Bestandele
2 beessterte in litte gesny
Sny soveel moontlik van die vet af en was skoon
4 groot uie grof gekap
2 medium groote wortels is ringe gesny
10 klein artappeltjies – heel
5 lorierblare
10 swart peperkorrels
10 heel naaltjies
15 ml gedroogde gemengde kruie
15 ml matige kerriepoeier (opsioneel)
5 heel knoffelhuisies
500 water
60 ml beesaftrekselpoeier of 2 blokkies
300ml goeie rooiwyn
100ml olyfolie
100ml koekmeel
4 repies spek wat onder in die oond gebraai word deur die tyd
In drukkoker
Braai die stertstukke, uie en knoffel tot begin verbruin
Voeg 500ml kookwater en vleisaftreksel by
Kook op hoë druk vir 30 min
Laat stoom af en kyk of vleis begin sag word. Die vleis moet net net begin sag word anders stoom vir nog 15 min
Oond 160 grade celsius
Gooi 300ml van die sous in ‘n houer en plaas in die yskas om vet te laat skei. Die vet word verwyder voordat die verkoelde sous verdik word met die meel en eers weer later terug gegooi in die oondbak om die sous te laat verdik
Plaas die vleis en oorblywende sous in ‘n gepaste oondbak met deksel en voeg die kruie en rooiwyn by. Die 4 repies spek word bygevoeg.
Kook in oond vir 90 min
Kyk deurentyd of daar genoeg vloeistof in die pot is wat die vleis net net moet bedek. Kookwater kan in klein hoeveelhede bygevoeg word indien nodig
Dia aarappeltjies en wortelstukke word na n uur bygevoeg
Maak seker nadat die kooktyd verby is dat die vleis baie sag is. Die vleis moet nie van die bene afval nie.
Voeg nou die meel en sousmengsel by die oondgereg en roer deur om die sous te verdik
Plaas oondbak sonder deksel terug in die oond vir nog 20 min om sous te laat deurkook
Proe en voeg nog bietjie sout by indien nodig
(Met krediet aan Robin Heefer)
Contact for Inquiry or coaching:
Afshin se Garnale
Springer Gourmet Caterers