Baie geluk aan Pieter met sy prestasie.
Hy het die brons medalje verower met sy deelname aan die tennis tydens 2016 Wêreld Trisome Spele in Florence.
Hy en Jandrei het goeie voorbereiding gedoen voor hul vertrek na Italië vir die Spele. Baie geluk ook aan sy ouers wat al die jare vir Pieter bygestaan en ondersteun het met sy ontwikkeling.
Pieter is ‘n spesiale man!
Pieter en Jandrei sal saam met die span van Leefstyl Tennisakademie betrokke wees by die uitrol van ‘n program na verskeie sentra vir mense met spesiale behoeftes waar ons spesiale mense by ons programme betrek.
Ons kom uit na die skool of perseel self ook!
Ons sien uit na die nuwe uitdagings en om Pieter daarby te betrek. Dit gaan wonderlik wees om sy vaardigheid in die praktyk aan te wend!
Minitennis program vir mense met spesiale behoeftes >>>
Player Development Programme >>>
Tennistoerusting – >>>
Voltooi vir navraag: