MILO MALVA – POEDING

Lekker naweek julle en ons kuier weer maandag heart emoticon Rens

Dit is bewolk in Pretoors, gedink aan die resep vir vanaand ?

MILO MALVA – POEDING

250ml Suiker
20ml Sagte botter
1 Eier
275ml Koekmeel
100ml Milo-poeier
5ml Koeksoda
250ml Melk
10ml Asyn
10ml Vanillageursel

SOUS :

100g Milo-sjokolade
125ml Room
160ml Melk
30ml Botter
80ml Milo-poeier

Verhit die oond to 180º C en smeer bakkies met kleefverwande kossprooi.
Klits die suiker en botter saam. Voeg die eier by en klits goed.
Meng meel, milo-poeier en koeksoda saam. Meng die melk, asyn en vanillageursel saam. Voeg die meelmengsel en melk mengsel omd ie beurt by die suikermengsel en meng goed.
Vul bakkies tot ¾ vol en bedek met foelie met die blink kant na onder.
Bak vir 30 tot 40 minute tot ferm en die toetspen skoon uitkom.

SOUS :

Smelt die sjokolade, room, melk en botter saam op ‘n baie lae hitte en roer aanhoudend tot dit blink is. Verwyder van hitte.
Voeg die milo-poeier by en meng goed sodat al die korreltjies opgelos word. Sodra die bakkies uit die oond kom, gooi dadelik die warm sous oor en laat staan sodat ald ie sous kan intrek. Bedien warm met room of roomys.
Lewe 5 tot 6 klein nageregte

See More

Comments are closed.