NEW YEAR’S EVE CONCERT 2017 ADIEU CAFÉ BROOKLYN THEATRE

Adieu Café

Douwe Bijkersma sing Herman Van Veen & Jacques Brel

Sondag 31 Desember 22:30

Brooklyn Teater Salon Trio:
Dawid Boverhoff (klavier)
Sergio Zampolli (akkordion)
Hilton Oosthuizen (double bassist)

Salon Music se populêre Kafee Konserte vir Oujaarsaand is die afgelope sewe jaar hoog mode in Pretoria. Vanjaar bring ons hulde aan een van die groot kabaretsterre van Nederland. Musiek van Herman van Veen, word gesing deur die bariton, Douwe Bijkersma.

Bijkersma het reeds vir homself groot naam gemaak as operasanger met briljante vertolkings van verskeie operarolle o.a. Papageno (Towerfluit), Graaf Almaviva (Huwelik van Figaro) Valentin (Faust), Figaro (Barbier van Seville) Dr. Falke (Die Fledermaus) en sy onlangse sege in die rol van Germont (La Traviata).

Douwe se huistaal is Nederlands en tesame met sy liefde vir Herman Van Veen se musiek asook sy fluweelstem, was hy die perfekte keuse vir hierdie produksie.

Die program beslaan ’n  toeganklike samestelling van Van Veen se grootste treffers soos – Suzanne, Liefde van Later, Te hooi en te gras, Adieu Café, Opzij, opzij, opzij, Harlekijnlied , Ik hou van jou en vele meer.  Douwe sal ook ’n paar van Jacques Brel se Vlaamse nommers insluit asook ’n prettige komedieskets  van Toon Hermans. Verwerkings van Dawid Boverhoff en Willem Vogel beloof om van hierdie aand ’n  onvergeetlike ervaring te maak. Die musiek word in Nederlands / Vlaams gesing met Engelse subtitels.

Ticket sales:

Sunday 31 December 22:30

R350

BOOK NOW

Brooklyn Theatre (012 460 6033)
Greenlyn Village Centre
C/o Thomas Edison and 13th Streets
Menlo Park


New Years Eve Dinner Party

31 Desember vanaf 20:00

Ete-besprekings by Café Artist, kontak 082-551-0945 of 076-070-8168


Comments are closed.