Vrystaatse Sinode moet uit Algemene Sinodale verband tree

emergent-doctrine Lifestyle C / Leefstyl CDie Vrystaatse Sinode moet herbesin oor sy verband met die Algemene Sinode Die bloot emosionele besluit van die Algemene Sinode vir Gay huwelike ens wys dat die kerk toe nie bo die tydsgees kon uitstyg nie.  Die Bybel moet ons enigste rigsnoer wees vir alle belsuite anders raak ons bloot ‘n sosiale vereniging wat bloot mense napraat en geen beginsels meer het nie. Met hierdie beluit is net  geluister na die samelewing, drukgroepe en gekyk na tendense in die samelewing  en hoe die wind waai. Ons moet die moed van die dag he om te se So se die Here in Sy Woord punt en klaar.  Ons moet herbesin oor die gedagte dat  200 afgevaardiges besluite neem vir 1 miljoen lidmate.  Die spanning oor verskille gaan vorentoe net groter word. Daarom dat daar weer gekyk moet word om eerder uit te tree uit die Algemene Sinodale verband dat elke Sinode eeder die vrae in eie verband hanteer. Dit was die geval voor 1962 in die Fedrale raad van Kerke. Dit is ‘n in grypende voorstel maar sal tot behoud van die kerk dien op die lang termyn.  Dit moet eerder gedoen word voor daar radikale kerkskeuring gaan kom. Die kameel se rug gaan erens breek en dit sal dan ‘n baie hartseer dag wees.

Dr Dawie Botes

Comments are closed.