Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.

Sal ons tog luister na die Here en Sy tugtiging?sekel Lifestyle C / Leefstyl C

Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.

Job 36:5 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie—geweldig deur krag van verstand.
Job 36:6 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
Job 36:7 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
Job 36:8 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
Job 36:9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
Job 36:10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
Job 36:11 As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
Job 36:12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
Job 36:13 Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
Job 36:14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
Job 36:15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.

Comments are closed.