Category: Afrikaans
Leefstyl C het ‘n strategiese benadering tot die moderne leefstyl…
Daar moet ʼn fyn balans wees tussen werk en die ander fasette van ʼn mens se leefstyl. Die kuns lê daarin om hierdie balans sinvol te vind. Hierdie gebalanseerde benadering is sentraal omdat die lewe meer is as ʼn doel wat bereik moet word…
Dit is baie maklik om vasgevang te word in ons stresvolle roetines sonder dat daar gesien kan word hoe mens die daaglikse eise van ons lewens kan trotseer. Die professionele bystand van Leefstyl C se konsultante is egter tot u beskikking om die bestaande situasie te ontleed en saam met jou ʼn oplossing te vind of net geringe aanpassings te doen.
Leefstyl C se betrokkenheid
Die werk wat Leefstyl C doen sal jou met vaardighede toerus wat jou sal help om op besigheid, sosiale, familie en geestelike vlak staande te bly. Hierdie vlakke is almal gekoppel aan mekaar.
Desnieteenstaande jou huidige situasie sal enigeen waarde vind hierin, siende dat leefstylafrigting alle fasette van jou huidige leefstyl in ag neem en daartoe sal lei dat jy opsies sal hê oor hoe om jou lewenskwaliteit te verbeter en om meer gefokus in jou daaglikse lewe te leef.
Verandering ten goede
Wanneer jy hierdie reis saam met ons begin sal jy blootgestel word aan fasette van ʼn leefstyl wat ons belangrik vind en wat baie keer afgeskeep word. Jy mag in een faset of in die meeste voldoende presteer maar as jy in een faset ʼn probleem het sal dit jou lewe dienooreenkomstig affekteer.
Dit beteken nie dat daar noodwendig groot veranderinge hoef plaas te vind nie. Dit is baie keer net een faset wat verander of net ʼn bietjie aangepas moet word.
Leefstyl Model
– Leefstylafrigting
Wat is leefstyl afrigting?
Praktiese wenke wat in ʼn oplossing vervat kan word na behoorlike analise en intervensie.
– Privaat Afrigting
Bekendstelling van ʼn gebalanseerde leefstyl;
Leefstyl afrigting kan in individuele of groep formaat
gedoen word. Individue, Vriende en Gades kan geakkommodeer word in sessies.
– Besigheidsektor Afrigting
Optimale funksionering in die werkplek;
In die besigheidsektor word leefstyl werk gedoen met Senior Bestuur, Bestuurders en Personeel. Deur dit te doen word optimale funksionaliteit verseker…
Addisionele inligting: Leefstyl C funksioneer vanuit Pretoria (Gauteng), Suid-Afrika. Ons kan enige kliënt(e) akkommodeer vir ‘n leefstylverwante sessie, by ‘n plek gerieflik vir albei partye. Kontak Danie Strydom vir professionele leefstylafrigting en liniëring.
GALLIE OPE TENNISTOERNOOI 21 OKTOBER 2017
Ionia Cherry Picking Tours
Urban Nguni Hides
RIVERSIDE CASTLE THIS WEEK’S AMAZING DEAL SUNDAY 8 OCT
Junior Tennis Tournament 2 October to 4 October 2017
Premiere Tennis Academy presents a Beginner or Intermediate Green and Orange dot ball and an Advanced Yellow Ball Tennis Tournament for kids! (WhattsApp registration Accepted till 18:00 today 2017-10-01) Venue: Premiere Tennis Academy Pta Entry Fee: R350.00 Address: c/ 31 and Pierneef str Villieria Pretoria Dates: 2 Ocktober to 4 October 2017 from…
Saturday 30 Sept and Sunday 1 Oct at The Finery Arts Festival Kievitskroon
Kinderdroomwerklikheid Charity Gholfdag Bronkhorstspruit 13 Oktober 2017
Ondersteun hierdie Kinderdroomwerklikheid se Gholfdag. Doel van die dag is om Kinderdroomwerklikheid in ‘n posisie te plaas om ‘n verskil in minderbevoorregte kinders se lewens te maak en kinders wat siek is se lewens te verbeter. JO Black se BTG Be That guy every day Heroes en Gustave Schoombee is…























































