Ondersteun hierdie Kinderdroomwerklikheid se Gholfdag.
Doel van die dag is om Kinderdroomwerklikheid in ‘n posisie te plaas om ‘n verskil in minderbevoorregte kinders se lewens te maak en kinders wat siek is se lewens te verbeter. JO Black se BTG Be That guy every day Heroes en Gustave Schoombee is betrokke om te belê in kinders wat dit nie so maklik het nie en om in hul lewens in te bou met ‘n boodskap van Hoop en omgee om ‘n volhoubare pad met die kinders te kan stap!
Daar is 34 kinders in Loerie kinderhuis op die dorp in Bronkhorstspruit. Ons wil ook graag vir hulle iets lekkers doen.
‘n Kind wat arm is het nie gevra vir sy of haar omstandighede nie, baie het ouers maar dit gaan rof by die huis. Ander is reeds weg van hul ouers geneem en ander het nie ouers nie. Die kinders kort al die hulp wat hulle kan kry, belê in ‘n kind en jy belê die toekoms van ons land!
Dan is daar ook baie kinders wat siek is en hul ouers is net nie in staat om daarwerklik te help nie ons wil graag daar ń verskil probeer maak.
Ons wil ook in kinders belê wat sport betref omdat dit een van die beste maniere om in ‘n kind se lewe aan te raak. Dit gee ‘n kind rigting, selfstandigheid, leer ‘n kind waardes, dissipline en met harde werk kom die beloning !
Gholfdag per 4 Bal kostes is R3500 met 2 karretjies .
As ‘n maatskapy ‘n 4 bal neem kan ek vir hulle ‘n TBox kosteloos gee dan kan hulle net water of sagte drankies uitdeel vir die gholfers wat speel. TBox moet dan net behoorlik met advertensie materiaal opgemaak word.
TBox borge en ander bemarkingsmoontlikhede is beskikbaar.
Donasies is welkom.
Borg van pryse is welkom.
Enige hulp is baie welkom.
Navrae Gustave Schoombee: