Laerskool Magalieskruin

Gallie Tennis Bord

GALLIETENNIS IS BESLIS ‘N MOET!

Equipment

Order Tennis Equipment here

more-win-100th Lifestyle C / Leefstyl C

Tournaments

Toernooie

jacaranda-roundrobin Lifestyle C / Leefstyl C

Healthy Lifestyle / Gesonde Leefstyl 

Make a Booking


LTA (Leefstyl C Tennisakademie) hanteer die Tennisafrigting by Laerskool Magalieskruin.
Mini-tennis gebaseer op die “Play & Stay” model word aangebied vir die Gr 0 en Gr 1 kinders.

Groepe word gevoed vanuit die Mini-tennis groepies of kinders wat al kan speel. 

Individuele afrigting asook “Squad” Oefening word gereël.

Kyk gerus na die Speler Ontwikkelinprogramme >>>

Laerskool Magalieskruin “Play en Stay” tennisprogram (Onder)

Gaan na Gesonde Leefstyl Bladsy / Go to Healthy Lifestyle Page

Tennis Kampioenskappe 2de Kwartaal,  >>>

Nuus en opdateerde Ranglys >>>

Zambesi Tennisklub – Squadoefening  Dinsdag 16:30-18:00

Laerskool Magalieskruin – Minitennis vir Grondslagfase in KOP tydens laaste week van elke kwartaal.


Daagreëls

Besigtig al die nodige inligting rakende Gallie daag prosedure ens.

Daag prosedure (pdf)

Hiermee die daagreëls.

Piramide Sisteem
Dit is aangepas om daagwedstryde makliker te laat vlot.
Ons het ‘n piramiede-stelsel ingebring , wat ook geredelik deur ander skole gebruik word, waar spelers nou ‘n geleentheid gebied word om meer plekke op te daag en dus dan in ‘n hoër span kan eindig sou hy of sy dink dit is binne hul vermoë.
Spelers kan enige iemand op sy eie vlak en die vlak bokant hom daag bv. B2 kan vir B1, A2, A3 of A4 daag.

Die posisie word gedaag nie die persoon nie!

Daag inskrywing vind per epos plaas

Stuur epos om daag te registreer aan daagsekretaris.
Daagwedstryd moet eers bevestig word voordat dit gespeel word.
Stuur telling dadelik per epos aan.

Kampioenskappe Nuus

Die skool se ligaspanne speel in die 1ste en 3de kwartaal ligawedstryde teen ander skole.

Daar is Oop Seuns en Dogterspanne asook O/11 Seuns en Dogterspanne wat deelneem aan die liga.

Die spanne oefen voor skool en word dan deur ons professionele afrigtingspan afgerig.

Die skool se tenniskampioenskappe vind in die 2de kwartaal plaas.

Die leerders wat aan die skooltennisliga deelgeneem het en/of beoog om deel te neem, moet aan die kampioenskappe deelneem as hulle liga wil speel. O/11 spelers mag in daardie ouderdomsgroep deelneem tot in die jaar waarin hulle 11 jaar oud word.

Gedurende die 4de kwartaal vind Daagwedstryde plaas waartydens leerlinge hul posisies kan verbeter op die tennisleer.

Algemeen
Daag sal slegs op meriete toegelaat word in die week na die kampioenskappe afgehandel is.
Kinders wat siek was (met doktersbrief ingehandig) of ooglopend praktiese daagwedstryde wat toegelaat moet word volgens die daagkomitee, sal toegelaat word.

Die kampioenskappe se uitslag word as voldoende beskou vir die vasstelling van die tennisleer.

magalieskruin-laerskool-tennis Lifestyle C / Leefstyl C

Healthy Lifestyle / Gesonde Leefstyl 

Make a Booking

Pret (Ope)oggende

Besigtig die foto’s van die onlangse pret ope oggend wat in samewerking met Leefstyl Tennisakademie aangebied is.

16 Junie Pretdag

24 September

Ons bied van tyd tot tyd aktiwiteite te Zambesi Tennisklub in Montana aan. Dit het ten doel om alle spelers te help om hul spel te verbeter, ongeag van hul vlak en doelwitte.

Speler Ontwikkelingsprogramme

Kontak ons vir verdere inligting rakende die volhoubare ontwikkeling van tennisspelers.

Ons spreek alle ouderdomsgroepe aan en maak veral seker dat die spelers wat met tennis begin ‘n liefde ontwikkel vir die spel en sodoende ook goeie gewoontes aanleer.

Lees verder

Tennis (liga-en kampioenskappe) etiket

Tennis-etiket

Wanneer ek tel
1. Konsentreer, moenie met maats gesels nie.
2. Tel hardop.
3. Wees eerlik en maak seker of die bal op of af is.
4. As die bal die lyn raak, is die bal in!
5. Moenie aanmerkings maak oor die kinders se spel terwyl hulle speel nie.
6. As die bal aan jou kant in of uit is, is dit jou roep. Aan die ander kant is dit die opponent se roep!
7. Die afslaner se telling word eerste genoem.

Wanneer ek op die baan stap
1. Laat opponent eerste by hek ingaan.
2. Meet die net vir korrekte hoogte.

Om te loot
1. Een speler tol die raket in die hand, nadat die opponent glad of grof kies.
2. Die speler wat die loot gewen het kies dan afslaan, kant, ontvang of laat die ander kan kies.
3. Kies verkieslik altyd om eerste te dien.

As jy dien
1. Sorg dat jy agter die agterste wit lyn staan.
2. Voor jy dien, sorg dat jy twee balle het.
3. Begin dien van die regterkant van die baan.
4. Dien skuins oor na die blok anderkant die net.
5. Jy kry 2 kanse per kant. As die eerste dien in is begin die punt.
6. As die bal die net raak met jou eerste dien en in die diensblok aan die ander kant val, mag jy weer twee kanse kry. As die bal die net met die tweede dien raak, kry jy nog een kans.

Wanneer ek speel
1. Slaan eers af as speler gereed is.
2. Wees eerlik met die “Op” of “af” balle!
3. Wanneer jy ʼn fout gemaak het, moenie hard uitskree nie.
5. Jy mag nooit jou raket neergooi of humeurig op die baan wees nie.
6. Moenie met mense buite die bane praat nie.
7. Gee balle netjies onder die net deur aan.
8. As jy wen, moenie op en af spring en juig nie! Vier dit op beskaafde wyse.
9. Spelers mag nie onwelvoeglike taal gebruik nie.
10. Gee mekaar die hand, na die wedstryd, of jy gewen het of jy verloor het.
11. As jy enkelspel speel mag jy nie in die dubbellyne (Treinspore) slaan nie.
12. As jy dubbels speel kan jy ook in die dubbellyne speel

Die afrigters is geregistreer by die Nasionale Afrigting liggaam en by Gauteng Noord. Hulle het ‘n leeftyd se ervaring in tennisbestuur, opleiding en afrigting.

Danie het vir die Suid-Afrikaanse Polisie se Nasionale Tennisspan gespeel.

Die model wat gebruik word is die ITF “Play en Stay” Model wat deur die Suid-Afrikaanse Afrigters Vereniging onderskryf word. Dit behels die nuutste afrigtings tegnieke en metodiek wat wêreldwyd gevolg word. Afrigting, tegniese bystand en toepassing daarvan asook liga en toernooi voorbereiding word gedoen.

Daar word ook ‘n Oefengroep (Squad) by Zambesi Tennisklub gehou op Dinsdagmiddae van 16:30-18:00 vir ligaspelers van Noord van die Berg.
Van Laerskool Magalieskruin se kinders neem deel aan die Saterdag liga wat tussen klubs in Pretoria gespeel word.

Die deelname aan ander liga asook toernooie in die vakansies help kinders om hul tennis te groei. Rondomtalies word ook deur hulle aangebied.

Daar is professionele afrigting op Woensdagmiddae beskikbaar regdeur die jaar, op die skool se bane.

Kontak: Danie Strydom (082 779 2431)
Daar word ook nog verdere afrigting by Zambesi Tennisklub aangebied.

play-and-stay-red Lifestyle C / Leefstyl C   play-and-stay-red-ball Lifestyle C / Leefstyl C

Laerskool Magalieskruin “Play en Stay” tennisprogram in KOP (LO)

Die “Play en Stay” tennisprogram word aangebied, in die KOP (LO) Sillabus van die skool, deur Leefstyl C Tennisakademie in samewerking met Laerskool Magalieskruin.

Wat ‘n wonderlike ervaring om elke Gr1-3 leerling op die tennisbaan te kry.
Elke kind kan deelneem en leer om ‘n punt te kan begin, oor die net te kan slaan en vir punte te speel!

Die punte word toegeken in die vorm van ‘n pennetjie wat die kinders aan hul klere vasgepen sodra hul ‘n punt wen.

Die kinders leer ook om bane te verwissel aan die hand van ‘n fluitjie.


Tennis Pretoggende

Leefstyl Tennisakademie in samewerking met die skool bied Tennis Pret by die skool se tennisbane aan.

Sosiale geleenthede en Rondomtalies word ook aangebied van tyd tot tyd.

Laerskool Magalieskruin, Leefstyl C Foto Album op Facebook >>>

________________________________________________________________________

Laerskool Magalieskruin Pretoggend

Wat ’n heerlike pretoggend! Dankie vir die ouers en die 40 kinders wat kom deelneem het. Almal kon kom deelneem. Daar was beginners wat nog nie voorheen veel gespeel het nie asook verskeie ligaspelers wat kan speel. Ons tema was spandeelname!

Ons het begin met opwarming en strekoefeninge. Daarna het ons voetwerk in groepe met 4 verskillende stasies gedoen. Vir die laaste 2 ure was ons net op die bane besig om te speel. Alles was gedoen in span verband. Daar is begin met ’n afslaan en die punt is uitgespeel.

Verskeie speletjies en ander aktiwiteite is tussenin gedoen.

Laerskool Magalieskruin, Leefstyl C Foto Album op Facebook >>>

play-and-stay-orange Lifestyle C / Leefstyl C play-and-stay-green Lifestyle C / Leefstyl C play-and-stay-green-ball Lifestyle C / Leefstyl C play-and-stay-red Lifestyle C / Leefstyl C play-and-stay-red-ball Lifestyle C / Leefstyl C

Tennis+Fans+Cheer+Andy+Murray Lifestyle C / Leefstyl C 

<<<

 home


Gaan na Gesonde Leefstyl Bladsy / Go to Healthy Lifestyle Page

LCHF en KETO Leefstyle word oorweeg / LCHF and KETO Lifestyles are considered.

The Ketogenic Lifestyle Basics

What is it, pairing of food, meal plans and much more!

Gaan na Gesonde Leefstyl Bladsy / Go to Healthy Lifestyle Page

#ketopta, #ketopretoria, #leefstylCketo, #lifestyleCketo, #daniestrydomketo


Voltooi vir navraag:

Leave a Reply