Wat is nou van belang vir die Liggaam / What is important for the Body now

Wat is nou van belang vir die Liggaam!?

Alle fasette van Dogma met spesifieke fokus op korrekte Hermeneutiek, Pneumatologie, Eskatologie moet in plek wees.

Alle fasette met spesifieke fokus op korrekte interpretasie van die Skrif, die werking van Die Heilige Gees en die laaste dae moet in plek wees. (Hermeneutiek, Pneumatologie, Eskatologie)

Beplan die tyd wat aan die regte inligting spandeer moet word. As jy nie voldoende geestelik groei vlg die tyd waarin ons is nie of oningelig voel rondom hierdie belangrike dinge praat met iemand wat kan help daarmee! Maak tyd om die Bybel te lees en te luister in die kar oppad werk of skooltoe.

Alle lede van die Liggaam moet hul funksie verrig volgens roeping, Werk terwyl daar lig is tot die einde toe!

Daar moet nie meer as +/- 25% verwerkte koring van enigiemand met lering wees nie en ek praat net van mense wat werklik die gawe ontvang het van die Here af en al 3 die belangrike aspekte vir die huidige konteks onder beheer het. (Hermeneutiek, Pneumatologie, Eskatologie) Daar moet ongeveer 75% kos van die Here en Sy Woord deur leiding van die Heilige Gees gekry word. Jou Hermeneutiek, Pneumatologie en Eskatologie moet egter dan in orde wees.

Verwerkte Graan (25%).

Die Woord en die res (75%)

Luister na die Bybel in jou kar (Ons spandeer almal tyd oppad werk toe of skool toe in die kar) en lees die Bybel!

– Melk, Volgraan, Manna, Vaste Spys, Olie en Olie vir die Lamp om te sien, Brood van die lewe, Lewende Water, Heuning en Mos ens. om sodoende ʼn naby verhouding met Hom en Sy Woord te hê. Dan sal jy heel moontlik genoeg olie en lig hê om deur die nag te werk tot die einde as jy vas bly staan, aanhou, net op Hom vertrou, luister vir Hom ens. ……! Die wat jonk in die geloof is sal op ʼn glyskaal ʼn groter % verwerkte Graan en leiding nodig hê. Die % sal op ʼn glyskaal wees volgens die vlak van groei en dan met tye wissels soos daar sekere aspekte opduik wat hanteer moet word onder leiding van die Heilige Gees!

Voorbeeld

Iemand soos ds. J***** bv. sal 75% leiding en verwerkte Graan asook Melk en dan Vaste spys en Volgraan moet kry van goeie Hermeneutiek, Pneumatologie en Eskatologie. Die tydperk en verandering op % glyskaal sal afhang van hoe vinnig dit onder beheer gekry word ter wille van homself, sy roeping/gawe aan die Liggaam en die wat na hom luister.

——————————————————————————————————————–

What is important for the Body now!?

All facets of Dogma with Special focus on correct Hermeneutics, Pneumatology and Eschatology have to be in place.

All facets with Special focus on correct interpretation of the Bible, working of The Holy Spirit, The Last Days have to be in place. (Hermeneutics, Pneumatology and Eschatology)

Plan the time that has to be spent on the right content. If you don’t grow adequately spiritually according to the time we live in or you feel uninformed about these important things talk to somebody who can help. Make time to read the Bible and listen to the Bible on the way to work and school.

All members of the Body must function according to calling, Work while there is light up to the end!

There should not be more than +/- 25% refined grain from anyone via teachings and I am talking about those Gifted by the Lord for the body and who have all 3 of the crucial facets under control for the current context. (Hermeneutics, Pneumatology and Eschatology) There has to be about 75% food from the Lord and His Word by the Holy Spirit. But your Hermeneutics, Pneumatology and Eschatology has to be in order.

Refined Grain (25%).

The Word and the rest (75%)

Listen to the Word in your car (We all spend time in the car on our way to work or school) and read the Bible!!

– Milk, Full Grain, Manna, Solid Food, Oil and Oil for the Lamp to see, Bread of Life, Living Water, Honey and Wine, etc. to have a close relationship with Him and the Word. Then you will probably have enough oil and light to  be able to work through the night coming until the end if you stand fast, keep going, trust in Him alone, listen to Him etc. …..!

Babes will have a higher % of refined grain and guidance needed. The % will probably be on a sliding scale according to level of growth and then with times to sort certain facets that come up when it will vary accordingly with guidance by the Holy Spirit!

Example

Somebody like ds. J***** would probably have to get 75% guidance with proper refined grain on Hermeneutics, Pneumatology and Eschatology. The time involved and the movement on the sliding scale will depend on how quickly it can get under control for his own sake, the sake of his calling/gift to the Body and for those listening to him.


Christelik

Wat moet ‘n Christen glo volgens die Skrif?

Plekke waar goeie koring verkry kan word regdeur Suid-Afrika >>>

Engels >>>

Audio Video >>>

Preke / Teachings YouTube >>>

Teachings by Jacob Prasch >>>

Fellowship Bible Chapel Teachings >>>

Die hele Woord van God is ’n betroubare Boek geskryf deur die inspirasie van God met mensehande! Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2 Timotheus 3:16-17

Daar is geen twyfel dat die Bybel absoluut waar en histories korrek is nie. God is die uitvoerder van Sy Woord, wat nooit verander nie Psalm 147:15; Jeremia 23:29; Romeine 9:28; 2 Petrus 3:7 Dit is geskrywe dat God in die ou tyd gespreek deur die profete maar in die laaste dae spreek Hy deur Sy Seun wat die ware Logos of Woord is. Hebreërs 1:1-2; Johannes 1:1

Alhoewel die laaste dae begin het met die hemelvaart van Jesus is ons tans in die laaste dae voor Jesus se terugkeer. Dit is duidelik wanneer ons eindtyd profesieë bestudeer aan die hand van huidige gebeure wat regoor die wêreld plaasvind. Gebeure wat in die Woord van God voorskou is alhoewel daar nog baie profesieë is wat vervul sal word voor die laaste basuin sal blaas. 1 Korinthiërs 15:52; 1 Thessalonicense 4:16-18

Bereken die koste versigtig…

Dit is ongelooflik hoeveel mense die Here Jesus leer ken het deur net die Bybel te lees of te hoor en dan die Bybel te glo.
1 Thessalonicense 2:13 Deur hierdie lewensveranderende besluit te neem, het hulle besluit om ’n Christelike lewe te lewe volgens die wil van God. As ’n wedergebore Christen erken hulle nou die Here in elke aspek van hul lewens en soek Sy wil eerder as hul eie.

Moenie vir een oomblik dink dat dit altyd maklik is om ’n Christelike lewe te leef nie. Jy sal vervolg word vir jou geloof soos geskrywe in die Woord van God. Baie Christene regoor die wêreld ervaar intense vervolging terwyl u hierdie bladsy lees. Die Woord van God sê duidelik dat ons die koste moet bereken soos wanneer jy ’n nuwe huis wil bou. Lukas 14:26-28

Bestudeer die Skrifte daagliks…

Dit geld vir elke Christen wat die nodige “berekeninge” gemaak het voordat hulle weggekeer het van die sondige natuur en hul bekeer en God sé genade aanvaar het. Handelinge 17:10-11 Gelukkig weet ons dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Romeine 8:28

Ons behoort ’n behoefte te hê om die Skrif daagliks te bestudeer en te praat met die Here terwyl ons voortgaan om ons redding uit te werk. Filippense 2:12 Ons beveel aan dat u hard werk aan die bestudering van die Bybel en korrekte hermeneutiek. Die Bybel is sonder twyfel die wonderlikste boek wat ooit geskryf is omdat dit God is wat met die mens praat. Die Heilige Gees het mense geïnspireer om woorde te skryf op grond van openbaringe van God.

‘n Lewende Woord…

Dit is daarom nie net ʼn boek van goddelike instruksie nie maar verskaf vertroosting in hartseer, leiding in verwarring en advies met hantering van ons daaglikse probleme. Ons word aangespreek as ons sondig en dit dien ook as daaglikse inspirasie vir elke behoefte. Die Here sê dat ons nie van brood alleen sal lewe nie maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Mattheus 4:4

Die Bybel kan lewens kragtig verander omdat dit ons wys hoe om in ’n verhouding met die Here te tree en dienooreenkomstig te lewe.

Vox populi, vox dei

*“Vox populi, vox dei…” word verkeerdelik aangehaal as “Die stem van die mense is die stem van God…”, bedoelende dat populêre opinie altyd reg is.

Die volle aanhaling is egter, “Nec audienti sunt qui solet docere, ‘Vox populi, vox dei’; cum tumultuositas vulgi semper insanitas proxima est.”

Die letterlike vertaling is: “Moenie luister na hulle wat beweer, ‘Die stem van die mense is die stem van God’ nie, omdat die remoer van die massas altyd na aan waansinnigheid is.” Vry vertaal van: (Cohen, J. M. & Cohen, M. J. 1960.Penguin Dictionary of Quotations.)

Job 12:11  Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?

Preke / Teachings YouTube >>>

Webtuistes
Glo Die Bybel
– Moriel Ministries
Sermons
Newsletter
– The Berean Call
– Understand the Times
Exposing the Emergent Church
– Deception in the Church
– Lighthouse Trails
– Discerment Ministries
Fellowship Bible Chapel Teachings >>>
Soek >>>
The Lamplight Project
Kykstof
Audio Video >>>
Nuwe Strominge in die Teologie!

Boeke

Onderwerpe
– Briewe en Kommentaar
– The future history of the Church
– Articles
– Evoluton Exposed
– Dissipels van die ontluikende kerk– The perpetrators of the
Great Falling Away

The case of Ahab, Jezebel
and the Church of the last days

– The case of Jehoshaphat, Ahab, Jesebel and the Church of the last days
Eschatology
Biblical prophecy regarding the end times. Examining the prophetic books of the Old Testament comparing them with the teachings of Jesus and the New Testament writers to present a systematic and insightful view of end time events. Slides, diagrams as well as video footage to present a comprehensive teaching of the 70th Week of Daniel which will usher in the Lord’s return. HIGHLY RECOMMENDED

 E-Sword

e-Sword Home

#6/7sealrapture#6/7seelwegraping#70steweek#70thweek#7seals#7seels#christelikenetwerk#christian#christiannetwork#daniel#christen#christelik#jacobprasch#laastedae#lastdays#70thweek#70steweek#eschatologypretoria#eskatologie#rapture#revelation#eskatologie#rapture#revelation#wegraping#harpazo, #kompakchristelik#compactchristian#louismalherbe, ,#HiddenInPlainSight

Comments are closed.