Eskatologie – Daniel se 70ste Week Tydlyn

Eskatologie – Daniel se 70ste Week Tydlyn English >>>

Ons moet onderskeiding hê wanneer ons oor Eskatologie praat aangesien ons in daardie tydperk is waaroor die Woord van die Here waarsku voor die Here se terugkeer wat gekenmerk word deur misleiding!

Die huidige gebeure in die Midde-Ooste, Europa en die res van die wêreld maak hierdie tydperk waarin ons nou is anders as enige vorige era waar mense gedink het dat hulle in die laaste dae was. Ons bevestig dat Jesus weer kom en dat vervulling van profesieë rondom Jesus se terugkeer al hoe duideliker word.

Met Israel terug in hul land in 1948 en die Jode terug in Jerusalem sedert 1967 word profesie al hoe duideliker vervul. Die waarskuwing aan die afvallige Kerk word ook al hoe duideliker as ons die Woord van God vergelyk met die bestaande praktyk en sien hoe die Kerk in die praktyk weg van Die Here en Sy Woord beweeg! In hierdie tydperk voor die Here se terugkeer moet ons nie onkundig wees rondom wat die Woord van God sê rondom die gebeure en verloop daarvan voor die terugkeer van die Here nie.

Dank aan Jacob Prasch (Sy boeke Shadows of The Beast en Harpazo het bygedra tot hierdie beskouing van die Eskatologie in die lig van goeie Hermeneutiek), John Haller vir die gebruik van sy Prente. Dank aan almal wat in hierdie proses van ontwikkeling van die 70ste Week van Daniel Tydlyn Kaart betrokke was op watter manier ookal.

Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
Mat 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.


Onthou die Here kan enige tyd vir ons afsonderlik kom en dan kom die Here weer vir die 2de keer en hierdie huidige dispensasie sal dan eindig soos ons dit ken. Soos ons die tyd sien nader kom moet ons erns maak met die Woord van die Here rondom die afspeel van hierdie gebeure in die laaste dae.

Mattheus 24:32  En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

Mattheus 24:33  So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.

      

Mattheus 25:1  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

Lukas 12:35  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.

Lukas 12:36  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.

Lukas 12:37  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.

Lukas 12:38  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.

Lukas 12:39  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

Lukas 12:40  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

Lukas 12:41  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?

Lukas 12:42  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?

Lukas 12:43  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.

Lukas 12:44  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

Lukas 12:45  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,

Lukas 12:46  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.

2 Petrus 3:10  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

Sal ons gereed wees as Hy kom? Die vrou in Hooglied was nie. Interessant dat sy toe uitkom en haar hande drup toe self met mirre en sy word in die strate geslaan en gewond en die mantel afgeneem!! Die 5 meisies wat nie ekstra olie het nie gaan vervolg word en volgens hierdie konteks en Mattheus 24 nie ingelaat word as hulle nie gereed is vir die Here as Hy kom nie. Kry tog asseblief olie!

Hooglied 5:2  Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop: Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels.

Hooglied 5:3  Ek het my kleed uitgetrek, hoe kan ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas, hoe kan ek dit weer vuil maak?

Hooglied 5:4  My beminde het sy hand deur die deuropening gesteek; toe het my binneste oor hom in beroering gekom;

Hooglied 5:5  ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak, terwyl my hande drup van mirre en my vingers van vloeiende mirre op die handvatsels van die grendel.

Hooglied 5:6  Ek het vir my beminde oopgemaak, maar my beminde het weggedraai, verbygegaan; ek het my besinning verloor toe hy gespreek het; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.

Hooglied 5:7  Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem.


Eskatologie / Eschatology


Apocalypse Conference in Greece by Jacob Prasch (Revelation and Eschatology)


The Famous or Notorious Antichrist Chapter by Jacob Prasch


666 / Antichrist / Antichris / Man of Perdition / Dier / Beast / Man of sin / Man van sonde / Laaste Dae / Last Days / Openbaring / Revelation / Daniel / Terugkeer van die Here / Return of the Lord


Comments are closed.