Dwaling ten opsigte van wat die Woord van die Here sê rakende moraliteit

Dwaling ten opsigte van wat die Woord van die Here sê rakende moraliteit – 2015-07-08

deur Danie Strydom

Prof. Nelus Niemand, moderator van die NG Kerk se aanhalings en opinie in die artikel het betrekking; “Nelus Niemandt se pleidooi: Gooi NG Kerk óóp vir gays” Hy vra dat seksverbod waai, Woensdag 01 Julie 2015 deur Claudi Mailovich.

“Dit het tyd geword dat gay NG predikante nie meer gedwing word om selibaat te wees nie en dat gay paartjies se huwelik met die volle seën van die kerk voltrek word.

Dit is die pleidooi van prof. Nelus Niemandt, algemene moderator van die NG Kerk.

Hy hoop die besluit oor gay predikante sal in Oktober op die algemene sinode opgehef word en dat hulle ook sal kan trou.”

“My hoop is dat die lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele (oriëntasie) genormaliseer sal word (binne die kerk),” het ­Niemandt gesê.

Neels Jackson se artikel, “Gay-mening wen veld in NG Kerk” Dinsdag 07 Julie 2015, het ook betrekking. (Hy is die redakteur van die Kerkbode)

“Niemandt se verklaring van sy eie standpunt is die eerste in sy soort deur ’n moderator van die algemene sinode. Dit is ’n aanduiding dat die gay-vriendelike standpunt in die NG Kerk besig is om veld te wen.”

Ons staan nou en toekyk hoe die hoofleier van die NG Kerk die vreeslikste dinge kwytraak wat die hele liggaam van Christus raak rondom moraliteit of sal ek sê immoraliteit. Dit raak almal in die liggaam en nie net die NG Kerk nie.

Die gesprek in die media vind weer plaas soos in die verlede en hy en sy vriende het hulle nie bekeer van hul wee of vertrekpunte nie. Hulle moes al ñ paar jaar terug op hul plek gesit gewees het maar dis nou wat jy kry as jy speel met die gesag van Woord van die Here. As jy lank genoeg aanhou en weier om te luister sal jy moontlik deur die Here self daaraan oorgegee word en wat sal jy dan aan die einde daarvan doen. Jy sal dalk jou kop op ñ blok sit dat jou dwaling reg is in die oë van die Here terwyl dit lynreg teen die Woord van die Here indruis.

Die eensydige verskyn van artikels deur die pers laat mens ook wonder wat hier aangaan.

Hierdie tipe standpunte moet op repliek gelewer kan word ter wille van regverdigheid en die liggaam se onthalwe.

Ek doen ’n beroep dat dit wel gedoen sal word deur mense wat ten minste nog by die Woord van die Here staan want die dwaling is beslis nie die meerderheid gelowige mense in ons land se opinie nie!

Jy steur jou nie aan die Woord van die Here nie;

(Enkele gedeeltes maar die hele Skrif se gesag is in gedrang deur hierdie aanval van binne die kerk op die seksualiteit van die mens “Coram Deo”)

Hebreërs 6:4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

Hebreërs 6:5  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,

Hebreërs 6:6  en afvallig geword het–om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

EN

Romeine 1:28  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ʼn slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

Romeine 1:29  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

Romeine 1:30  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

Romeine 1:31  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

Romeine 1:32  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

EN

2 Thessalonicense 2:7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

2 Thessalonicense 2:8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

2 Thessalonicense 2:9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

2 Thessalonicense 2:10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

2 Thessalonicense 2:11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

2 Thessalonicense 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

ASOOK

Openbaring 22:18  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Openbaring 22:19  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Die Woord van die Here behoort hom en die wat sy opinie napraat te laat sidder. Maar nou ja, steur hulle hul nog aan die Woord van God?

Daar is selfs ʼn paar predikante en professore wat dink die Bybel is ʼn boek vol fabels. Moenie huil as die fabels in jou ergste nagmerrie ontaard nie!

Wat sal jy nou maak as die Here jou daaraan oorgee soos die Woord van God waarsku?

Dalk presies soos wat hulle nou maak en voortgaan op die roete weg van die Woord van die Here af sonder enige vrees.

Groete

Danie Strydom

Comments are closed.