe deur die N.G. Kerk gestuur. “Iets drasties, radikaal, skandelik moes gebeur het wat tot ‘n teologiese student se skorsing gelei het”, was die algemene gevoel. Die gebeure tussen 2001 en 2006 by die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria word in hierdie nuwe boek van Ferdie Mulder uitvoerig beskryf.
In die voorwoord het Ferdie sy intensies met die skryf van die boek breedvoerig bespreek. Sy teologiese stryd tydens sy teologiese opleiding het duidelik tot konflik gelei- interne konflik oor wat hy as leerstellige afwykings by sommige teologiese dosente waargeneem het en eksterne konflik met die betrokke dosente, die kuratorium en die Fakulteit. Die boek gee sy weergawe van die gebeure wat tot sy skorsing aanleiding gegee het.

Ferdie skryf nie uit bitterheid nie. Dit is ook nie sy doel of begeerte om die konflik weer te laat opvlam nie. Dit gaan vir hom oor sy onwrikbare geloof in die werklike opstanding van Jesus Christus. Sy erkenning dat die beskrywing van gebeure eensydig mag wees, toon sy gesindheid. Hy bely selfs dat hy tydens sy studie aan Durham en Cambridge Universiteit tot die insig gekom het dat hy meer genuanseerd moet dink en skryf en dat hy ook by dié met wie hy tydens sy teologiese opleiding verskil het, insigte kon leer. Hierdie gesindheidsverklaring is uiters belangrik en bied die skrywer aan as die konteks waarbinne die boek geskryf is en gelees moet word. Wie dit nie lees nie, sal maklik tot die gevolgtrekking kom dat Ferdie “net weer probeer moeilikheid maak ”.

Was dit wys of nodig om die gebeure rondom sy skorsing te boek te stel? Wie sou hom kon kwalik neem? Hy het die ergste skande oorgekom wat enige teologiese student kan vrees- hy is geskors en verbied om ooit weer aan die Teologiese Fakulteit (Pretoria) te studeer! Hy moes sy droom om predikant in sy geliefde N.G. Kerk te word, as gevolg van die skorsing laat vaar. Mense het daarvan gehoor en gelees en hulle opinie gevorm oor wat werklik gebeur het. Die outeur het nooit die geleentheid gehad om sy verhaal in die openbaar te vertel nie. As die boek nie verskyn het nie, sou die gebeure eenvoudig in die lug gehang en in die vergetelheid verdwyn het.

Toegegee, dit is nie ʼn boek vir elke leser nie. Nie almal sal in die teologiese intriges belangstel nie. Maar die boek is tog lesenswaardig om ʼn paar redes. Ferdie skryf onderhoudend en poog om so gedetailleerd as moontlik te wees in die beskrywing van gebeure. Daarom lees die vertelling soos ʼn dramatiese verhaal. Dink net, ʼn teologiese student in opstand teen sy dosente! Dis mos die materiaal waarvan rolprente gemaak word. Vir oningeligtes mag die teologiese debatte dalk moeiliker wees om te volg. Dit is egter nie só ingewikkeld dat die strekking van die diskoers nie gevolg kan word nie.

Soos die verhaal ontvou, is dit duidelik dat die outeur werklik uit oortuiging skryf en nie uit weerwraak nie. Sy motief is deurgaans duidelik- om Skrifgetroue leersuiwerheid in die N.G. Kerk terug te bring. Juis hierin lê die waarde van die boek. Met die deurlees daarvan word ʼn aantal waardes baie duidelik op die voorgrond gestel. Allereers sal elkeen wat dit lees en die Here se Kerk liefhet, bid dat so iets nooit weer sal gebeur nie. Die boek laat jou met die sterk gevoel dat dit nooit moes gebeur het nie, dat sake na beide kante ook anders hanteer kon word. Verder word die huidige debat oor leerstellige suiwerheid in die Kerk, ʼn wêreldwye diskoers inderdaad, oopgevlek. Die huidige tendens om in die viering van diversiteit die diskoers só oop te maak dat alle standpunte en uitsprake (selfs dié wat die kern van die evangelie aantas), te akkommodeer, het in die verhaal van hierdie boek reeds sy wrange vrugte getoon. As die Kerk nie hou by haar eie geskrewe belydenis nie, moet ons verwag dat nog meer lidmate en predikante “opstandig” sal word, natuurlik met bitter gevolge wat die Kerk eenvoudig nie kan bekostig nie. Die boek toon ook hoe belangrik dit is dat die kerk oor belangrike leerstellige verskille verdraagsaam en openlik sal praat. Hieroor is ‘n indringende gesprek nodig aangesien al hoe meer vreemde uitsprake in die openbaar gemaak word wat duidelik met die Skrif verskil en groot verwarring onder lidmate bring.

Die boek word aanbeveel vir almal wat meer sou wou weet oor die verloop van gebeure. Natuurlik is ʼn oop gemoed nodig. Dit vra die outeur trouens ook. Immers, nie hy of dié teen wie hy “opstandig” was, sal wil voorgee dat hy/hulle presies die volle waarheid weet nie.


 

ʼn Ánder brief aan die kerkdeur;

– ’n Poging tot kommentaar op Nico Geldenhuys se 5/11/2011 BY artikel (“My brief aan die kerkdeur”)

Deur Ferdie Mulder
15 November 2011
Cambridge

Lees Volle artikel


 

Beswaardes eis getrouheid aan Bybel;

Rapport, 2011-10-08 23:43
Marlene Malan

ng-kerk-sinode2011-optog Lifestyle C / Leefstyl C

Mnr. Louis le Roux van Benoni besig om van die plakkate teen lamppale naby die sinodesaal op te sit.

Die NG Kerk is op ’n “dwaalpad”, meen ’n groep van sowat 50 “bekommerde, besorgde Bybelgetroue NG lidmate” wat beoog om by die NG Kerk se algemene sinode met plakkate te betoog.

Dié sinode begin môre in Boksburg. Die beswaardes meen die kerk predik toenemend ’n “sosiale teologie” wat méér humanisties as Bybelgetrou is. Hulle het aan Rapport gesê hulle probeer “om die NG kerkleiers so ver te kry om al die vals leerstellings wat subtiel die kerk ingesypel het, te repudieer”.

Die groepie meen die gesag van die Bybel word toenemend afgebreek. Van die besware handel oor die ontkenning van die Bybelse skeppingsverhaal, die ontkenning van die sondeval en bestaan van die duiwel, asook die ontkenning van die maagdelike geboorte en die Godheid van Jesus.

Mnr. Danie Louw, ’n chemiese ingenieur van Secunda, sê “teologiestudente word vandag subtiel geleer dat die Bybel nie betroubaar kan wees nie, want die ‘wetenskap’ het die Bybel kwansuis verkeerd bewys”.

“Ek praat van dinge soos Genesis 1, Jesus se wonderwerke, die maagdelike geboorte, sy opstanding, en redding slegs deur Jesus. Baie studente val hiervoor. “Ons word fundamentaliste genoem en daarvan beskuldig dat ons nie mense ruimte gee om te twyfel nie. Dis heeltemal onwaar.”

Volgens dr. Wynand Louw van Melkbosstrand “is daar dinge wat my in die NG Kerk ontuis laat voel. Kerkbode dra artikels wat teologie verkondig, wat eenvoudig nie die Evangelie is nie”.

“Basiese grondwaarhede word onder verdenking geplaas. Ek wil niks met die sogenaamde bevrydingsteologie te doen hê nie.”

Sommige binne die NG Kerk “stuur Christene reguit hel toe deur gelowe gelyk te stel,” sê mnr. Danie Strydom van Pretoria.

Mev. Anna Louw van Ladybrand sê: “Besorgde lidmate voel die NG Kerk het verraad gepleeg teenoor die Here tydens die parlementêre voorlegging oor die Wet op Burgerlike Verbintenisse.”

Van die groep beswaardes was betrokke by die skryf van die boek Die Trojaanse perd wat die NG Kerk kritiseer oor die koers wat hy inslaan. Hulle noem hulself “die lidmaatforum”.

Dié boek is uit NG Kerk-geledere sterk gekritiseer.

Kommentaar op die berig deur Danie Strydom:

2011-10-09

Die kritiek op Die Trojaanse perd in die NG Kerk kom van mense wat te slap is om op te staan vir die Woord van die Here.

Die tyd het laat geword om terug te keer na die Waarheid. Daar kom ‘n tyd dat jy nie meer sal kan terugkeer nie!

Ek hoop en bid dat die tyd nog nie aangebreek het vir die NG Kerk nie.


 

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika borg Kruis en Dwars;

Eerste E-pos gestuur: 4 Oktober 2011

Borg van die Program Kruis en Dwars op RSG

Geagte Dr Kritzinger,

Hiermee wil ek graag die volgende onder u aandag bring.

Die program Kruis en Dwars op RSG het op 25 September 2011 ʼn gesprek gehad tussen Dr Chris Jones van Stellenbosch en Sheig Najjar, ʼn Imam van die Kaap.

Die standpunt wat daar gegeld het is dat alle godsdienste dieselfde God / god aanbid. Veral verwysende na Islam met die Imam daar.

Die gedagte dat ons broers is en dat ons by mekaar kan leer wie God is, het sterk in die gesprek gefigureer.

Die luisteraars moes stellings soos dat ons “geloofsbure” is aanhoor. Daar is “vonkies van God” by almal en dat God “vonkies van Sy lig” by almal vertoon volgens Dr Chris Jones van Ekklesia,‘n afdeling van die Universiteit Stellenbosch se Teologiese Fakulteit.

Vooraf is daar afgekondig dat die Bybelgenootskap die program borg. Ek kan nie aanvaar dat die Bybelgenootskap genoeë neem met so ʼn uitgangspunt nie.

Dit is die rede waarom ek die gebeure graag onder u aandag wil bring.

My vraag is dan verder of die Bybelgenootskap van Suid-Afrika dan voorts godsdiensprogramme gaan borg ten koste van Christenskap?

Beswaar is geopper by RSG:

“Die situasie tussen die Christelike geloof en Islam is onversoenbaar.

Julle verwar mense!

Die enigste manier wat daar op hierdie mate saamgewerk kan word is as Moslems hulle bekeer na Jesus toe.

Julle stuur hierdie mense reguit hel toe en vervul nie jul sendingsopdrag nie, dit terwille van diversiteit en samewerking.

Mattheus 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Daar is menigte gewese Moslems wat Christene geword het, beslis nie op jul wyse van sending nie!

Christene wat hul bekeer het vanuit daardie geloof word gedood vir hulle geloof. Op ons eie kontinent.

Julle stel Christene se lewens in gevaar en water die Woord af! Wat wil ons nou weet van die Koran af! Mense ken nie eers die Bybel behoorlik nie.

Dit klink so opreg maar julle stuur mense met ʼn grynslag tot verdoemenis!

1 Johannes 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ʼn versoening vir ons sondes.

Reg na Kruis en Dwars kom ʼn bekendstelling op van die Rooms Katolieke Kerk asof sou hulle op die pad wees!

Dit raak net al hoe erger en die mistiese wolk wat oor die Liggaam getrek word al hoe duideliker vir die wat omgee!

Waar is die ware herders wat tog die skape sal voed en verdedig teen julle?”

Magdeleen Kruger se antwoord was:

“RSG is nie ʼn Christelike stasie nie, maar ʼn sekulêre radiostasie wat ook godsdiensprogramme uitsaai, omdat dit deel van ons luisteraars se kultuur is.”

My antwoord terug aan haar was soos volg en ek het tot nou nog geen reaksie verder gekry nie:

“Magdaleen,

Dankie vir die terugvoer.

Ek het net gepraat van die program Kruis en Dwars maar ek verstaan nou beter dankie.

So Kruis en Dwars waar NG Predikant Johann Symington in optree is nie ʼn Christelike nie maar ʼn godsdiensprogram!

Dit maak vir my nou meer sin as ek kyk na die inhoud en waarmee hul besig is.

Ek sal dit so oordra aan besorgde Christene en die algemene publiek.”

Johan van Lill was aanspreeklik vir die program Kruis en Dwars op die 25ste September 2011.

Groete

Danie Strydom

*******************************

E-pos Antwoord ontvang van Dr Kritzinger : 5 Oktober 2011

Geagte mnr Strydom

Ek verwys na u e-pos van 4 Oktober 2011, die RSG-program Kruis en Dwars verwys en het groot begrip vir u navraag.

Ek wil eerstens beklemtoon dat die Bybelgenootskap geen beheer oor die redaksionele inhoud van die Kruis en Dwars program het nie. Ons verbind ons ook nie noodwendig tot die inhoud daarvan nie.

Dit is die geval met enige advertensie wat geplaas word, óf dit nou in die gedrukte media (sekulêr of Christelike media), óf radio of televisie is. Dit is uit en uit advertensies waarvoor ons betaal ‑ alles met die doel om mense bewus te maak van die Bybelgenootskap en sy werksaamhede.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ongelukkig nie ‘n onbeperkte bedrag geld beskikbaar vir advertensies nie. Ons moet dus kyk waar ons die grootste blootstelling kan kry en ook die meeste van ons ondersteuners en potensiële ondersteuners kan bereik.

Die borgskap van ‘n aktuele besprekingsprogram oor godsdiens, soos Kruis en Dwars, oor ‘n nasionale radiostasie, soos RSG, het dus vir ons baie groot waarde.

Ons sal egter altyd krities bly kyk na die programme waar die Bybelgenootskap advertensies plaas omdat die Bybelgenootskap uitgesproke is in sy diens aan die Christengemeenskap van Suid-Afrika.

Vriendelike groete

Gerrit kritzinger
uitvoerende hoof

******************************

E-pos Antwoord gestuur: 5 Oktober 2011

Geagte Dr Kritzinger,

Dankie vir u antwoord.

Dit stel my egter nie tevrede nie.

Dit is hoe die advertensie begin:

“Hierdie program word moontlik gemaak met die vriendelike samewerking van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.”

Dit is tog baie duidelik dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika die program moontlik maak. U het sekerlik ‘n sê daaroor of kan andersins aandui of u dit kan bly finansier al dan nie siende die inhoud daarvan.

Ek sal ‘n advertensie in die algemeen vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verstaan, selfs op ‘n ander radiostasie. As ‘n spesifieke program geborg word dan moet jy tog die inhoud daarvan kan goedkeur!

Dalk moet Kruis en Dwars maar hul eie borge werf. As hulle op hierdie roete bly kan geen Christen hulle borg met ‘n skoon gewete nie.

Kruis en Dwars het nou duidelik in iets anders ontaard waarna geen Christen meer kan luister nie.

Ek hoop dat u krities sal kyk na hul aanbieding en u posisie herevalueer, want hulle gaan nie! Daardie program is met die huidige redaksionele inhoud beslis nie in belang van die Christengemeenskap of die Bybelgenootskap van Suid-Afrika nie. Dit is baie gevaarlik.

Gaan luister gerus na die Potgooi van die betrokke aanbieding as u nie na die program geluister het nie;

KRUIS EN DWARS; SONDAG 25 SEPTEMBER 2011

Die huidige stand van waardes in Suid-Afrika is vir baie ’n probleem. Hoe kan ons ’n verandering teweeg bring? Johan van Lill gesels met Sheg Najjar en dr. Chris Jones oor hoe verskillende gelowe kan saamwerk om ’n verskil in Suid-Afrika te maak.

20110925_KRUIS_EN_DWARS.mp3

******************************

E-pos Antwoord ontvang: 11 Oktober 2011

Geagte mnr Strydom

Ek neem kennis van u e-pos van 5 Oktober.

Ons gaan ons siening oor die advertensie tydens die program met die vervaardigers van Kruis en Dwars opneem. Sekere kontraktuele verpligting t.o.v. die duur van die advertensie sal moontlik nagekom moet word.

Vriendelike groete.

Gerrit Kritzinger
RSG; Kruis en Dwars;

Eerste E-pos gestuur: 25 September 2011

Kruis en Dwars op Rsg van 25 September 2011 het betrekking.

Die situasie tussen die Christelike geloof en Islam is onversoenbaar.

Julle verwar mense!

Die enigste manier wat daar op hierdie mate saamgewerk kan word is as Moslems hulle bekeer na Jesus toe.

Julle stuur hierdie mense reguit hel toe en vervul nie jul sendingsopdrag nie, dit terwille van diversiteit en samewerking.

Mattheus 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Daar is menigte gewese Moslems wat Christene geword het, beslis nie op jul wyse van sending nie!

Christene wat hul bekeer het vanuit daardie geloof word gedood vir hulle geloof. Op ons eie kontinent.

Julle stel Christene se lewens in gevaar en water die Woord af! Wat wil ons nou weet van die Koran af! Mense ken nie eers die Bybel behoorlik nie.

Dit klink so opreg maar julle stuur mense met ‘n grynslag tot verdoemenis!

1 Johannes 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.

Reg na Kruis en Dwars kom ‘n bekendstelling op van die Rooms-Katolieke Kerk asof sou hulle op die pad wees!

Dit raak net al hoe erger en die mistiese wolk wat oor die Liggaam getrek word al hoe duideliker vir die wat omgee!

Waar is die ware herders wat tog die skape sal voed en verdedig teen julle?

Program:

Kruis en dwars Sondag 25 September 2011

Die huidige stand van waardes in Suid-Afrika is vir baie ’n probleem. Hoe kan ons ’n verandering teweeg bring? Johan van Lill gesels met Sheg Najjar en dr. Chris Jones oor hoe verskillende gelowe kan saamwerk om ’n verskil in Suid-Afrika te maak.

Sheg Najjar

Dr. Chris Jones
Ekklesia

*************************

E-pos antwoord gestuur: 27 September 2011

Dankie Danie vir jou epos. RSG is nie ‘n christelike stasie nie, maar ‘n sekulêre radiostasie wat ook godsdiensprogramme uitsaai, omdat dit deel van ons luisteraars se kultuur is. Godsdiens. Groete, magdaleen, RSG

*************************

My E-pos antwoord aan RSG gestuur: 28 September 2011 en geen terugvoer daarna!

Magdaleen,

Dankie vir die terugvoer.

Ek het net gepraat van die program Kruis en Dwars maar ek verstaan nou beter dankie.

So Kruis en Dwars waar NG Predikant Johann Symington in optree is nie ‘n Christelike nie maar ‘n godsdiensprogram!

Dit maak vir my nou meer sin as ek kyk na die inhoud en waarmee hul besig is.

Ek sal dit so oordra aan besorgde Christene en die algemene publiek.

Groete

Danie Strydom


 

Ope Brief: Die N.G. Kerk gaan sterf;

Beste Vriend

Die Nederduits Gereformeerde Kerk is in ‘n krisis.

Enigiemand wat die nuus dophou is bewus van al die strominge en konflik in die landswye kerk wat dikwels oorspoel na die sekulere media. En plaaslike gemeentes loop leeg. My eie gemeente is onlangs ge-oudit, en die bevinding was dat ons al die tekens van ‘n sterwende gemeente het – statisties gesproke sal ons gemeente oor ses jaar dood wees.

Waarom gebeur dit?

Christene wat in die NG kerk groot geword het en die Here daar aangeneem het voel deesdae soos vreemdelinge in hulle eie kerk. Ek praat nou die dag met my suster – sy sê sy was maande laas in die kerk. Ek vra versigtig uit hoekom.

Die antwoord? “Ek voel nie meer tuis in die kerk nie. Die dominee het in sy preek verduidelik dat alle mense – ook die in ander gelowe – uiteindelik gered sal word. Dit was die laaste keer dat ek kerk toe gegaan het.”

My persoonlike assistent het ‘n soortgelyke storie. Sy is ‘n diep gelowige Christen maar woon nie meer die dienste by haar plaaslike Baptiste gemeente by nie “omdat hulle oorgeneem is deur die nuwe teologie”.

Ek lees ‘n artikel in die JOY tydskrif oor Rob Bell, ‘n Amerikaanse popteoloog wat die bestaan van die hel en die ewige verdoemenis ontken, en skielik raak ek bewus van nuwe dinge: Die sg Ontluikende Kerk en Nuwe Reformasie.

Dit was vir my aanvanklik moeilik om te verstaan waaroor dit gaan, maar gelukkig kom ek af op ‘n artikel deur Julian Muller, waarin hy ‘n “nuwe wêreldbeeld”, panenteïsme, bepleit omdat die ou teïstiese wêreldbeeld volgens hom nie meer voldoende is vir die post moderne mens nie.

http://www.julianmuller.co.za/panenteïsme-n-nuwe-verstaan-van-god-vir-n-nuwe-tyd.html

Lees hier wat die Bybel sê van panenteïsme.

Eintlik is sy “nuwe wêreldbeeld” stokhoringoud, gewortel in neoplatonisme van Plotinus (204 – 270 na Christus) wat ten spyte van die pogings van verskeie filosowe deur die millenia nie kon deurbreek na die hoofstroom van Christelike denke nie.

Tot nou toe.

Om die “nuwe reformasie” en “ontluikende kerk” te verstaan moet jy hulle wêreldbeeld verstaan. Panenteïsme beteken letterlik “Alles (pan) – in (en) -god (theos) -isme”. Alles is dus in god (en god is in alles.)

Ongelukkig is ‘n wêreldbeeld ‘n moeilike dier om te vang. Dit vorm die fondasie van ‘n persoon se geloof, en is as sodanig onder die grond en buite sig. ‘n Hindu panenteïs sal byvoorbeeld die Apostoliese Geloofsbelydenis kan opsê en werklik elke woord daarvan glo. Hy aanbid egter nie die Drie Enige God van die Bybel nie, maar ‘n Hindu god wat op eerste oogopslag presies soos die God lyk wat ons aanbid. Maar krap jy dieper kom jy agter woorde en simbole het skielik ander betekenis, en die inhoud van die geloofsbelydenis verander totaal, sonder dat dit vir die toevallige toeskouer enigsins sigbaar is.

Daar is baie mense in leiersposisies in die Christelike geloofsgemeenskap wie hulle wêreldbeeld reeds vervang het. En mens kom dit moeilik agter omdat hulle steeds die regte klanke maak en dinge doen. En hulle slaag daarin om hierdie “nuwe” onbybelse teologie bietjie vir bietjie in te bring in ons kerk in om ons wêreldbeeld te verander sonder dat ons dit weet!

Panenteïsme (en ander vorms van liberale teologie) is lynreg in konflik met die Bybel .

Dit vernietig geloof.

Die kerk sterf omdat die wat daardeur meegesleur word uiteindelik hulle geloof verloor, en dan ophou kerk toe kom. Die wie nie meegesleur word nie voel ontuis, en vind ander geestelike tuistes. En al is ‘n plaaslike gemeente se leiers en kerkraad nog vry van die dwaalleer verloor gemeentelede hulle vertroue in die kerk, as gevolg van wat op nasionale vlak gebeur.

Dit is tyd dat die kinders van God in die NG Kerk wie glo in die Bybel standpunt inneem.

Die NG Kerk is nie sonder foute nie. Ons is almal nog steeds intens bewus van die sonde van Apartheid. Maar die NG Kerk is steeds die geestelike tuiste van derduisende mense, wat smag daarna en daarop gerigtig is om die Evangelie van God van die kansel te hoor.

Ek het Jesus aangeneem in die NG Kerk. Watter ander denominasie in ons land verwoord my geloof so klinkklaar soos die Heidelbergse Kategismes? Watter ander denominasie in ons land glo saam met my in God se ongelooflike verbond wat hy met my kinders sluit en beseël met die sakrament van die verbondsdoop? Waarheen anders kan ons gaan?

Kyk bietjie met hoeveel van die onderstaande jy saamstem:

  1. God is die Skepper. God is nie die skepping nie en die skepping is nie God nie. God is absoluut soewerein, almagtig, alwetend en alomteenwoordig.
  2. Die Bybel is die onfeilbare Woord van God.
  3. Die mensdom is perfek en goed geskape, maar het deur Adam en Eva se sonde totaal verdorwe geraak.
  4. Christus is God. Hy het mens geword deur die maagdelike geboorte. Hy het ‘n heilige en sondelose lewe op aarde gelei. Hy is gekruisig, het gesterf en het liggaamlik op die derde dag opgestaan uit die dood.
  5. Satan is ‘n persoon en nie net ‘n idee nie of metafoor nie. Die bewuste ewige verdoemenis is ‘n werklikheid.
  6. Geen mens kan die saligheid verwerf deur dinge te doen nie. Mense is volkome van God se genade afhanklik om gered te word. Hierdie genade is slegs beskikbaar aan mense deur Christus se dood aan die kruis.
  7. Slegs mense wie Christus aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker sal die ewige lewe ontvang.

Indien wat hier staan jou geloof verwoord, wil ek jou vra om asseblief hieronder jou geloof bely deur kommentaar op hierdie pos daar te lewer.

Vertel ons wat jy glo.

Gee ons jou persoonlike getuienis van jou vriendskap met Jesus.

Die doel is om ‘n duidelike boodskap na die leiers van ons kerk te stuur dat ons nie langer tevrede is dat die Evangelie van Christus se genade in ons kerk verwater word nie.

Ons eis dat ampsdraers en hoogleraars in ons kerk hulle opnuut verbind tot die Evangelie waartoe hulle geroep is, en dat die wie dit nie kan doen nie, eerlik sal wees, en hulleself aan die kerklike opsig en tug onderwerp. Mense wat hulleself vereenselwig met Julian Muller se panenteisme en ander vorme van liberale teologie kan nie langer onder die vaandel van ons kerk opereer nie.

Hierdie sal net slaag as elkeen opstaan en sê “Hier staan ek! Ek kan nie anders nie.”

In Christus

Wynand Louw

http://hierstaanek.com/


 

What does God think of us; 

Kommentaar op SABC 2 se “What does God think of us?”, “Literal Interpretation” 22 Mei 2011 om 8:30

Deur Daniel Louw  >>>

Aan die begin van die program sê die vroulike verteller: “There seems to be a selective belief when it comes to stories in the Bible. We have no problem seeing the Bible story of creation as a myth and even that of the burning bush and the parting of the Red sea, but when it comes to the birth of Christ, His death on the cross and the resurrection, we blindly except a literal interpretation. Where do we draw the line? What is truth and what is myth?”

Hiermee word die presiese probleem met die geloofwaardigheid van die Bybel in die kollig gestel: As jy sommige gedeeltes van die Bybel nie wil glo nie (soos Gen 1-11) waarom sal jy die res glo? Watter kriteria sal jy aanwend? Kyk Creation: Why It Matters.


 

Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid!;

2011-03-19
Johan Janse van Rensburg

Dr. Frits Gaum se uitlatings op die Woordfees oor die NG Kerk (soos berig in verlede week se Rapport) is om verskeie redes ’n teleurstelling.

In ’n boek wat hy binnekort publiseer, stel hy die vraag: “Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit?” Hy meen dat die NG Kerk drasties sal moet verander, anders gaan hy nie die wederkoms beleef nie! Hy wys daarop hoe die kerk in Europa gekwyn het en vra of die kerk onder Afrikaanse mense dieselfde pad gaan stap. Dit is veral die kerk se fundamentalisme wat tot sy ondergang gaan lei.

Gaum speel die fundamentalisme-kaart op dieselfde wyse as wat die regering deesdae die raskaart speel. Hy sê nie na watter van die minstens drie verskillende vorms van fundamentalisme hy verwys nie. In elk geval het die kerk waarna hy verwys deur die seisoen van luister en die diversiteitsforum die ruimte geskep om na mekaar te luister sonder om van etikette gebruik te maak.

Die beskuldiging van fundamentalisme hoort werklik nie in die kerklike diskoers nie.

Die willekeurigheid waarmee hierdie soort kritiek teen die kerk bedryf word, is elke keer opsigtelik. Sekere Skrifgedeeltes wat nie vir iemand aanvaarbaar is nie, moet metafories, simbolies of figuurlik interpreteer word.

Maar ander Skrifgedeeltes wat weer in die paradigma van die persoon pas, word dan letterlik aangehaal.

So ’n willekeurige Skrifgebruik kan eenvoudig nie aanvaar word nie. Wie bepaal watter Skrifgedeeltes letterlik en watter metafories verklaar word en volgens watter maatstawwe? In die verlede het die onderskeie genres van die Bybel hierdie onderskeid help tref. Psalms is digterlik; apokaliptiese geskrifte verwys na die werklikheid op ’n metaforiese wyse; ensovoorts. Maar deesdae bepaal elke individu sélf wat metafories is. Wie dit nie só verstaan nie, is dan sonder meer fundamentalisties.

Terloops, dit is nie fundamentalisme wat die kerk bedreig nie, maar vrysinnigheid. Dit word gewoon bewys daardeur dat denominasies met ’n “fundamentalistiese” verstaan van die Skrif in getalle toeneem. Talle lidmate gaan juis na sulke kerke; weg van ’n kerk wat nie meer vaste geloofsoortuigings verkondig nie.

Daarom gaan Gaum se verwysing na kerke in Europa se agteruitgang ook nie op nie. Dit is nie “fundamentalisme” wat tot hierdie kerke se stryd om voortbestaan aanleiding gegee het nie, maar vrysinnigheid! Die moderne teologie wat so hoog aangeskrewe is, was 35 jaar gelede die rede waarom kerke in Europa gesluit en vir sekulêre doeleindes verkoop is. Wie wil nou deel van ’n kerk wees wat van niks meer seker is nie?

Gaum meen die NG Kerk sal moet leer om minder seker te wees. Die kerk moet meer erns met twyfel en onsekerheid maak, beweer hy. As voorbeeld van ’n onaanvaarbare sekerheid verwys hy na dr. Isak Burger se boek oor die eerste vyf minute ná die dood. Maar dr. Burger is mos nie ’n lidmaat van die NG Kerk nie! In elk geval sal Gaum hopelik in sy boek verduidelik waarvan ons wél seker kan wees.

Of is daar niks waaroor ons meer seker kan wees nie?

Is Jesus die enigste Verlosser?

Gaum sê dat hy dit aanvaar, maar verklaar dan dat ons nie kan sê dat ander verlore gaan nie. Nee, niemand mag dit sê nie.

Die feit is egter dat die Skrif dit sê. Natuurlik sal die aanhaal van Bybeltekste juis as fundamentalisme verwerp word. Op grond waarvan aanvaar Gaum dan dat Jesus wél die enigste Verlosser is? Op grond van tekste wat hy self “fundamentalisties” hanteer!

In my boek met die titel ’n Ander Jesus; ’n ander evangelie, wat min of meer dieselfde tyd as Gaum se boek sal verskyn, weerlê ek die leuen van ’n relativisme wat ons alle sekerheid in Christus wil ontneem. Hierdie populistiese beskouing groei uit die vernietigende ideologie van die postmodernisme, die New Age en die Emerging Church. Ironies genoeg kritiseer Gaum met groot sekerheid die sekerheid waarmee die kerk getuig. Hy mag dus seker wees, maar die kerk nie? Dit herinner aan die ironie van die postmodernisme wat met absolute sekerheid verklaar dat daar geen absolute sekerheid is nie!

Gaum verwys natuurlik ook na die kerk se besluite oor homoseksualiteit. ’n Mens kan dit begryp. Die vraag is net of sy persoonlike worsteling met die kerk se veroordeling van homoseksualiteit nie juis die leitmotief vir sy aanval op die NG Kerk is nie? Hy sê in die onderhoud immers dat daar eers goed in sy lewe moes gebeur het wat hom tot ander insigte gebring het. Dit word dan ’n soort ervaringsteologie wanneer jou eie ervarings jou persepsies vorm en nie die Bybel as Woord van God nie.

Sou, volgens hierdie norm, die hartseerverhale van verkragters en molesteerders nie dan ook ’n verandering van Skrif-verstaan teweeg bring nie?

Gaum se kritiek teen die NG Kerk staan ongelukkig op losse skroewe. Dit is jammer dat hy nie sy standpunte deur middel van ’n gravamen na die komende algemene sinode gestuur het nie.

Waarom deur middel van openbare kommunikasie kritiek teen die kerk uitspreek? As die NG Kerk, wat hy as skriba van die algemene sinode en as redakteur van Kerkbode gedien het, nog werklik vir hom belangrik is, waarom dan die golf ry van ’n populêre tendens om die NG Kerk uit te sonder en veroordeel.

* Prof. Johan Janse van Rensburg is buitengewone professor aan die Noord-Wes Universiteit.


 

Die Trojaanse Perd in die NG Kerk;

– die kanker van evolusie en liberalisme >>>


trojaanse-perd-in-die-ngkerk Lifestyle C / Leefstyl CBoek ‘kwaadwillig’ wat NGK kap oor Bybel

deur Neels Jackson het betrekking;

“ ʼn Kwaadwillige stofopskoppery.” Kan jy nou meer! Weereens tipiese joernalistiek van Neels Jackson!

Die beswaar is al tot vervelens toe geopper vir Dr. Gerber se inligting maar hulle weier om notisie te neem!

Dr. Johann Ernst is reg, dit het gegaan oor ’n gevaar waarvan die stad nie bewus was nie in die verhaal oor die Trojaanse perd. Dit lyk vir my maar baie simbolies van ons status quo!

Die manne wat moet waarsku sit met ’n mond vol tande en grom vir die wat sien wat aangaan en beswaar aanteken.

Sonder gesonde leer het jy nie gesonde praktyk nie.

Danie Strydom

 

Kommentaar oor Trojaanse Perd-boek op Glo die Bybel .co.za >>>
Ds. Izak du Plessis;

Die Trojaanse Perd is binne; 2010-06-14

Ds. Izak du Plessis en sy selferkende dwaling in sy afskeidspreek asook die NG Kerk se dreigende Herderloosheid in Rapport het betrekking.

Dat Du Plessis hom met Job durf vergelyk en dan nog die konteks omgooi verstom my nie eers nie.

Job was regverdig, Du Plessis dwaal soos hy tereg sê.

Hy glo nie die Woord van God nie en sy taalgebruik klink vir my darem baie na dit wat ons geagte Professore aan “die” teologiese fakulteit so gereeld besig!

“Dit het daartoe gelei dat ek op 21 klagtes van leer en lewe voor die Ring van Faerie Glen moes gaan verantwoording doen.

Ek is onskuldig bevind op 19 en skuldig aan twee.”

Hulle is tog altyd so onskuldig. Ten minste het hy die moed om te loop en hopelik kom hy tot bekering vir sy eie onthalwe en vir die wat so dwaas is om na hom te luister

Wat ʼn dilemma sit ons nie mee nie. Die kerk het nie meer herders oor nie en dan sit ons met die klas van mense tussenin.

Dis te verwagte as ons na die teologiese opleiding kyk en sekere elemente daar beoordeel.

Keer terug na die Woord van God!

Hierdie situasie van Du Plessis is ten minste baie duidelik.

Die Ontluikende Kerk se problematiek neem bietjie meer onderskeidingsvermoë. Sal ons wakkerskrik, dit is reeds baie laat?

Die water waarin die padda sit is reeds aan die kook!

Mag die Here ons help.

Du Plessis sê:

“Liewe gemeente, ons almal dwaal maar in die geloof, as ons eerlik wil wees.

Elkeen van ons is maar gedurig op afdraaipaadjies terwyl ons na die Huis soek.

As gevolg van my afdraaipaadjies, het ek besluit om te bedank.

Ek is ongemaklik met konsepte soos die hemel en die hel.

Ek sukkel met begrippe soos maagdelike geboortes, opstandings en hemelvaarte.

Kortom: in die lig van ons kerk se belydenisskrifte is ek inderdaad besig om te dwaal.”

“Luister ’n mens so na Du Plessis, word dit duidelik waarom hy bedank het. In die kerk was daar vir hom te veel dogma en te min deernis.”

Volledige Afskeidsboodskap met repliek deur Daniel Louw en ander kommentaar

 

 


sakkie-spangenberg Lifestyle C / Leefstyl CSpangenberg;

Wat het Spangenberg, “TEO” Teologiese Fakulteit van Tuks se webwerf, Griffel Media, Kerkbode Aanlyn, Neels Jackson en Julian Müller en vriende in gemeen? (Aan Rapport, Beeld en Kerkbode gestuur).

Spangenberg se Jesus sal sommige lesers skok van Johannes de Villiers 2009-10-03, in die Boeke bylaag van Rapport, “TEO”, die webwerf van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria (Tuks), Neels Jackson se verdediging van Julian Muller en vriende asook  Kerkbode Aanlyn, het betrekking!

Sakkie Spangenberg is geen Christen meer, dis nou te sê as hy ooit een was. Hy durf nog sy boek “ Jesus van Nasaret ” noem. Hy is nie eers ʼn wolf in skaapklere nie, hy kom sommer as ʼn wolf en Johannes de Villiers asook Gerda de Villiers laat dit nie duidelik genoeg blyk hoe ver die man van die Bybel verwyder is nie. Die arrogansie van sy uitgewers, Griffel Media, om te sê dat dit ʼn boek van wêreldgehalte is en enigeen wat opreg en eerlik, in die Christelike tradisie, in die naam van Jesus bid, preek en as pastor optree, dit moet lees!

Spangenberg moet ʼn manier vind om sy dwaling te verkondig en Rapport, Griffel Media asook “TEO” gee hom die voertuig!? Hy durf nie eers iets oor die Woord van die Here meer te sê hê nie. Wat ʼn tragiese aanklag teen die teologiese fakulteit van Unisa, dat hulle sulke twak laat verkondig.

Dit blyk dat Tuks se teologiese fakulteit groot tree in dieselfde rigting gee!

Die Teologiese Fakulteit van Pretoria Universiteit het op hul webwerf “TEO” ʼn positiewe resensie van Spangenberg se boek by monde van Gerda de Villiers, dan bly Neels Jacksonvan Beeld nog steeds stry oor waar Julian Müller en vriende hulself posisioneer. Dit lyk vir my asof die Evangelie werklik op die spel is anders as wat Neels Jackson beweer;

Resensie op “TEO” deur Gerda de Villiers:

Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009, Uitgegee deur Griffel Media: Kaapstad

Uiteindelik! Goeie – nee, uitstekende Afrikaanse godsdienstige lektuur op die populêre mark. ʼn Welkome druppel in die leë emmer wat poog om te beantwoord aan die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges. Van vroom praatjies en vlak teologie het ons genoeg.

… Sakkie Spangenberg se Jesus van Nasaret is ʼn uitstekende aanknopingspunt tussen die dominee met sy/haar goeie verantwoordelike teologie, en die ingeligte soekende lidmate van die gemeente.” (Sic)

Volledige Artikel op “TEO” se webwerf 

Daar is natuurlik ʼn skakel vanaf die Kerkbode Aanlyn na “TEO” se webwerf!?

As julle vir hulle hierdie geleentheid gee hoop ek dat julle iemand anders die behoorlike geleentheid op repliek gee of ten minste die geleentheid gee om ordentlike boeke oor die evangelie voor te hou.

Jy steur jou nie aan die Woord van God nie;

Hebreërs 6:4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

Hebreërs 6:5  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,

Hebreërs 6:6  en afvallig geword het–om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

EN

Romeine 1:28  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ʼn slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

Romeine 1:29  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

Romeine 1:30  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

Romeine 1:31  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

Romeine 1:32  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.  

EN

2 Thessalonicense 2:7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

2 Thessalonicense 2:8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

2 Thessalonicense 2:9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

2 Thessalonicense 2:10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

2 Thessalonicense 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

2 Thessalonicense 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

ASOOK

Openbaring 22:18  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Openbaring 22:19  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Dit behoort hom en die wat sy goed goedkeur te laat sidder. Maar nou ja wie steur hulle nou nog aan die Woord van God.

Selfs ʼn paar predikante dink die Bybel is ʼn boek vol fabels. Moenie huil as jou fabel in jou ergste nagmerrie ontaard nie!

Wat sal jy nou maak as die Here jou daaraan oorgee soos die Woord van God duidelik wys, seker ook stry of dalk maar net napraat?!

Spangenberg se Jesus sal sommige lesers skok van Johannes de Villiers 2009-10-03, in die Boeke bylaag van Rapport, “TEO”, die webwerf van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria (Tuks), Neels Jackson se verdediging van Julian Müller en vriende asook  Kerkbode Aanlyn, het betrekking!


Kommentaar van Anton Pienaar van Kerkbode Aanlyn…
Jou brief is aan meer as een koerant geskryf en na my mening ʼn bietjie venynig.
Anton Pienaar
anton@tydskrifte.co.za

Danie Strydom antwoord…
Anton Pienaar,
Neem gerus die feite in ag. Die joernaliste is veronderstel om objektief verslag te lewer. Wat die teologie en kerksake betref is dit betreurenswaardig om die minste te sê. Ek wens dat daar mense wat werklik glo dat die Bybel die Woord van God is, aangestel sal word om verslag te doen oor die teologie en kerksake!

Vir ons almal se onthalwe in hierdie land. Joernalistiek word darem op ander velde redelik goed beoefen, wat is dan nou hier die probleem?

Danie Strydom


Kerkbode Aanlyn;

Die Redakteur Kerkbode Aanlyn,

2011-09-18

Diversiteit of Sekularisasie?

Dis nou vir my baie amusant dog hartverskeurend!

Ek gaan kyk waaroor die bohaai gaan rondom Kerkbode Aanlyn en die beskuldigings rondom verskeie sake wat aan hul toegedig word.

Boeke wat aanbeveel word sê gewoonlik baie van jou vertrekpunte en sentimente!

Kan jy nou meer, Abel Pienaar se “Saam op soek na God, soeke na ‘n eietydse spiritualiteit” pryk sommer heel eerste op die webtuiste as aanbevole boeke.

Dit as aanbevole leesstof vir die gewone gelowige mense wat nog hoop het vir die NG Kerk!

Dit is ‘n klap in die gesig, ligtelik gestel.

Kom ons kyk bietjie waar hierdie boek nou bestel kan word. O ja, Griffel / Die Boekblik natuurlik waar jy ‘n keuse het tussen

Saam op soek na God, soeke na ‘n eietydse spiritualiteit deur Abel Pienaar”, “Hier staan ek deur wie weet almal”

“Afrikamasutra”, “Dieper as Satan deur Evard Huisamen”, “Die God van Genesis deur Willie Esterhuyse”, “Moffie” of “Pomp”.

Dit alles op Kerkbode Aanlyn se boekverskaffer se hoofbladsy!!

Hier is ‘n groot probleem wat julle beter hanteer . Hou tog op om die heeltyd die boodskappers met klippe te gooi!

As jy webtuiste bestuur moet jy verantwoordelikheid daarvoor vat.

Kry eerder jul eie boekverspreiding aan die gang en kry jul eie video’s op julle webtuiste gepubliseer dan sal julle dalk minder aangevat word.

Al sou julle dit doen wonder ek nog ernstig wat sou jul rede wees om Abel Pienaar se “Saam op soek na God, soeke na ‘n eietydse spiritualiteit” op jul hoofblad te adverteer!

Het Kerkbode Aanlyn dan ‘n sekulêre medium geword?

Dit is ‘n retoriese vraag!

Ek verwag nie ‘n antwoord nie, julle is ‘n antwoord skuldig aan die Here en die mense wat julle webtuiste hoopvol besoek.

2011-09-25
Daar was geen amptelike respons soos verwag!

………………………………………………………………………………………………………………

“Kletskerk” Webmeester en inhoudsredakteur asook nuusredakteur van Kerkbode Aanlyn: Jean Oosthuizen

Jean Oosthuizen

Hoe kan mens iemand soos Jean Oosthuizen, wat onderstaande self op kletskerk geskryf het, en die webmeester en inhoudsredakteur daarvan is waar ateïstiese en Godslasterlike skrywes gereeld geplaas word, toelaat om enigsins op Kerkbode te dien — meer nog, nuusredakteur te wees. Dan nog ʼn permanente skakel van Kerkbode Aanlyn daarheen!

Jean sê op Kletskerk:

“Dit is nie maklik om deesdae ʼn Christen te wees nie. Dis eintlik ʼn helse stryd. Om die waarheid te sê ek is van mening daar word ʼn totale aanslag teen Christene geloods. Ek praat nou natuurlik van waarlike Christene soos ek.

Ons word vanuit twee fronte aangeval. Aan die een kant is daar die ateïste wat mens dag en nag peper met allerlei beuselagtige vrae oor goed wat hulle wéét g’n mens die antwoord van ken nie. Nie eers húlle ken die antwoorde nie. En hulle is baie slim. Dan is daar die Roomse gevaar, die Joodse gevaar, die Moslem gevaar, die gay gevaar….  ag dis net gevare waar jy kyk.

Ons goeie gewone Christene gaan rêrig swaar gebuk onder al die gevare. Maar ons word ook vanuit ons eie kring aangeval. Die spreekwoordelike adder in eie boesem om die fundamentaliste se eie taal te gebruik.

… Een van die nuutste Christelike gril-goed wat ek raakgeloop het, is die nuwe Afrikaanse tydskrif Juig. Dit is nou die Afrikaanse boetie of sussie van Joy. Die ding laat my vuiler voel as wat pornografie kan doen. Om die waarheid te sê wat my betref suig Juig. Dit is niks anders as Christelike pornografie nie. ”

Skakels na “TEO” en “Kletskerk”

Hoe kan Kerkbode skakels op Kerkbode-aanlyn na ‘n Godslasterlike webwerf soos Kletskerk en ‘n uiters Liberale webwerf soos “TEO” plaas?

Huidige Situasie
Kletskerk het ‘n verleentheid geword…

“Die moderatuur van die NG Kerk se Algemene Sinode het opdrag gegee dat alle skakels na Kletskerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode dadelik verwyder word.”

Die Godslasterlike Webwerf “Kletskerk”

Webmeester en inhoudsredakteur: Jean Oosthuizen
Epos adres: jean@kletskerk.co.za

Kletskerk
Vir alternatiewe gesprek oor die Kerk, geloof en verwante sake.

Hulle bemark onder andere die Nuwe Hervormers Netwerk van Sakkie Spangenberg en vriende daar by monde van Jean Oosthuizen!

“Die soeke na ’n eietydse spiritualiteit word die einde van die maand tydens ʼn dagkonferensie op 31 Oktober deur die Nuwe hervormings Netwerk in Pretoria bespreek.
Die dagkonferensie word aangebied in samewerking met dr Abel van Niekerk van die NHN se “geestelike arm” die Renaissance gemeente.

Abel sal praat oor “Die evolusie van Spiritualiteit” en ander sprekers sluit in Sakkie Spangenberg, Gerrit Genis en andere. Dr Piet Mulder sal praat oor:

“Evangelie sonder kruis en opstanding. ʼn Ou alternatief ”.
Die konferensie begin om 08h30 en duur tot 16h30. Dit vind plaas by die Santa Sophia Sentrum, Mainstraat 129, Waterkloof, Pretoria en vir meer besonderhede kan Abel gekontak word by…

Dr Abel Pienaar
Indien daar van die besprekings elektronies beskikbaar is sal ek dit na die tyd op Kletskerk plaas vir verdere bespreking.”

Die Liberale Webwerf “TEO

Fakulteit Teologie: Pretoria
Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring.

Resensie op “TEO” deur Gerda de Villiers:

“Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009      

Uitgegee deur Griffel Media: Kaapstad

Deur Gerda de Villiers

Uiteindelik! Goeie – nee, uitstekende Afrikaanse godsdienstige lektuur op die populêre mark. ʼn Welkome druppel in die leë emmer wat poog om te beantwoord aan die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges. Van vroom praatjies en vlak teologie het ons genoeg.

… Sakkie Spangenberg se Jesus van Nasaret is ʼn uitstekende aanknopingspunt tussen die dominee met sy/haar goeie verantwoordelike teologie, en die ingeligte soekende lidmate van die gemeente.” (Sic)

Volledige Artikel op “TEO” se webwer

Eenogige resensie deur Gerda de Villiers;

Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg
(Swak en eenogige resensie deur Gerda de Villiers)

Vrydag, 25 November 2011 15:00

Hierdie resensie van Gerda de Villiers van die Teologiese fakulteit van UP wys die idees wat sommige teoloë daar het. Vir ‘n weerlegging hiervan, kyk Die Bybel oor die vervulling van profesieë.

Volledige artikel >>
Waar is die ware Leviete;

PDF Sal die “Leviete” wat die Here dien asseblief vorentoe kom!
“Sal die “Leviete” wat die Here dien asseblief vorentoe kom! Ons is moeg vir die wat die
mense en hulleself dien!”

Die Redakteur Beeld,

Deel die lewe met mekaar hiér en nou 2009-11-04 en Gun (on)gelowige ook lewensruimte 2009-10-28 van Neels Jackson het betrekking:

Deel die lewe met mekaar hiér en nou:
Die Nuwe Hervorming Netwerk het steeds dieselfde vertrekpunte, in kort, hulle is vyande van die Evangelie van Jesus Christus! Dit lyk maar net na kalmer waters. Die verdraag-saamheid teenoor mense soos dié se standpunte wat die Evangelie ondergrawe word weereens deur die media opgedis asof ons almal dit aanvaar.

My vraag is egter waar is die Predikante wat in die gees van die Priesters Sadok en die Leviete wat getrou aan die Here gebly het, se stemme? Ek sien net ʼn handjievol wat opstaan vir die Evangelie, waar is die ander of het dit maar net ʼn gewone werk geword wat julle doen?! Die herders beter hulle werk doen, dis om kos te gee, beskerming en leiding. Kos vir die siel wat bestaan uit die korrekte interpretasie van die Woord van God wat ingeneem moet word vir groei en verfrissing asook beskerming teen die wolwe en wilde diere wat op die skape teer om nie eers te praat van die wolwe in skaapklere nie!


 

Dopperklap in NG kerk se gesig?  Deur Dr Henrietta Klaasing

So van klappe gepraat: dit lyk my daar is mense in die Gereformeerde Kerk wat ten minste nie oogklappe aan het nie.

Die Gereformeerde kerk moet geloof word vir die sterk standpunt wat hulle inneem teen dwaalleer.  In die NG Kerk is daar oor die afgelope tien of meer jare briewe geskryf en kommentaar gelewer in die kerk se eie asook in die sekulêre media  juis oor dwaalleer in die NG kerk – tans word debatte ook  gevoer in elektroniese ruimtes soos op Kerkbode Aanlyn,  die Gespreksforum (ou Diversiteitsforum) en die Kerkbode se Facebook-muur.

Selfs boeke is geskryf, soos Adrio König se Die evangelie is op die spel, Pieter Pelser se NG Kerk reformeer of disintegreer, Ferdie Mulder se Opgestaan, Besorgde Lidmate en Leraars se Die Trojaanse Perd in die NG Kerk,  – hierdie is maar enkele titels vir dié wat nie weet nie. Daar is ook ʼn hele reeks DVD’s gemaak  Nuwe strominge in die teologie, deur Sarel van der Merwe.

ʼn Baie sterk verklaring het  in 2007 uit eie geledere gekom  toe ʼn aantal emeriti van die Universiteit van Pretoria hul besorgdheid oor liberale strominge van die  in die vorm van ʼn geloofstandpunt  uitgespreek het.

Niemand is so doof soos hulle wat nie WIL hoor nie  – ten minste “hoor” mense in die Gereformeerde en die Hervormde kerke die dwaalleer-waarskuwings wat oral uitgebasuin word.


Liberale en humanistiese koers wat die NGK inslaan

Dankie aan Rapport vir Johannes de Villiers se berig “Ware soeke na God se wil” (1 Oktober 2011) so kort voor die Algemene Sinode.

Mooiklinkende frases van dr. Kobus Gerber soos “opregte soeke na God se wil”, “vergader met ons oop Bybels in die teenwoordigheid van die Hoof van die Kerk, Jesus Christus ons Here,” en “ons moet sy stem hoor” beïndruk nie. Is daar by die uitwerk van genoemde besprekingspunte asook andere in die agenda uitgekom deur dié stappe te volg? Wat mens oor hierdie sake in die sekulêre media en die kerk se eie mondstukke lees en na luister, toon duidelik die toenemend liberale en humanistiese koers wat die NGK inslaan.

ʼn Voorbeeld: Oor saamwoon word die kerk gevra om gelowiges wat saamwoon aan te moedig “om die verbintenis nog vaster te maak deur die kerklike en staatkundige aspekte ook agtermekaar te kry”. Is die Bybelse weg nie sondebesef, berou en bekering voordat man en vrou na saamwoon in die eg verbind word nie?

Nog ʼn bekommernis rakende die NG Kerk is wat uitgekom het op 25 September 2011 op RSG se Kruis en Dwars. ʼn Gesprek is gevoer tussen Chris Jones en Sheg Najjar met Johan van Lill as gespreksleier, oor samewerking tussen Christene en Moslems. Terme gebruik deur Jones soos “shift from conversion to conversation” en “om saam te werk teen armoede” beklemtoon die humanistiese hier-en-nou benadering van ʼn “social gospel” wat tekenend is van die Ontluikende Kerk. Waarom die skuif weg van die Bybelse opdrag om dissipels te maak van al die nasies? Gaan hierdie rekonsiliasie tussen die Christendom en Islam uitloop op iets soos die intergeloofs- en ekumeniese “Chrislam”?

In die Bybel word ses van die sewe gemeentes in Asië gewaarsku (Openb. 2 en 3) en die waarskuwings fokus telkens op toleransie, akkommodering van die kwade en onverskilligheid teenoor dit wat die Woord van God leer.

Dr. Henrietta Klaasing, Groblersdal

……………………………………………………………………………………………………………..

Waarheen is die NG kerk op pad?

Die NG Kerk op ʼn historiese laagtepunt.

Deur Dr. Hennie Mouton, Skrywer van “Verken Lewenswetenskappe verder – ʼn kritiese evaluering van evolusie”.

Die ateïs en evolusionis, prof. George Claassen, is uitgenooi om as hoofspreker by die openingsdag op 2 Februarie 2010 van Universiteit Pretoria se Fakulteit Teologie te praat oor Skepping en Evolusie.  Dat ‘n ateïs uitgenooi word om by so ‘n geleentheid die hoofspreker te wees, laat al klaar ‘n paar vrae, maar die probleem is vererger deur die twee amptelike replieke daarop, waar die twee teologieprofessors grotendeels nie van hom kon verskil nie.

Repliek deur Dr. Hennie Mouton, Skrywer van “Verken Lewenswetenskappe verder – ʼn kritiese evaluering van evolusie” ;

Waarheen is die NG kerk op pad?

Die NG Kerk op ʼn historiese laagtepunt

Danie Strydom, Die spreekwoordelike Trojaanse perd en die NG Kerk;

Die spreekwoordelike Trojaanse perd en die NG Kerk

deur Danie Strydom

Hoe sal ons nou die Trojaanse Perd fnuik en buite die poorte verbrand?!

Die tyd het gekom dat ons reguit met mekaar praat, die toestand van ons land behoorlik omskryf en die antwoorde in die Woord van die Here soek. Hoe klink dit as iemand die waarheid praat, hoe diep is die indringers al binne in die midde en wie het die moed om hulle te verwyder en die regte dinge te doen om ons weer op dreef te kry?! Hoe lank sal ons nog toelaat dat die wat van beter behoort te weet, net so voort ploeter en die Trojaanse Perd binnenooi terwyl hulle dit buite die poorte moes verbrand het?

Dit is belangrik wat ons sê. Hoe toets ons die indringers? Sjibbolet was die uitspraak van die goeie ouens en Sibbolet die uitspraak van die indringers! Dit is baie naby aan mekaar, net soos vandag. Daar is egter net een regte uitspraak! Hulle sal baie woorde hê wat so reg klink, maar luister en toets mooi. Baie ironies dat hulle almal Israeliete was. Hier is baie wat hulle Christene noem maar laat hulle net ʼn bietjie praat.

Click to download full article


Sarel van der Merwe – Waarheid Teenoor Leuen Produksies;

Die nuutste postmoderne stominge en geestelike afval in die kerk, word aangespreek deur Mnr. Sarel v.d. Merwe. Hy wys ook op ʼn gepaste en feitelike manier na die dwaling wat verkondig word op die Teologiese front.

Die WTL seminaar oor die “Emerging” Kerk, het heftige reaksie van verskeie pro-emergent teoloë en predikante in die media ontketen. Onder die opskrif: Nuwe Verdagmakery teen NG Teoloë, was die volle voorblad van die Kerkbode van 6 Maart 2009 daaraan gewy om ʼn lasterlike persoonlike aanval teen my te loots – sonder om enigsins te verwys na die feite wat ek op die tafel geplaas het. In hierdie berig het prof. Nelus Niemandt my geëtiketteer as onder andere ʼn “selfaangestelde laksman” en vergelyk met die “Inkwisisie” – wat natuurlik mense op die brandstapel verbrand het (sien aanhegsel 1 vir Kerkbode-berig).

Al die uiters kommerwekkende feite oor “Emerging” Kerkleiers, waarna ek in die reklamemateriaal van die seminaar verwys het (sien aanhegsel 2), was heel gerieflik deur prof. Niemandt in oordrewe taal afgemaak as “haatspraak”, “karaktermoord”, “wilde stellings” en “leuens” – natuurlik sonder om aan te toon watter “stellings” ek dan sou gemaak het wat nie feitelik korrek was nie. Heel ironies het prof. Niemandt skynbaar nie agtergekom dat hy besig is om homself skuldig maak aan presies al dié dinge waarvan hy my beskuldig nie – en dit nogal op die voorblad van die Kerkbode! (vgl. Rom. 2:1) Dit wil voorkom asof ék nie die “laksman” is nie, maar of hy besig is om homself “op te hang” deur sy eie “ wilde stellings ”.

Waarheid Teenoor Leuen Produksies

DEBAT TUSSEN PROFESSORE SAKKIE SPANGENGERG EN WILLIAM LANE GRAIG

Die AntWoord Bediening, ‘n plaaslike bediening vir Christelike Apologetiek, in samewerking met die Southern Evangelical Seminary van die VSA, bied hulle 2010 Faith and Reason Konferensie aan tussen 8 en 15 Mei 2010 en wel in Pretoria, Centurion, Johannesburg, Potchefstroom en Kaapstad. Hieronder is die programme vir Kaapstad en Gauteng.

Die hoogtepunt van die geleentheid is na my mening die debat oor die Opstanding van Jesus tussen professore William Lane Graig en Michael Licona aan die eenkant en professore Sakkie Spangenberg en Hansie Wolmerans van die Nuwe Hervorming aan die anderkant. In Kaapstad is daar ook ‘n debat tussen prof Graig en ‘n Moslem geleerde oor die Godheid van Jesus.

Hier volg ‘n paar uittreksels uit Wikipedia se biografie van prof William Lane Graig:

As a New Testament scholar, Craig’s work has centered on the accounts of Jesus’ resurrection…. An Evangelical Christian, an ardent defender of the Christian faith, and a seasoned debater, Craig has been called “the finest Christian apologist of the last half century.”  He is currently a Research Professor of Philosophy at Talbot School of Theology,Biola University…… As a New Testament scholar, Craig has published widely on the historicity of the resurrection accounts of Jesus. Like N.T. Wright and Gary Habermas, Craig has argued that the bodily resurrection of Jesus best explains what can be gleaned from the historical Jesus’ self-understanding, his death and burial, the posthumous apparitions of Jesus, and the origin of the early Christian movement…..

Craig has been critical of liberal theology, metaphysical naturalism, logical positivism, moral relativism, and the ideas put forth by the Jesus Seminar….. He has engaged many prominent academic atheists and liberal theologians in public dialogue. Some of these debates have been subsequently published as books, which include Will the Real Jesus Please Stand Up? Debate with John Dominic Crossan, Jesus’ Resurrection: Fact or Figment? Debate with Gerd LüdemannDoes God exist?….. In March 2006, Craig and New Testament scholar Bart D. Ehrmanengaged in a debate entitled “Is There Historical Evidence for the Resurrection of Jesus?”

WTL Bedieninge onderskryf nie noodwendig alle standpunte wat deur die sprekers of organiseerders van hierdie konferensie gehuldig word nie, maar is oortuig dat die lesings en debatte stimulerend en insiggewend sal wees en moontlik ‘n positiewe bydrae kan maak om Christene weer ‘n slag aan die dink te sit, veral in hierdie tyd waarin baie ‘n breinlose ervaringsgodsdiens propageer, en veral omdat so min teoloë in SA werklik bevredigende antwoorde op hierdie betrokke vraagstukke gee.

Hoop ek sien u daar,
Groete in Christus,

Sarel J. van der Merwe,
WTL Multimedia Bedieninge.

Postmoderne Strominge en Geestelike afval in die kerk

Die nuutste postmoderne stominge en geestelike afval in die kerk, word aangespreek deur Mnr. Sarel v.d. Merwe. Hy wys ook op ʼn gepaste en feitelike manier na die dwaling wat verkondig word op die Teologiese front.

WTL Seminaar in Bloemfontein – 21-24 Februarie 2010

SEMINAAR OOR DIE INFILTRASIE VAN ANTICHRISTELIKE LERINGE IN DIE KERK

Son 21 – Woens 24 Februarie 2010

Martie Du Plessis Skoolsaal, Du Plooy Singel, Fichardpark, Bloemfontein

Aanbieder: Sarel van der Merwe van WTL Multimedia Bedieninge

PROGRAM:

SESSIE 1 – Sondagoggend 10h00 – 11h00

(a) Persoonlike getuienis Sarel van der Merwe:

Verlossing vanuit die New Age misleiding en roeping om die kerk te waarsku. ˜

Persoonlike soeke na die waarheid te midde van verskillende dwaalstrominge binne die kerk en teologie.

(b) Bybelse perspektief op die infiltrasie van die kerk deur Antichristelike leringe en hoe dit in die eindtyd sal manifesteer.

SESSIE 2 – Sondagaand 18h30 – 19h30

Die Jesus Seminaar, die Context Group en die Nuwe Hervorming : “Nuwe Teologiese Paradigma” OF eeue oue aanslag van Satan op die Persoon en verlossingswerk van Jesus Christus?

SESSIE 3 – Maandagaand 19h00 – 20h00

Die Postmoderne “Emerging” Kerk: “Nuwe Reformasie” OF New Age Infiltrasie van die kerk?

SESSIE 4 – Dinsdagaand 19h00 – 20h00

“Christelike” Meditasie en Mistisisme: Baan dit die weg vir ‘n Multigeloofs Globale Spirtualiteit of Eenwêreldgodsdiens?

SESSIE 5 – Woensdagaand 19h00 – 20h00

Die verdraaide Evangelie, valse “herlewings”, tekens, wonders en onbybelse geestesmanifestasies van die Word of Faith, Transformations, Kingdom Now en ander aanverwante bewegings.

Die lesings word deurgaans aangebied aan die hand van insiggewende dokumentêre video- en ander visuele materiaal.

Dokumentêre en lering DVD’s oor verskillende aspekte van dwaalleer in die kerk en teologie, sal te koop aangebied word by die seminaar.

Navrae kan gerig word aan Nardus Borman by selfoon nommer 082 898 0853.

WTL DVD OOR DIE “EMERGING” KERK NOU BESKIKBAAR

Beste mede-Christene,

Deel 1 van ʼn stel van 3 DVD’s, opgeneem tydens WTL Bedieninge se 28 Feb. 2009 seminaar oor die sogenaamde “Emerging” of “Ontluikende” Kerk, is nou beskikbaar. In hierdie DVD word daar belangrike sake aan die orde gestel soos:

˜ Die groterwordende probleem van oënskynlik blinde en dowe teoloë en kerkleiers wat nie Satan se strategieë raaksien nie en ook nie bereid is om na enige waarskuwing in hierdie verband te luister nie – die sogenaamde “Seisoen van Luister” ten spyt.

Op hierdie DVD word daar ook wesentlike vrae aangespreek soos:

˜ Het ons in die “Emerging” Kerk te make met ʼn “nuwe teologiese paradigma”, ʼn “nuwe postmoderne manier van kerkwees” OF met ʼn eeue oue sataniese misleiding?

˜ Is hierdie “nuwe ontluikende spiritualiteit” in werklikheid ‘n “Nuwe Reformasie” OF is dit dalk eerder ‘n New Age infiltrasie van die kerk?

Hierdie DVD is 1½ uur lank en bevat insiggewende dokumentêre video-materiaal oor die New Age- en Intergeloofsbewegings en die Oosterse infiltrasie van die Weste. Daar is ook heelwat nuwe visuele materiaal by hierdie DVD ingesny wat nie tydens die seminaar vertoon was nie.

Die WTL seminaar oor die “Emerging” Kerk, het heftige reaksie van verskeie pro-emergent teoloë en predikante in die media ontketen. Onder die opskrif: Nuwe Verdagmakery teen NG Teoloë, was die volle voorblad van die Kerkbode van 6 Maart 2009 daaraan gewy om ʼn lasterlike persoonlike aanval teen my te loots – sonder om enigsins te verwys na die feite wat ek op die tafel geplaas het. In hierdie berig het prof Nelus Niemandt my geëtiketteer as oa ʼn “selfaangestelde laksman” en vergelyk met die “Inkwisisie” – wat natuurlik mense op die brandstapel verbrand het (sien aanhegsel 1 vir Kerkbode-berig).

Al die uiters kommerwekkende feite oor “Emerging” Kerkleiers, waarna ek in die reklamemateriaal van die seminaar verwys het (sien aanhegsel 2), was heel gerieflik deur prof Niemandt in oordrewe taal afgemaak as “haatspraak”, “karaktermoord”, “wilde stellings” en “leuens” – natuurlik sonder om aan te toon watter “stellings” ek dan sou gemaak het wat nie feitelik korrek was nie. Heel ironies het prof Niemandt skynbaar nie agtergekom dat hy besig is om homself skuldig maak aan presies al dié dinge waarvan hy my beskuldig nie – en dit nogal op die voorblad van die Kerkbode! (vgl. Rom. 2:1) Dit wil voorkom asof ék nie die “laksman” is nie, maar of hy besig is om homself “op te hang” deur sy eie “ wilde stellings ”.

ANDER DVD’s en CD’s oor DWAALLEER in die KERK en TEOLOGIE:

1. “Nuwe” Strominge in die Teologie: Word die Hart van die Evangelie Uitgeruk?
1-UUR DOKUMENTÊRE DVD oor die dwaalleer van die sg Jesus Seminaar en die Nuwe Hervorming en hoedat dit die Teologiese Opleiding van die die NG Kerk infiltreer. Hier kan u aan die hand van eksklusiewe video-materiaal, die standpunte van verskeie teoloë uit hulle ie mond hoor. ’n MOET SIEN vir elke Christen wat dit nog nie gesien het nie.

2. Dwaalleer in die Kerk en Teologie.
STEL VAN 3 LERING DVD’s (± 6 ure in totaal) opgeneem tydens ’n dagseminaar aangebied deur Sarel van der Merwe.

1.     DVD 1 –  Persoonlike getuienis Sarel vd Merwe: Bekering vanuit die New Age Beweging. Wat is Dwaalleer ? – ’n Bybelse Perspektief.

2.     DVD 2 – In diepte Kritiese Evaluering van die verskillende aspekte van die dwaalleer waarna kortliks in die Nuwe Strominge DVD verwys word soos die sg “Nuwe” Wêreldbeeld, Godsbeeld, Christologie, ens. Weerlegging van die teëwerpinge van die teoloë teen die Nuwe Strominge DVD.

3.     DVD 3 – Hoe moet ons Dwaalleer in die Kerk hanteer ? – Bybelse en praktiese riglyne. 8 Bybelgelowige Christene vertel hulle persoonlike verhale van hoe hulle deur dwaalleer uit hulle eie gemeentes verdryf is.

3. Teologiese Opleiding van die NG Kerk Onder Skoot.
1-UUR CD van ’n debat oor die Nuwe Strominge DVD tussen Sarel van der Merwe (vervaardiger van die DVD) en prof Cas Vos en dr Flip du Toit (van die Fakulteit Teologie van Tukkies) – uitgesaai tydens twee agtereenvolgende RSG Oopgesprek radioprogramme. Hierdie CD werp heelwat meer lig op die verskillende sake wat in bg DVD’s ter sprake kom.

Hierdie CD word GRATIS saamgestuur wanneer enige van bg DVD’s bestel word.

Groete in Christus,
Sarel J van der Merwe,

Waarheid Teenoor Leuen Multimedia Bedieninge

Wees so vriendelik en stuur hierdie e-pos oor ons DVD’s ook aan Christen vriende op jou adreslys, met die versoek dat hulle dit weer aan hulle vriende sal stuur, ens. Dit is belangrik om hierdie boodskap van waarskuwing so wyd en vinnig as moontlik te versprei. 

Aanhegsel 1 – Kerkbode Berig

VOORBLADBERIG KERKBODE, 6 MAART 2009.

Nuwe verdagmakery teen NG teoloë

Die man wat twee jaar gelede ’n herrie in die NG Kerk veroorsaak het met ’n omstrede DVD waarin verskeie vooraanstaande teoloë in die NG Kerk van dwaalleer beskuldig is, mnr Sarel van der Merwe, is terug met ’n nuwe arsenaal aantygings en verdagmakery teen die kerk….

Aanhegsel 2  

SEMINAAR OOR DIE POSTMODERNE ONTLUIKENDE KERK (“EMERGING CHURCH”)

Sedert die vrystelling van die dokumentêre DVD Nuwe Strominge in die Teologie: Word die Hart van die Evangelie Uitgeruk?, het daar heelwat ander strome besoedelde water in die groot teologiese en kerklike see gevloei. Terwyl talle “wagters op die mure” steeds besig is om te waarsku en te stry teen vorige dwaalstrominge, het die mees resente stroom van geestelike misleiding byna ongemerk die Christelike Kerk wêreldwyd oorspoel. Hierdie uiters subtiele postmoderne “herverwoording” van die Evangelie staan bekend as die Ontluikende Kerk (Emerging Church), en is besig om in ‘n toenemende mate ‘n alles omvattende paradigma verskuiwing in elke faset van die Christendom teweeg te bring….

Aanhegsel 3 –  Stephan se reaksie 

Transkripsie van prof Stephan Joubert se reaksie op die WTL seminaar reklamemateriaal (NG Gemeente Kemptonkruin 1 Maart 2009)

Ons hoor deesdae om elke hoek en draai van die sogenaamde ontluikende kerk. Nelus Niemandt het ‘n boek geskryf oor die ontluikende kerk, in engels die emerging church of die emergent church. En nou begin ouens in Suid-Afrika e-posse rondstuur en ons bietjie waarsku daarteen. Wat is dit? Wat is aan die gebeur? Waarnatoe is kerkwees op pad? Dit is eintlike al waaroor ek vir hierdie volgende paar oomblikke net saam met jou wil reflekteer en vir jou gedagtes los om daarmee huistoe te gaan….

Aanhegsel 4 –  

Guillaume Smit demoniseer Tom Lessing

7 APRIL 2007

THE ONGOING DISCUSSION WITH TOM LESSING

Labels: emerging church

Dear Tom

It is against my better judgment that I engage in this correspondence with you. I am afraid that you will take what I write and strip it of its original context and use the quote as if itself was what I meant to say. This being said, I want to put a few things into perspective about the ongoing discussions on our different weblogs…. 

Contact Sarel:

PO Box 88
Florida Hills
1716

e-Mail: sarelwtl@telkomsa.net

Tel:      +27 11  472  6964
Cell:      +27 82  689  7603

KONTAK WTL INDIEN U WIL HÊ DAT ONS ‘N SEMINAAR OOR BOGENOEMDE OF ANDER AANVERWANTE ONDERWERPE, IN U AREA MOET KOM AANBIED.



Kerk en Wetenskap deur ds. Gideon Aggenbag (Emeritus);

Geagte Redakteur,

Hierdie brief is van die allergrootste belang.

Ek is uiters bekommerd oor die huidige rigting van sg. “teologiese” uitsprake. Daarmee saam wonder ek hoeveel gewone NG Kerk-lidmate daarvan bewus is – terwyl dit hulle wesenlik raak. Ek noem enkeles:

Die evolusiehipotese (hierna “evolusie”) druis lynreg teen die Woord van God in. Die een maak van die ander ‘n leuen. Evolusie is gefundeer op die teorie van spontane verwekking (“spontaneous generation”) nl. dat lewe vanself uit dooie materie ontstaan het. Louis Pasteur e.a. het hierdie teorie alreeds meer as 100 jaar gelede verkeerd bewys. Die Bybel leer dat pyn, lyding en die dood in die wêreld gekom het a.g.v. die mens se sonde. Daarteenoor verkondig evolusie dat die mens uit ‘n eenvoudige organisme ontwikkel het. Daar was dus geen sondeval nie, gevolglik is Jesus Christus nie nodig nie, en is daar derhalwe ook geen eind-oordeel nie.

Gedurende Junie 2009 het die moderatuur van die NG Kerk se algemene sinode hulle amptelike standpunt oor evolusie geformuleer, soos berig in die Kerkbode. Die gevolgtrekking wat daarin gemaak is, is dat die moderatuur geen probleem het dat evolusie in skole gedoseer word nie en dat hulle dit aan lidmate oorlaat om self te besluit of hulle evolusie wil ondersteun of nie. Verder ken die moderatuur onregmatig die status van “wetenskap” aan evolusie toe, terwyl dit slegs teorieë / hipoteses is.

Die moderatuur beweer ook dat “die komplekse aard van al die wetmatighede waarbinne hierdie proses van skepping plaasgevind het … nog steeds funksioneer en ontwikkel…”. asof God in Sy skeppende almag nie ook die wetmatighede vasgelê het nie.


 Kan ons kerkleiers en teoloë vertrou;

George Claassen het onlangs by die UP Teologiese Fakulteit (UPTF) se openingsdag as gasspreker opgetree. Claassen is ‘n uitgesproke ateïs en evolusionis wat hom in 2009 beywer het vir die nie-onderrig van godsdiens op skool.

In sy artikel, “Ateïs hoofspreker by openingsdag van UP teologie”, op Kerkbode-aanlyn, vind dr. Hennie Mouton dit uiters vreemd dat ‘n uitgesproke ateïs en evolusionis as hoofspreker genooi is vir die UPTF se openingsdag.

Tot Mouton se ontsteltenis het twee teologie-professore laat blyk dat hulle nié van Claassen verskil nie. Een professor het selfs gesê: “Genetika is die doodskoot vir God, waarop die teologie nog antwoorde moet vind”; dit terwyl Claassen gesê het “…dat moderne wetenskaplikes, onder andere Charles Darwin, groter gesag as die Heilige Gees het.” Is dit nie godslasterlik nie? (Sien Matt.12:31)

Mouton vra tereg: “Was die effek van dié geleentheid dus tot opbou of afbreek van die Christelike geloof? Het George Claassen enige oproep tot bekering daar ontvang van enige van die teologie-professore?”

Na aanleiding van ‘n berig in Beeld (05.02)   –   ook in Die Burger(06.02) onder die opskrif “Ateïstiese predikant mag in sy amp aanbly”   –   oor ds. Klaas Hendriks van Nederland wat beweer: “God is vir my geen wese nie…”, vra Mouton “…of die teologie, en spesifiek die NGKerk se teologie, nie op dieselfde pad is nie.”

Dit wil so voorkom indien jy na die Moderamen se standpunt van 21-22/06/2009 oor evolusie verneem waarvolgens hulle evolusie as “wetenskap” erken, dit goedkeur dat dit in skole onderrig word, en dat lidmate vir hulself   –   sonder leiding van die kerk   –   daaroor moet besluit. Is dit die optrede van kerkleiers en teoloë op wie lidmate kan vertrou?

Dr. T.C. Breitenbach


Additional information: Lifestyle C is based in Pretoria (Gauteng), South Africa – We can accommodate any client(s) for requested lifestyle sessions at a venue that is convenient for both parties. You can contact Danie Strydom for professional life coaching and alignment.

 

Leave a Reply