NG gemeente Piet Retief spyker beswaar teen kerkdeur

En die gelowiges praat. Wie sal luister?sekel Lifestyle C / Leefstyl C

Die Here sal dit hopelik in ag neem en ons genadig wees!


 

Geagte Voorsitter Sinodale Diensraad

Na aanleiding van die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverbintenisse, vind asseblief hiermee ‘n verklaring en besluit van die NG Gemeente Piet Retief.

Vriendelike groete en seënwense.

ESTHER FOUCHé

SAAKGELASTIGDE

BESWAAR TEEN DIE BESLUIT VAN DIE ALGEMENE SINODE OOR SELFDEGESLAGVERHOUDINGS

Op Sondag 1 November 2015 tydens die plaaslike Hervormingsfees het die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Piet Retief, soos Martin Luther destyds, ons beswaar teen die besluit van die Algemene Sinode teen ons kerk se deur vasgespyker.

Ons aanvaar nie die besluit van die Algemene Sinode nie en beskou dit as dwaalleer. Ons roep diegene wat daarvoor gestem het op tot bekering en vra die kerk om die dwaling reg te stel.

Lees verder >>>

Comments are closed.